Bestuur jou besigheid soos ‘n belegging

Met elke dag se gejaag om te oorleef en ten spyte van die uitdagings wat ons tans in ons land moet trotseer, vergeet ons soms dat ons besigheid die beste moontlike belegging kan wees wat ons in ons lewe kan maak. Dit kan selfs die prestasie van enige ander belegging met ‘n faktor van tot 10 oortref, terwyl jy self in beheer daarvan is.

Pryse van eiendom, aandele, kommoditeite en ander instrumente is gedurig afhanklik van eksterne faktore en is nie onder die beheer van die belegger nie. Sakemanne verstaan egter die risiko’s verbonde aan hulle eie besigheid en ook die industrie waarin hulle opereer.

Die prentjie word duidelik wanneer die ondernemer besef dat, bo en behalwe die wins wat die onderneming genereer, is die waarde van hulle onderneming eintlik ‘n belegging is wat in waarde kan toeneem. Hierdie toename in waarde kan dramaties wees en kan enige ander alternatief uitstof indien ‘n paar basiese reëls en prosesse gevolg word.

‘n Eerste ontnugtering in hierdie proses kom wanneer jy besef dat jy die belangrikste skakel in jou besigheid is omdat alles deur jou hande moet gaan ten einde jou onderneming glad te laat verloop. Jy mag dalk ‘n goeie wins maak en gemaklik lewe, maar daar word geen waarde in jou besigheid gevestig nie!

Niemand sal ‘n besigheid wil hê as jy die person is wat alles moet maak gebeur nie… Derhalwe word baie verkoopstransaksies so gestruktureer dat die bestaande eienaar vir ‘n periode van ‘n paar jaar moet aanbly om suksesvolle oordrag na die nuwe eienaar te verseker. Die volle prys vir sy besigheid word eers ontvang indien sekere prestasies en doelwitte bereik is.

Daar is soms goeie meriete in hierdie argument en metode om jou besigheid te verkoop, maar wanneer ons besef dat die besigheid se waarde gemaksimeer word indien jy jouself uit die besigheid kan verwyder word ‘n ander prentjie – tot ons eie ontsteltenis – duidelik.

Jy kom dan tot die ontdekking dat indien my besigheid sonder my kan voortbestaan en ek nie daar hoef te wees op ‘n voltydse basis nie, sou ek waarskynlik ook nie meer die besigheid wil verkoop nie aangesien dit ‘n passiewe inkomste vir my kan beteken!

Ek kan dan met ‘n volgende besigheid voortgaan en die proses herhaal om sodoende ‘n portfeulje van besighede te besit wat almal in ‘n groot mate sonder my kan funksioneer. Dit maak my opgewonde om te weet dat so ‘n besigheidsportefeulje die potensiaal het om in opvolgende geslagte se behoeftes te voorsien!

Kom luister gerus saam met ander Sakeliga-lede op 5 April 2019 na Fergus Ferguson, ‘n Internasionale besigheidsafrigter, om 07h30 – 12h00 by Sakeliga, Gerhardstraat 109, Die Hoewes, Centurion, oor die proses en stappe wat ons kan volg om jou onderneming se waarde te maksimeer en om jou onderneming só te struktureer dat dit vir jou en latere generasies ‘n passiewe inkomste kan beteken.

Klik hier om jou plek te bespreek.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Fergus Ferguson
  • Fergus Ferguson
  • Fergus is 'n bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO,  voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics.

    In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin.  Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

    Spesifieke fokus areas sluit in:

    1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
    2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
    3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
    4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
    5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
    6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap.

    Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë.

    Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui