Slim Produkte: ’n Praktiese Reaksie op Stygende Elektrisiteitstariewe

’n Elektrisiteitstariefverhoging van 9% het in Julie 2026 in werking getree, met ’n verdere 8,83% wat vanaf April 2027 sal volg.

Met die toenemende kommer oor stygende elektrisiteitskoste het CBi-electric: low voltage nog slimprodukte, naamlik die “Intuitive”-reeks Wi-Fi-meters bekendgestel. Die reeks sluit drie meters in wat geskik is vir huise, ondernemings en industriële terreine. Die meters werk met Wi-Fi en word bestuur deur die gratis CBI Home App of webportaal by astute.cbi.co.za. 

Die meters is ook versoenbaar met die maatskappy se bestaande Astute-slimhuisoutomatiseringsreeks, wat gebruikers toelaat om energiemonitering in ’n breër gekoppelde ekosisteem te integreer. Die nuwe Astute-portaal stel gebruikers ook in staat om hul verbruiksdata via ’n rekenaar te bekom, met bykomende funksies soos die vermoë om randwaardes aan kWh toe te ken, regstreekse statistieke te monitor en energieverbruik met ’n enkele klik na enige dokument te kopieer vir maklike nasporing van uitgawes en verbruik.

“Binne hierdie omgewing is CBi se slimtoestelle ’n kritieke stap tot betekenisvolle kostevermindering om presies te verstaan waar en wanneer elektrisiteit verbruik word,” sê dr. Andrew Dickson, uitvoerende hoof van ingenieurswese by CBi-electric: low voltage.

Die grootste voordeel van die produkte is sigbaarheid. Gebruikers kan hul elektrisiteitsverbruik regstreeks vanaf ’n selfoon, tablet of rekenaar monitor. Dit maak dit maklik om patrone raak te sien, toestelle of toerusting met hoë verbruik te identifiseer en stappe te neem om gebruik te verminder. Die “Intuitive”-meters meet met Klas 1-akkuraatheid en ondersteun die insluiting van veelvuldige tariewe, wat gebruikers in staat stel om verbruik oor verskillende tariefstrukture en eiendomme te monitor.

Nog iets waaraan die meeste huiseienaars nooit dink nie, is dat die gevaarlikste oomblik tydens ’n kragonderbreking nie die kragonderbreking self nie, maar die oomblik wanneer die ligte weer aanskakel.

Wanneer die kragnetwerk ná ’n onbeplande onderbreking weer geaktiveer word, vloei ’n groot aanvangsstroom deur die netwerk. Verhittingstoestelle en ander toestelle wat aangeskakel gelaat is, verhoog hierdie las, maar dit gaan ook gepaard met spanningswisselings en ekstra druk op die netwerk. Dit kan ’n sekondêre fout en verdere kragverlies op die netwerk veroorsaak, of skakeltransiënte tot gevolg hê wat sensitiewe elektroniese toerusting kan beskadig. Albei situasies skep probleme vir die huiseienaar, aangesien dit tot verdere kragonderbrekings en bykomende kostes kan lei.

Slim energiebestuurstelsels kan onnodige druk op ’n elektriese installasies verminder deur te outomatiseer wanneer en hoe verhittingstoestelle krag gebruik. Tydbeheerde-geisers kan byvoorbeeld geprogrammeer word om buite spitstye water te verhit eerder as om voortdurend aan en af te skakel. Slimproppe en huisenergiemonitors wat regstreekse verbruiksdata verskaf kan huiseienaars help om oorlaaide stroombane te identifiseer voordat dit ’n probleem word.

Wanneer huiseienaars presies kan sien watter las hul installasie op enige gegewe tydstip dra, is hulle beter toegerus om besluite te neem wat beide hul toestelle en die mense in die huis beskerm. Hierdie sigbaarheid kan boonop gebruik word om energie-uitgawes deur die maand beter te beheer.

“Die winter is voorspelbaar,” sluit dr. Dickson af. “Die toestande wat elektriese stelsels onder druk plaas, soos kouefronte, storms, kragonderbrekings en swaar verhittingslaste, is reeds hier en sal net toeneem. ’n Bietjie aandag nou kan jou later ’n noodoproep en onnodige uitgawes spaar.”

Die Intuitive-meters and Astute-reeks is landswyd by gemagtigde verspreiders beskikbaar.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui