My Entrepreneurs Credo

‘n Credo is ‘n stelling van oortuiging, wat afgelei word van die Latynse term “Ek Glo”.

Menige kunstenaars word geïnspireer deur hulle artistieke credos, overgesetsynde“muses”om hulle werke te skep en ontwikkel – dus is ek oortuig daarvan dat hierdie proses eweneens belangrik is vir elke entrepreneur.

In sommige gevalle, wil ek argumenteer dat selfs belangriker as vir kunstenaars, dit van kardinale belang vir entrepreneurs is om hulle credos te ontwikkel. In sommige gevalle, verwys ons hierna as hulle “unieke verkoopsproposisie”. Ten basis van die produk of diens wat aan die publiek aangebied word, moet daar egter dieper betekenis gegee word, welke die verskil is tussen besigheid (ter wille van besig-wees) en besigheid met siel.

In besigheid hang sukses grootliks af van die onderskeid van jou unieke diens en/of produk in verhouding tot die bestaande vraag na jou produk / diens en jou geprojekteerde visie vir jou besigheid.

Van groter belang is jou oortuigings en dit wat jy van waarde ag. Indien jy nie jou beginsels en waardestelsel konkreet verwoord, kommunikeer en uitleef nie, sal die buitewêreld namens jou besluit aan welke waardestelsel en norme jy, en les bes jou besigheid gemeet sal word.  Dit spreek vanself dat geen entrepreneur van die geleentheid ontneem wil word om hom-/haarself en sy/haar besigheid te definieer nie.   

ActionCOACH FergusMOR se credo is eenvoudig, maar een wat oor die afgelope paar jaar as beide kragtig en veerkragtig bewys is.

Indien jy / of jou besigheid nie reeds een het nie, gebruik dit gerus as ‘n basis om jou eie credo, op te stel. Dit is egter bewys dat die ware waarde van ‘n unieke verkoopsproposisie in die ontwikkeling van jou eie Credo geleë is.

In die geval waar jy eienaarskap van die daarstelling van ‘n credo neem, en jouself en dus ook jou onderneming definieer, stel jy ‘n waardestel ten toon, welke jou deur die stormagtige waters van COVID 19 kan help.

Dus: hier volg my Entrepreneurs Credo

Ek stel voor dat jy jou credo met die volgende frase… “Ek glo dat ek” begin:

  1. Ge-organiseerd is
      Ge-ordende gedagtes is gefokus en gefokusde gedagtes stel jou in staat om aksie te neem tot die bereiking van gefokusde doelwitte.  Begin by jou direkte werksomgewing, volg dan met jou  daaglikse beplanning en die uitvoering daarvan. Skeduleer ‘n geskrewe plan (default diary) van jou daaglikse aktiwiteite en hou daarby. Doen dit elke vorige aand vir die volgende dag en jy het ‘n 90% voorsprong bo die res van die bevolking (en jou kompetisie).
  2. Toegewyd is
      Doen daagliks ten minste een ding wat jy reeds te lank uitstel. Jim Rohn het gesê dat daar slegs twee soorte pyn is, die pyn van disipline en die pyn van spyt. Dit is jou besluit vir watter pyn jy kans sien. Spyt kom altyd te laat…
  3. Selfversekerd is
      Voel goed oor jouself. Bereik dit deur daagliks Stil te word. Weet wie jy is. Weet van waar jou krag kom. Herken dit… Erken dit… Doen gereeld fisiese oefening. Dit  sal ook nie skade doen nie. Beide sal beteken dat jy meer selfvertroue sal hê. ‘n Gesonde liggaam huisves immers ‘n gesonde gees!
  4. Dankbaar is
      Sê vir jou geliefdes en kollegas dat jy hulle waardeer. Wees vrygewing met jou aanprysing en (opregte) komplimente. Soek eerder na dít wat mense reg as verkeerd doen.
  5. Optimisties is
      Laat foute in die verlede en fokus op die positiewe in die toekoms. Is jou glas half vol of half leeg? Wees realisties en gebruik jou gesonde oordeel op ‘n positiewe en kreatiewe wyse.
  6. ‘n Lewenslange student is
      Lees iets wat jou kennis verbreed. Vermy negatiewe mense, aktiwiteite en nuus. Word ‘n meester in jou vakgebied en versterk op so ‘n manier jou geloofwaardigheid.
  7. Betroubaar is
      Kom alle besigheids-, sosiale, morele en ander verpligtinge stiptelik, eerlik en eerbaar na.
  8. Menslik is
      Onthou dat die ervaring van die lewensreis net so belangrik is as die bestemming van die lewensreis. Wees ‘n aangename reisgenoot. Langenhoven het aanbeveel dat ons, ons swaarkry met lekkerkry moet klaarkry…
  9. Rateltaai is
      Vereis die hoogste standaarde van almal en omring jou met net die beste.
  10. Vasbeslote
      Moenie huiwer in besluite wat jy neem nie.

Gee en jy sal ontvang… Gee van jouself, gee onbevange, gee met vreugde en gee net die allerbeste.

Jou credo is dit wat jou deur die post-COVID opstandingstydperk sal dra.

*****

Besigheidsukses webinaar – 23 Julie 2020

Besigheidsafrigter Fergus Fergusson, van ActionCOACH FergusMOR, bied op Donderdag 23 Julie 2020 om 12:00 ‘n besigheidsuksesbespreking webinaar aan vir entrepreneurs en besigheidseienaars. Verskaf jou besonderhede hieronder vir meer inligting en ‘n uitnodiging na die geleentheid.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Fergus Ferguson
  • Fergus Ferguson
  • Fergus is 'n bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO,  voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics.

    In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin.  Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

    Spesifieke fokus areas sluit in:

    1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
    2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
    3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
    4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
    5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
    6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap.

    Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë.

    Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui