Die vyf veranderlikes vir winsoptimisering – ‘n KragDag Raadsaal-voorskou

Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Saterdag 11 Augustus tussen 14:30 en 15:30 in die Raadsaal op die KragDagterrein.

Aanbieder:

Fergus Ferguson is die aanbieder.

Fergus is a bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO,  voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics.

In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatsappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin.  Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

Spesifieke fokus areas sluit in:

  1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
  2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
  3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
  4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
  5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
  6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap.

Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë.

Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.

Opsomming:

Ten einde ‘n groter en meer winsgewende besigheid te bou, is daar vyf areas van bemarking en verkope waaraan ‘n besigheids-eienaars aandag behoort te gee…

In die ActionCOACH geledere word daar alom na die “5 Ways” verwys en is die ervaring dat reuse resultate moontlik is, indien daar slegs geringe verandering (verbeteringringe) in elk van die volgende areas aangebring word:

  1. Aantal leidrade / belangstellendes – hoeveel potensiële kliënte kan jy lok?
  2. Omskakeling-suksespersentasie – hoeveel belangstellendes word omgeskakel na kliënte?
  3. Gemiddelde R/c van verkope – hoeveel word daar aan elke aankoop gespandeer?
  4. Aantal transaksies – hoeveel keer per jaar doen kliënte aankope?
  5. Marges – kwantifiseer die bruto en netto marge wat jou besigheid behaal.

Hierdie eenvoudige dog doeltreffende sisteem om ‘n besigheid te evalueer in terme van bemarkings-en verkoops-effektiwiteit, stel die besigheidseienaar in staat om te meet waar hy/sy tans is, strategieë en taktieke van die ActionCOACH bronne te kies – welke vir talle besighede wêreldwyd sukses verseker het.


 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes