Fergus Ferguson
Fergus is 'n bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO, voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics. In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin. Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore. Spesifieke fokus areas sluit in: 1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap. Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë. Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.
Hoeveel tyd spandeer (of liewers, vermors) jy om kliënte wat jou geld skuld vir betaling na te jaag? As jy voel jy werk te hard om hulle hul skuld te …
Wanneer al die verantwoordelikheid vir die maatskappy se sukses op slegs een persoon se skouers rus, kan die bestuur van selfs 'n klein korporasie na …
Namate die jaar na sy laaste lêplek skuifel, wonder die meeste sterflinge waar hierdie jaar dan heen is. Soos soveel maal gedurende 2022 het jy die da…
Voel jy dat jou span nie na verwagting presteer nie? Die rede hiervoor kan wees dat jy nie jou span sien soos jy veronderstel is om te doen nie. Terwy…
Waneer die tweede dag van Mei aanbreek, slaak menige maatskappy-eienaar, entrepreneur of werkgewer ‘n sug van verligting. Ten einde laaste kan werk we…
In die elf jaar wat ek besigheidsafrigting pleeg het besigheidslui elke verskoning in die boek opgedis waarom goed geformuleerde en geskrewe sakeplann…
Die waarde van Besigheidsafrigting in onsekere tye Die invloed van Covid-19, ‘n dreigende oorlog, stygings in brandstof- en kommoditeitspryse, tesame …
‘n Credo is ‘n stelling van oortuiging, wat afgelei word van die Latynse term “Ek Glo”. Menige kunstenaars word geïnspireer deur hulle artis…
Met elke dag se gejaag om te oorleef en ten spyte van die uitdagings wat ons tans in ons land moet trotseer, vergeet ons soms dat ons besigheid die be…
Besigheidseienaars gebruik gewoonlik die konvensionele rekeningkundige maatstawwe vir die bepaling van wins Die vergelyking lyk as volg: Inkomste - U…