Bote en Treine

Voel jy dat jou span nie na verwagting presteer nie?

Die rede hiervoor kan wees dat jy nie jou span sien soos jy veronderstel is om te doen nie. Terwyl ons vandag die opening van die Mega-T geniet sal jy verstaan as ek sê dat jy en jou werknemers nie dieselfde vaar- of voertuie is nie. Werknemers is soos treine, en sake-eienaars is soos bote.

Ek verduidelik graag hierdie analogie en hoe dit jou kan help om meer noukeurig te dink oor hoe jy jouself en jou span bestuur. Wat ek vandag met jou wil bespreek, is die verskil tussen ‘n werknemer en ‘n besigheidseienaar. Kom ek verduidelik wat ek bedoel.

Jou span is treine

Dink daaraan dat ‘n trein ‘n baie kragtige lokomotief (enjin) het en dat dit ‘n soliede vervoermiddel is. As jy wil hê dat hierdie trein sy bestemming moet bereik, moet ‘n paar dinge in plek wees:

  • Eerstens – jy moet weet wat die bestemming is.
  • Tweedens – jy moet ‘n stel baie duidelike spore hê sodat die trein vanaf punt A, punt B kan bereik.
  • Derdens – jy moet verseker dat die regte drywer aan die stuur van die trein is.
  • Vierdens – jy moet die regte soort sinjale en aansluitings hê asook die regte spasie sodat seker gemaak gemaak kan word dat daar kole (brandstof) vir die trein is en …
  • Laastens jy moet verseker dat die drywer behoorlik rus en op die spoor gefokus is.

Dit hoef nie lank te neem vir hierdie trein om te ontspoor nie. ‘n Gebrek aan spore, ‘n gebrek aan kole, rigtingloosheid en ‘n  gebrek aan korrekte spoor-aansluitings  – kan massiewe ontsporings of stilstande van hierdie trein veroorsaak.

Dit is eintlik baie eenvoudig… As jy nou aan werknemers in die sakewêreld dink, is die vrae wat in jou gedagtes moet opkom:

  • Watter vlak van duidelikheid het jy aan jou span gegee oor wat die bestemming is? Hoe duidelik is die spore vir hulle uitgelê in terme van stelsels en strukture wat hulle moet volg om van punt A na punt B te kom?
  • Hoeveel opleiding word aan die bestuurder gegee sodat ons seker is dat hy of sy in staat is om sonder verwyl, teen die regte spoed na die regte plek geneem te word?
  • Watter soort personeelevaluering, terugvoer en leiding gee jy aan hulle en wat beteken dit regtig? Lei jy hulle, motiveer jy hulle, maak jy hulle hande los, vul jy hulle basiese “brandstof” aan en kry hulle gefokus op waarheen hulle moet gaan?

Dit is die vrae wat jy jouself moet afvra om jou span meer effektief te kry, om hierdie masjien, hierdie enjin teen die regte doeltreffendheidsvlak te laat werk.

Maar JY… is ‘n boot.

Kom ons praat nou oor die bote. Sake-eienaars is bote.

Wanneer jy aan die boot se spore dink… dan is die hele see sy spore. Daar is geen vaste pad nie. Ons weet nie op watter spoor hierdie boot is nie en daarom het die boot nie regtig ‘n rigting tensy jy as ‘n besigheidseienaar hierdie boot ‘n rigting gee nie.

Wanneer hierdie boot van punt A na punt B, op die uitgestrekte see moet beweeg, met winde en met golwe, in allerhande weersklimate, met baie eksterne faktore – dan is die belangrikste ding wat  jy as besigheidseienaar moet weet, wat is die boot se bestemming?

Waarheen wil jy hierdie boot neem? Andersins kan dit maar net op en af op die see rond dobber. Jy kan dit dalk vir ‘n geruime tyd geniet, maar na ‘n tyd word dit baie vervelig. Vir ‘n lang tyd is jy  op ‘n plek waar  jy wil wees nie terwyl jy graag vorentoe wil beweeg.

Vir die boot om vorentoe te beweeg moet ons die eksterne faktore benut. Hierdie is geleenthede wat ons het waarvoor ons ons produksie en verkope moet verhoog. Verkope in ‘n besigheidsin is jou doelwitte, jou drome, dit wat jy probeer bereik. Hoe meer die verkope, hoe beter is dit en hoe meer geleenthede kan ons benut.

Ek merk op dat baie bote op een plek vassit. Hulle beweeg net op en af en heen en weer – as gevolg van die ankers wat hulle het. Hierdie ankers is die vorige ervarings. Dit kan wees dat ‘n paar mislukkings of ‘n paar ervarings of bagasie jou as sake-eienaar terughou. Jy moet dus doelbewus die ankers wat jou terughou “lig”.

Hou jou ankers byderhand: Ankers van geloof, balans en dankbaarheid. Jy sal rus, en ontspanning nodig hê wat ook goed is. As ‘n nuwe besigheidsdag aanbreek, gaan dit daaroor om in die see te wees, om paraat te wees terwyl jy die onbekende wêreld aandurf. Om daardie avontuur te geniet, maar ook om vorentoe te beweeg, span jou seile in die winde. Om die golwe te trotseer lig die ankers.

Vra jouself dus ‘n vraag – hoeveel geniet jy jou besigheid op hierdie stadium? Wat is nodig om nie meer te doen nie? Wat moet jy begin doen, wat jou treine (werknemers) en jou as boot (sake-eienaar) aanbetref?

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Fergus Ferguson
  • Fergus Ferguson
  • Fergus is 'n bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO,  voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics.

    In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin.  Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

    Spesifieke fokus areas sluit in:

    1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
    2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
    3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
    4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
    5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
    6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap.

    Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë.

    Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui