‘n Suid-Afrikaanse perspektief: die eksterne omgewing en die uitwerking daarvan op besighede

Wanneer dit deesdae gaan oor die bestuur van ‘n maatskappy, is die hoofdoel dikwels om opbrengs op belegging vir aandeelhouers te genereer.  Besigheid funksioneer egter nie in ‘n vakuum nie, en daar is ‘n aantal kragte wat ‘n besigheid op enige gegewe punt beïnvloed, beide positief en negatief.

As sake-eienaars is dit belangrik om te fokus op die beheerbare faktore binne die besigheid, maar dit is ewe belangrik om te besef dat daar eksterne faktore bestaan ​​wat grootliks buite jou beheer is.  Hier is ‘n paar van die eksterne faktore wat gereeld teenwoordig is:

  1. Regeringsbeleid

Daar is ‘n wye reeks reëls en regulasies waaraan ondernemings moet voldoen; van die nakoming van Industriële Beskerming en SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging), tot by die reëls rakende minimum lone, belasting en BTW.

  1. Die ekonomie

Ekonomieë gaan deur fases van groei en inkrimping, en sake-eienaars moet bewus wees van hierdie siklusse, aangesien dit ‘n uitwerking sal hê op die besigheid se bedrywighede en wins. Daar is ‘n geleentheid in elkeen van hierdie siklusse, en eienaars moet strategieë dienooreenkomstig aanpas.

  1. Mededingende besigheid

Alle sake-eienaars moet bewus wees van hul mededingers, betreffende hul produkaanbiedinge, sakemodelle en teikenmarkte, aangesien hierdie faktore hul pryse en winsgewendheid sal beïnvloed.

  1. Politieke invloede

Politieke partye kom en gaan, en onderweg verloor en wen hulle ondersteuning.  Sake-eienaars moet bewus wees van hierdie veranderinge sodat hulle hul besigheidstategie kan aanpas waar nodig.

  1. Die sosiale stelsel

 Sake-eienaars moet op datum wees met die houdings- en gedragspatrone van die samelewing waarin hulle besigheid funksioneer.  Verbruikersgedrag en houdings verander soos die demografie doen, en dit vereis dat ‘n besigheid dienooreenkomstig moet aanpas.

  1. Monetêre stelsel

Hierdie stelsel word beïnvloed deur ‘n aantal faktore en kan ‘n impak hê op die verhouding met finansiële instellings soos banke, debiteure, krediteure, sowel as rentekoersbeleid.

  1. Regsraamwerke

Dit is van die uiterste belang dat eienaars in kontak is met die regstelsel en weet hoe ‘n besigheid volgens die wet bedryf moet word.

  1. Kliënte en verbruikers

 Verbruikerspatrone verander en ontwikkel voortdurend.  Besigheidseienaars moet ten volle bewus wees van die dryfkragte agter hierdie veranderinge, sodat produkaanbiedings  aangepas kan word om by die altyd-veranderende verbruiker te pas.

  1. Omgewingsfaktore

‘n Baie belangrike faktor in alle samelewings is dat elke onderneming die impak wat hul bedrywighede op die omgewing het, moet analiseer.

  1. Tegnologiese vooruitgang

Tegnologie verander teen ‘n vinnige tempo en daar is nie ‘n bedryf daar buite wat nie deur digitale ontwrigting geraak word nie.  Dit is van kritiese belang dat alle besighede die volgende vrae stel:

  • Watter tegnologieë word in die bedryf van die besigheid toegepas en hoe sal dit die besigheid se werking in die volgende paar jaar beïnvloed?
  • Watter tegnologie kan toegepas of ontwikkel word om die bedryf van ‘n besigheid in die ontwrigtende mark aan te help?
  • Watter tegnologie kan toegepas word om ‘n besigheid die geleentheid te bied om nie net 10-30% groei te kry nie, maar 10-30 keer groei per jaar?

Soos u kan sien, is daar ‘n aantal faktore wat ‘n beduidende invloed op besighede sal hê.  Dit dwing eienaars nou meer as ooit om te verseker dat daar ‘n plan van aksie is ten opsigte van hierdie eksterne faktore.


Kom luister gratis na Fergus Ferguson se aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Saterdag 11 Augustus tussen 14:30 en 15:30 in die Raadsaal op die KragDagterrein. Die titel van die aanbieding is: “Die 5 veranderlikes vir winsoptimisering

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Fergus Ferguson
  • Fergus Ferguson
  • Fergus is 'n bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO,  voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics.

    In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin.  Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

    Spesifieke fokus areas sluit in:

    1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
    2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
    3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
    4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
    5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
    6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap.

    Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë.

    Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui