Weerstand teen grendelstaat neem toe – KragDag meningsopname
Soos in vandag se nuusbrief is daar in die KragDag nuusbriewe van 17 April en twee weke later weer op 1 Mei in ’n meningsopname vir KragDag lesers gevra hoe hulle oor die toepassing van die grendelstaat voel. Daar het 87 mense aan die 17 April meningsopname deelgeneem en 566 mense aan die 1 Mei opname.
Hier is die uitslae van die vorige opnames:
- In die eerste opname, drie weke na die instelling van die grendelstaat, het 42,5% van die deelnemers aangedui dat hulle ten gunste van die grendelstaat is, 50,6% dat hulle daarteen is en 6,9% het Ander as opsie gekies.
- In die tweede opname, vyf weke na die instelling van die grendelstaat, het die meningsopname ’n dramatiese ander uitkoms gehad, met net 14,4% van die deelnemers wat aangedui het dat hulle ten gunste van die grendelstaat is, 81,0% was daarteen en 4,6% het Ander as opsie gekies.
Indien jy nog nie jou mening gegee het in ons nuutste peiling oor lesers se standpunt oor die huidige grendelstaat nie, kan jy dit HIER doen.
Uit die kommentare blyk dit dat die besware van persone wat teen die grendelstaat is, hoofsaaklik uit die volgende bestaan:
- Die irrasionaliteit van die grendelstaatregulasies, soos vir sigarette, alkohol, e-handel, die aandklokreël, die malligheid in oefentydbepalings en nou selfs mikrobestuur van die klere wat jy mag koop (soos dat jy slegs ’n kortmouhemp kan koop as dit as onderklere geadverteer is, slegs langmouhemde as dit geadverteer is dat jy dit onder ’n trui of baadjie moet dra en skoene waarvan die tone toe is).
- Die misbruik van Covid-19 deur die regering om sy ideologie en Radikale Ekonomiese Transformasie (diefstal, volgens Johan Rupert wat R1 miljard hulp aan besighede beskikbaar gestel het) deur te voer en oënskynlik ’n tirannie (met kenmerke van sosialistiese en kommunistiese praktyke) daar te stel in minagting van mense se reg op lewe en vryheid (ook in oortreding van die SA grondwet).
- Vernietiging van ondernemings wie se eienaarskap te wit is – eerstens deur hulle te verbied om ’n lewe te maak uit besigheidsaktiwiteite en tweedens gevolg deur teen hulle te diskrimineer wanneer belastinggeld, waartoe hulle bygedra het, selektief in hulpverlening slegs aan ander besighede met swart eienaarskap uit te deel.
- Die magsbrutaliteit van “veiligheidsmagte” en ministers in die voorwendsel dat hulle lewens, ook die van hulle slagoffers, daardeur beskerm.
- Die regering se minagting van menselewens deurdat hulle volhard met die grendelstaat ten spyte daarvan dat dit reeds vir ’n ruk lank duidelik is dat die virus selfs dertig keer minder dodelik is wat aanvanklik gedink is en ten spyte daarvan dat die regering studies wat aantoon dat in konserwatiewe scenario’s dertig keer meer mense as gevolg van die ekonomiese vernietiging deur meneer Ramaphosa se grendelstaat gaan sterf as wat aan die virus gaan omkom.
Hieronder is ’n lang lys van opmerkings (onder die opskrifte JA, NEE en ANDER) wat deelnemers aan die meningsopname met ons gedeel het. Ons het aanvanklik gedink om net enkeles aan te haal, maar daarteen besluit omdat dit moeilik is om te kies watter om uit te laat en watter om te plaas. Die verskillende opmerkings verskaf ook, vir die wat dit sou wou lees, ’n indruk van die redes, gemoedstoestand en psige van die deelnemers. Ons het wel ‘n paar opmerkings uitgelaat as gevolg van onsamehangende formulering of enkele ander redes.
JA, ek is ten gunste van die grendelstaat
2020-04-17 Meningsopname
- As dit ons land en sy mense gaan red, doen Ek dit met plesier nog langer. Ek will net baie graag nog materiaal en rek hê vir maskers, so sal baie bly wees as die materiaal winkels een keer ‘n week kan oopmaak …
- Definitief een van die beste dinge om te doen om gesond te probeer bly.
- Die artikel oor bemoeisiekheid is n gevaarlike en aanvegbare aanname. Daar is kanale vir hulp, maar die inperking is vir ALMAL, dus kan ook die oortreding daarvan, my lewe en menige ander se lewens kos.
- Dit verhoed die verspreiding van die virus.
- Ek dink net sommige winkels soos hardeware kan gerus toegelaat word om oop te wees. Al is dit net halfdag. Mense kan verf en ander dinge wat jy in jou huis kan gebruik vir verbetering aangesien ons so baie tyd op hande het.
- Hoe gaan ons anders die corona virus stop? Maar almal moet saamwerk om die tydperk nie langer te maak nie. So vêr wys SA se syfers ons is beter af as ander lande. Natuurlik is dit te gou om te sê wat die uitslag sal wees, maar ons leer soos wat die situasie aangaan. Die toetsing van inwoners by die informele sektor moet net vinniger gedoen word. Dit is waar die groot probleem is.
- Maar met meer deurdagte beperkings wat nie die ekonomie totaal gaan laat sterf nie.
- Mediese sorg moet beskikbaar bly, wat onmoontlik is in die geval van ‘n enorme toeloop mense.
- Mees effektiewe manier om die infeksiekoers af te bring. Die reels is soms te drakonies, soos bv. die verbod op tabakprodukte.
- Nie soos tans toegepas word nie. Daar bestaan egter baie min dissipline onder die wetstoepassers. Grendelstaat tans is ‘n klug.
- Ons moet alles in ons vermoë doen om te probeer om die virus onder beheer te kry.
- Want God se woord sê, “Wees gehoorsaam”. So ek is tuis en aanvaar dat ons in Lock Down is.
2020-05-01 Meningsopname
- Dit het ’n doel maar kan maklik misbruik word. Dit blyk veral dat sekere rasgroepe, onverskillig staan teenoor die reëlings, terwyl ander dit openlik misbruik.
- Ja as almal saamwerk.
- Dis makliker vir mense wat nie in informele toestande bly nie, maar stem vir grendelstaat op die stadium.
- As dit sinvol in die lig van SA se sosio-ekonomiese omstandighede toegepas kan word. Politieke agendas gaan die spontane uitreik van mense na mekaar in nood, en al die positiewe gevolge wat daarmee saamgaan, verongeluk. Ons is almal Suid-Afrikaners en saam in hierdie dilemma. Dit is niemand in hierdie land se “skuld” nie.
- Beste gebeurtenis in 100 jaar. Meeste dissipline sedert diensplig. Mense word gedwing om te beplan, bespaar, versorg, hulself in te hou ten opsigte van vermorsing en gedrag. Omgee en deel met ander was in dekades nie so sigbaar nie. Sielsalige stil paaie wanneer jy moet ry. Wat my betref kan dit so bly totdat alle swak higiëne en swak gedrag uit gesterf het.
- Die onrealistiese, onlogiese en irrasionele inperking regulasies moet egter dringend hersien word, dan sal minder mense dit oortree. Skole moet ook liewer gouer as later weer aan die gang kom, want dit gaan nie van Dag 1 af vlot verloop nie.
- Die verbod op die verkoop van hardeware, staal en algemene goed om jou huis in stand te hou is ‘n groot fout. Ek gebruik amper geen alkohol en rook nie, dit pla my nie. Die regering oorreageer en ek vermoed daar is ‘n politieke konneksie agter die grendelstaat.
- Dit beperk die verspreiding van die virus en spaar lewens.
- Dit beperk die verspreiding van ‘n virus, wat dood en armoede tot gevolg het. Dit laat die ruimte om ‘n paradigma skuif te maak en nuwe uitdagings aan te pak, nuwe huisreëls, nuwe werksmetodes, nuwe ontwerpe. Dit stel ons as gemeenskap bloot aan die idee van “hoe kan ek anders werk met dit tot my beskikking”.
- Dit is goed vir ons om ons paraatheid en onafhanklikheid van die staat te toets.
- Dit is nodig om die virus-infeksie te vertraag sodat die gesondheidsdienste nie oorweldig word nie. Die mate waarin en hoe inperking toegepas word is debatteerbaar omdat dit die ekonomie skaad.
- Dit moet beperk word tot die gebiede waar die pandemie die meeste voorkom. Ek weet vir ‘n feit dat die mening in Bela Bela is dat dit ‘n witmens siekte is en dat jy jou nie hoef te bekommer as jy nie wit is nie. As die soort houding nie in die bek geruk word nie kan die regering maar vergeet om die kurwe te verminder.
- Dit sal werk as die mense dit reg toepas.
- Ek glo dit is noodsaaklik aangesien die virus ook nie tasbaar is nie, maar ek voel dat dit te drasties is. Ons ekonomie is swak en die grendelstaat vererger dit ‘n duisend maal meer.
- Ek is ‘n bejaarde en moet maar versigtig wees.
- Ek se ja net vir die feit dat ek by van die huis kan werk, en hoef nie my self bloot te stel nie.
- Ek se ja, alhoewel ek besef die grendelstaat is moeilik afdwingbaar weens die “carefree attitude of our people” en die uitlokking teen die Weermag en Polisie weereens deur die “carefree attitude of our people”.
- Grendelstaat binne regverdige uitvoering daarvan.
- Grendelstaat is ingestel om die mediese infrastruktuur geleentheid te gee om dit voor te berei op groot hoeveelhede infeksies. Dit is bloot sodat ons hospitale hopelik nie sal moet mense wegwys wanneer hulle in hul hordes siek raak nie. Dit was ‘n tydelike oplossing, maar daar is baie ander sektore, soos onderwys, wat die jaar nie suksesvol sal kan voltooi nie. Elke keer wat ‘n leerder of personeellid gediagnoseer word, sal groot gedeeltes van die skool moet sluit vir 2 weke. Dit is nie volhoubaar nie.
- In ALMAL se belang.
- Kan onwettige benders en buitelanders beter monitor
- Maar dit moet nou drasties verslap word.
- Maar met meer ekonomiese beweeglikheid.
- Maar moes nou ten minste op vlak 3 wees.
- Maar slegs met sekere beperkings.
- Maar slegs om hierdie pandemie te bestuur.
- Meer kon vinniger gedoen gewees het. Ons land het trots geraak op vryheid en maak soos ons wil. Nederigheid, gehoorsaamheid, dissipline, medemenslikheid en respek kom na almal toe op een of ander manier. Dis oor die eeue heen al bewys.
- Mens moet kontak vermy om die verspreiding te keer. Ons mense doen slegs iets as ons gedwing raak om iets te doen.
- Mense wat van die huis af moes werk kon nie skryfbehoeftes en drukker-ink koop nie. Die regering se persepsie van wat noodsaaklik is moet na gekyk word want dit was nie goed deurdink nie.
- Moet meer diskreet toegepas word. Die “dubbelstandaarde” maak my siek. Die “Boelietaktiek” is onaanvaarbaar. Die voorkoms van die ministers (Bevelsraad) is pateties. Wat kan ons doen? Niks.
- Ons sou dieselfde doen as dit Ebola virus was.
- Maar sonder drakoniese maatreëls soos beperking op oefentye, afstand vanaf woning, drank- en sigaretbeperkings!
- Van die veiligheidswette wat gemaak word is nie oordink nie en absurd, die ander probleem is dat die ministers en president nie ooreenkom wat moet plaasvind nie. Die president doen sy toespraak met die volk en daarna kom verskeie ministers en verander die bron van toegewings soos dit hulle pas. Daar is soveel kleinsakebesighede wat lankal kon oop gewees het as daar nie soveel teenkanting van sommige ministers was nie. Unies ook, elkeen will wys hoe slim en intelligent hy of sy is. Met absurde menings versmoor ons die volk en ekonomie. Sonder om wapens op te neem is ‘n derde wêreldoorlog geskep wat bitter berou gaan word. Ten laaste, verslap die wette wat mense verhoed om groot te gaan met werkskepping. Maak die pad oop vir beleggers en laat mense besighede oopmaak om die ekonomie te laat groei. BEE EN DIE RASSE KAART WERK NIE. DIT HELP NIE OM VIR ALMAL KWAAD TE WEES EN TE BLY OOR WAT IN DIE VERLEDE GEBEUR HET NIE, ONTHOU DIT, MAAR MOET DIT NIE IN DIE EKONOMIE GEBRUIK OM MENSE TE STOP NIE.
- Vir my en my familie se behoud.
- Wens net mense was meer gedissiplineerd en bly tuis.
- Woonbuurt is baie rustiger. Geen las van leeglêers.
NEE, ek is nie ten gunste van die grendelstaat nie
2020-04-17 Meningsopname
- Afrika kan nie bekostig om sy toevlug tot ‘n grendelstaat te neem nie. Maak die skole toe, hou ouer mense, siek mense en die met ‘n kwesbare immuniteit by die huis maar laat die wat kan werk, werk. Wie gaan betaal vir die grendelstaat? Iemand moet! Die geld gaan nie uit die lug uit val nie. Die regering moet besef hulle is nie ‘n besigheid nie. Hulle geld kom van besighede en belastingbetalende individue. As diesulkes nie inkomste het nie, het die regering nie en as die regering nie het nie is daar nie “grants” en ander liefdadigheid nie.
- Aal die geld wat nou in sakeredding en voedingskemas ingeploeg word, kon vir mediese voorkoming van die koronavirus, opleiding van mediese personeel, verkryging van mediese toerusting ens gebruik gewees het. Dit sal die ekonomie stimuleer en meer werksgeleenthede skep. Hierdie grendelstaat gaan ons ekonomie verwoes en gaan nie die virus stop nie en werkloosheid gaan toeneem.
- As jy jou huiswerk doen sal sy agterkom dis maar net die voorloper van verpligte inenting. Genoeg bewyse wêreldwyd dat al hierdie syfers duimsuig is.
- Baie van die regulasies is sinneloos, het niks met die verspreiding van die virus te doen nie en word boonop selektief toegepas. Daardeur maak die regering hom skuldig aan magsvergrype.
- Daar is net sekeres wat benadeel word. BBBEE besighede, werkloses en wie weet wie nog word deur die belastingbetalers ondersteun, so die lewe gaan vir hulle normaal voort. Besighede wat nie in die bogenoemde groep val nie moet sien en kom klaar. Elke organisasie denkbaar word nou ‘n insamelaar van fondse om, ek weet nie wie nie, te ondersteun. Snaaks hoe meer kospakkies daar is hoe meer word die behoeftiges.
- Die beperkte aantal sterfgevalle in SA dui op ‘n sterke weerstand teen hierdie virus. Omdat die groot meerderheid bestaan uit swartes, het myns insiens die swartmense ‘n baie sterker immuniteit. Kyk maar na die beelde van lokasies op TV: protessamekomste is aan die orde van die dag en jy sien nie maskers nie. Gevolgtrekking: die blankes in SA word beskerm deur swart mense …
- Die ekonomie word vernietig en die gevolge daarvan gaan baie erger as Covid wees. Daar is ander effektiewe maniere om die verspreiding van die virus mee te beheer.
- Die huidige stand is dat ons net die ergste uitstel en ons ekonomie ly daaronder. Laat die ding hom uitwoed, glo, bid en vertrou.
- Die staat kan nie die verlies aan inkomste hanteer nie.
- Dis die belaglikste ding wat ek in my lewe gesien het. As dit nie was vir die feit dat die “stupid” reëltjies soveel skade veroorsaak nie, sou ek dalk regtig daaroor kon lag.
- Dis ‘n toets om te sien of mense hulle Vryheid sonder slag of stoot gaan afstaan. Paddatjies in ‘n pot water, terwyl die stoof stadig maar seker warmer opgedraai word… Wakkerskrik gaan te laat kom.
- Dis nou genoeg – maak die deure wyd oop!!
- Dit benadeel die wat dit die minste kan bekostig die meeste, en wanneer die virus hulle tref, gaan geen grendeling ‘n noemenswaardige verskil aan die uitkoms maak nie! Daar moet eerder gepoog word om ons ekonomie, wat in elk geval in sy glorie is, te probeer red en kos aan almal te voorsien, as om te poog om iets in toom te hou, wat nie in toom gehou kan word in ons opset nie. Ons kan sanitasie, die dra van maskers, die beperking van groot groepsbyeenkomste en soortgelyke maatreëls bevorder, maar om mense van ‘n inkomste te ontneem, gaan meer probleme skep as wat dit oplos! Dis nie ‘n maklike besluit nie, maar die regte een! Die oomblik toe die eerste persoon hier deur iemand anders aangesteek is, was die koeël deur die kerk! Ten spyte van al die beperkings gaan die virusoordrag voort, en mense, baie mense, gaan sterf, maar liewer agv. ‘n siekte wat waarskynlik nie binne ‘n jaar onder beheer gebring gaan word, as deur ons optrede om mense te weerhou van noodsaaklike lewensmiddele.
- Dit doen meer skade as goed.
- Dit is ingestel om ons mense wat klein besighede bedryf, te vernietig. Die sogenaamde regering kry hulle salaris ten spyte van … Wat van die gewone mens op straat?
- Sonder integriteit is die vermoëns beperk en met ‘n magsposisie is dit fataal.
- Ek dink dat die swartes van SA en van die hele Afrika, immuun is vir hierdie virus: die sterftesyfer in SA is baie laag soos in die res van Afrika. Dit beteken dat die risiko van blankes baie laag is. Dit sou interessant wees om te weet hoeveel van die sterftes aan korona blankes was. Word om politieke redes natuurlik nie vermeld nie!
- Ek is oortuig dat dit niks meer as ‘n erge griep is nie (gemeet teen die WGO se statistiek van 2017/18, met 3,91 miljoen sterftes wêreldwyd weens borskwale, is die ongeveer 130 000 sterftes (glo weens Covid-19 na ongeveer 5 maande, sekerlik redelike goeie bewys daarvan) en dat daar heelwat logiese wyses is om dit te beheer anders as om deur “paniek” die hele wêreld en -ekonomie te vernietig.
- Hulle is glad nie konsekwent in hul toepassing daarvan nie. Daar is ‘n openlike weerstand teen Afrikaner klein besighed, wat onder andere hardeware en of skryfbehoefte winkels het en toe moet bly, terwyl die groot “mafia” winkels al daardie produkte vrylik verkoop. `n Vroue koöperasie wat gebak, kos en groente verkoop, moet toe bly. Wat van die klere winkels. Is dit sonde om geld te maak? Wat het die verbod op dergelike gerieflike produkte te doe met Covid 19??
- Hou by maskers dra en niemand steek iemand aan, ontsmet hande, hou afstande en laat ‘n sekere groep mense in gaan.
- Groot probleem is eintlik die 5G wat mense so aantas en laat doodgaan soos vlieë en die entstof wat afdwingbaar gaan wees wat koper plaatjies bevat om jou hele bestaan te beheer. (merk van die dier??)
- Italië se “Influenza” syfers van 2013 (7 027 sterftes), 2014 (20 259 sterftes), 2015 (15 801 sterftes), 2016 (24 981 sterftes) vergelyk goed met huidige “corona” sterftesyfers – selfs erger. Dit laat my wonder of dit nie ‘n “”Scam”” is nie. Het niemand dan die jaar verkoue of griep gekry nie. Die statistiek is gemanipuleer. Trek die verkoue en griep af en kyk wat is die balans. Cover19 is net meer aggressiewer.
- Die grendelstaat is totaal onnodig dink ek. Dit verwoes die ekonomie en maak ons afhanklik van die staat. Al wat geld maak is China, die mediese bedryf en apteke.
- Volgens die International Journal for Infectious Diseases is Influensa min of meer dieselfde as Covert 19! Wat gaan aan?
- Kan nie werklik die voordeel sien nie. Nie almal tree gedissiplineerd op om dit te bekamp nie. Die siekte sal ons tref soos griep elke jaar maar doen. Die ekonomie word nou net onherstelbaar vernietig.
- Nee dis is dom ding, jy vat mense se werk weg. Net God kan dit stop.
- Ons moet terug gaan werk toe so spoedig moontlik, want hierdie is nie ‘n 1ste wêreldland nie maar ‘n bankrot staat! Daar sal sekerlik anargie uitbreek as ons reeds sien hoe daar geroof word!
2020-05-01 Meningsopname
- Die grendelstaat het klaar sy doel gedien. Daar is nou reeds 10 000 positief en meer as 190 mense dood onder die grendel tydperk.
- 5 000 000 wetsgehoorsame mense moet opofferings maak om 55 000 000 mense se lewens te “red”. Vir die 5 000 000 mense is daar geen hulp beskikbaar nie. Dit maak nie sin nie.
- Almal word ingeperk maar die vir wie dit bedoel is steur hulle nie daaraan nie.
- Aan die begin was dit iets snaaks, maar dinge begin nou ernstig raak soos tyd aanstap. Nodeloos om te noem dat menigte mense hul werk en/of van hul besittings gaan verloor. Die werkloosheidsyfer gaan die hoogte inskiet wat weer opsy beurt misdaad gaan aanhits. Ek stem saam met Mike Schussler, jy skiet nie ‘n muskiet met ‘n G5 kanon nie.
- Absurd.
- Afstand hou behoort genoeg te wees.
- Al die miljarde belasting wat verlore gaan op sondebelasting is net onverstaanbaar. Die regstaat waarin ons is, is kommerwekkend.
- Als kan nie toegemaak word nie. Ons land is heeltemal in die verval. Die besighede sal moet oopgemaak word sodat die mense weer geld kry en die ekonomie aan die gang kan kom. Maak nog steeds die kroeë en drankwinkels toe, sit ‘n verbod op die begrafnisse en partytjies en troues.
- Analise van statistieke in Europa wys dat huisarres nie eintlik ‘n verskil maak nie. Vergelyk Spanje se griep dodetal van 2005 met 2019. Wat ek sovêr gesien het, wys dat inperking nooit volledig in SA moontlik is nie.
- ANC is bang hulle verloor stemme.
- As ek as RSA belastingbetalende burger nie vir my eie medies kan betaal nie … wie gaan? Definitief nie die staat nie. Hulle oefen nou om ‘n Polisiestaat te word op belastingbetalers se onkoste.
- As ek my mening uiter mag ek dalk as ‘n krimineel aangesien word. “Any case we have some f…..-up government.
- As ons nie ‘n kommunistiese regering sou gehad het nie sou ek miskien anders geantwoord het …
- Baie meer mense gaan van hongerte en onluste omkom as wat die virus gaan doen.
- Baie min hou hul daarby, terwyl duisende hul werk verloor. Nou eerder ‘n magspel.
- Balans handhaaf tussen lewens en voortbestaan.
- Based on deception.
- Beperk slegs die mense wat die virus onder lede het. Dra van maskers wetlik in publieke geboue.
- Beskaafde mense steur hulle min of meer daaraan, maar die onbeskaafdes is in groot getalle die strate vol en plunder en vandaliseer sovêr hulle gaan.
- BESLIS NIE !!!! Op GEEN vlak enigsins nie. Net soos elke jaar se griep, moes lewe aangegaan het soos gewoon. As iemand by die huis wil bly is dit hulle keuse, nie myne nie.
- Beslis nie soos dit nou toegepas word nie.
- Blykbaar geld dit net vir sekere mense. Die verantwoordelikheid vir my gesondheid is myne met die nodige respek vir ander.
- Covid-19 is uit proporsie geblaas om sekere mense se doelwitte van wêreldoorheersing te bevorder en deur die ANC regering misbruik om kommunisme in die land te implementeer en te bevorder.
- Covid-19 het maar ‘n 2% sterftesyfer. Die mense wat na dit werkloos en geruïneer gaan wees, is ‘n baie groter persentasie. Die grendelstatus maak dus geen, maar geen sin nie. Is daar dalk ‘n ander agenda agter die grendelstatus?
- Covid-19 is ‘n politiese insident, geskep deur politici (Sjina) en aangevuur deur die media en wat nou gebruik word as politiese instrument. Drogbeeld: “ons is besorg oor mense”. Werklikheid: ‘n groter domineering van mense deur die politici. Wanneer gaan ons ontslae raak van politici tot voordeel van die mensdom? Dit is moontlik – net ‘n kwessie van tyd!
- Daar gaan meer mense dood aan siektes soos gewone griep, malaria ens. Maak mense bewus van die virus maar is dit nodig om ons in ‘n resessie te druk vir 120 mense wat dood is?
- Daar is baie ander toestande en gevalle waar baie meer mense sterf en of siek word. Jy kan geen ekonomiese en maatskaplike probleme reguleer deur veiligheidsmagte en politieke magte om die res van 57 miljoen mense te onder druk as gevolg van die swak strukture en onvermoë om dienste te lewer nie. Dit is ‘n metode wat gebruik word om ons lewens te beheer en ons te kondisioneer dat ons gewoond raak aan totale beheer. Wat gaan vorentoe gebeur oor 5 of 10 jaar? Hierdie is die aanvang van totale beheer oor mense wêreldwyd! Ek het inligting gesien direk vanaf die White House USC virus inligting sentrum waar hulle gesprek voer. Hulle noem dit “a hoax”! Nuutste data toon dat die Covid-19 virus dieselfde noodlottige persentasie het as die jaarlikse griep naamlik 0.1 – 0.3% en nie 10 persent soos voorheen en nog steeds mense mee mislei wordnie. In SA het ons beperkte toetsing en in sogenaamde geteikende hoë-risiko gebiede is daar geen buitengewone (buite beheer) aanmeldings nie.
- Daar is belaglike dinge en reëls aan die “kook” net om die regerendes te baat en die blankes meer te verdruk – veral die met kleinbesighede.
- Daar is ‘n versteekte agenda wat nou na vore kom – sosiale mag misbruik, swart ekonomiese bevoordeling en voorgestelde NGV wat baat by die geldelike inspuiting.
- Daar is nie ‘n epidemie, laat staan van ‘n pandemie. Daar is gewoon nie voldoende slagoffers (dooies) nie. Daar is altyd sterfgevalle as gevolg van talle siektes. Die 100 slagoffers is niks in vergelyking met die sterftes deur vigs en TB. Ramaphosa is besig met moord as gevolg van ondervoeding en verwaarlosing van ander siekes.
- Daar is nog nie eers 1% van die wêreldbevolking dood nie en die besmettingskoers is nou eers 0.5% . Die WGO het die hele wêreld bedrieg met die idee van grendelstaat. Volgens ‘n ander berig wat ek gelees het sterf daar +- 500 000 mense per jaar – dit is meer as 40 000 per maand maar slegs 103 is sovêr dood aan die virus.
- Daar is soveel besighede wat sal moet toemaak. Waar sal die mense geld kry om oor te begin. By Sjina leen. Ek dink nie so nie. Hulle wil die wêreld oorneem.
- Daar is te min siekte in die land om ‘n epidemie te regverdig, wat nog te sê oor ’n pandemie in vergelyking met ander erg besmette lande.
- Daar is wel sekere beperkings wat nodig is maar die polisiëring daarvan sal nooit werk nie. Ons sit met ‘n onbeholpe polisiemag.
- Daarop gemik om ons geboortereg van vryheid te vernietig met oordrewe onwaar inligting wat daarop gemik is om vrees aan te jaag en te vestig sodat die bevolking totaal beheer kan word deur ‘n klein magsugtige minderheid.
- Dankie vir die artikel. Ek stem volkome saam, dat politiek ‘n oorwegende rol in die instelling van ‘n grendelstaat gespeel het. Armoede en werkloosheid is ‘n toenemende probleem.
- Die aanvanklike inperking het amper sin gemaak. Die feit dat die ekonomie nou vernietig is, is nie aanvaarbaar nie. Die onregverdige aanwending van hulp en doodsmoor van klein sake is GLAD NIE duldbaar nie.
- Die ANC het volgens my ‘n verskuilde agenda om klein minderhede se besighede te vernietig. Dit is ‘n totale klug, want vele van “our people” maak in elk geval net wat hulle wil. Hulle dwing mense om onnodige uitgawe aan te gaan soos bv. maskers en handskoene. Daar is mense wat nie eers geld vir kos het nie!
- Die besluit moet aan die individu oorgelaat word. Die inperking maak kriminele van polisie, soldate en publiek.
- Die Covid-19 pandemie kan op ‘n ander manier gehanteer gewees het. Die ekonomie kon nog normaal voort gegaan het.
- Die eertste grendelperiode was goed vir voorbereiding en inligting verwerking. Nou rig dit net meer skade aan as goed.
- Die ekonomie gaan ten gronde. Mense verarm. Die reëls is heeltemal belaglik
- Die fokus moet wees om risiko’s te bestuur, nie om alles te verbied die.
- Die gebrek aan ekonomiese aktiwiteite gaan meer lewens eis as die korona virus.
- Die grendel verwoes die ekonomie en mense gaan nou sterf van honger en nie van die virus nie. Klein besighede is reeds verwoes. NGO’s (die welsyn) gaan onder en niemand gee om nie. Swart bemagtiging word nou gebruik om die ekonomie te transformeer na swart bemagtiging.
- Die grendelstaat gaan beslis meer mense lewens eis as die virus self.
- Die grendelstaat is seker nodig maar die irrasionele wyse waarop regulasie ingestel word is, myns insiens, nie net gekompliseerd nie maar hopeloos irrasioneel in die meerderheid van gevalle.
- Die grendelstaat skuif net die onvermydelike uit, ons moes die virus aangevat het en normaal aangegaan het met die ekonomie. Ons sal ‘n beter kans staan om hom te beveg met ‘n sterker ekonomie. Wat maak hom anders as enige ander siekte in SA wat net soveel lewens eis elke jaar en dan praat ek nie eers van ons mense wat vermoor word nie.
- Die hele pandemie is ‘n leuen. Sterftes is bewys om minder te wees as die jaarlikse sterftesyfers as gevolg van gewone griep. Mense word mislei.
- Die huidige klimaat gaan sal beslis die wit Afrikaners in armoede dompel.
- Die impak met meer en meer besighede wat reeds die eerste maand dalk net net sou oorleef het, het nou reeds prokureurs begin nader vir sekwestrasie – dis is hartseer en soos in die huidige skrywe genoem word is die realiteit van die grendelstraat impak veel wyer as wat die impak van die moontlike sterftes ooit kon wees. Ons het ‘n vriend wat in bosbou betrokke is, wat met 500 mense sit wat nie nog ‘n maand gaan maak nie. En die ongelooflike syfers van 250 – 500 duisend wat hulle werke gaan verloor in Guateng. “Incredible” – “UIF” ensovoorts gaan net opdroog want nie een van die pleisters gaan die wond kan toemaak nie.
- Die konsep is reg, maar die regering pas dit total verkeerd toe weens die feit dat hul onbeholpe is om die prioriteite te identifiseer wat die hartklop behoort te wees om die regte mengsel te bevat om steeds die ekonomie aan die gang te hou.
- Die land, sy ekonomie en die individu word verstrengel sonder enige meetbare positiewe gevolge van die grendelstaat. Die land word in ‘n depressie in gedruk wat nie nodig is nie. Miljoene verloor hulle werk en bestaansreg en ons kinders se opvoeding gaan in die sloot af.
- Die lewe moet aangaan asook die ekonomie. GRENDELSTAAT stop normaliteit. Honger gaan meer mense laat doodgaan as die virus self.
- Die mag wat ons regering oor ons uitoefen en kan uitoefen is skrikwekkend en ek hoop mense se oë gaan oop hiervoor en dat daar daadwerklik opgetree sal word om dit in die toekoms te vermy. As ons mense regte so maklik opgeskort kan word deur iets so klein soos ‘n verkoue virus en mense se vrees daarvoor dan kan dieselfde tog ook gebeur in ander gevalle. Dit laat mens verseker nie rustig slaap in die aand om te weet ons lewens is in die mense se hande nie. Magspeletjies behoort myns insiens nie te kan lei tot die indoen van mense regte nie, maak nie saak wat die argument is nie. Doen weg met die klousules wat die staat toelaat om sulke maatreëls in te stel sonder ‘n referendum.
- Die massas beweeg net soos hulle wil, wanneer die polisie en weermag nie naby is nie.
- Die medisyne is erger as die siekte. Die prys van geweldige werkloosheid is te hoog.
- Die mensdom moet sy eie besluite neem en die gevolge daarvan dra.
- Die mense moet nou terugkeer werk toe.
- Die motiewe daaragter is duister en dien geen doel anders as om meer armoede te skep. Die persentasie sterftes is minimaal. Daar sterf meer mense op ‘n publieke vakansie dag op die paaie as tydens die pandemie. Dit maak nie sin nie. Regering se besluite maak ook geen sin met betrekking to die welsyn van Suid-Afrika nie.
- Die nadele van ‘n grendelstaat is vêr erger as die van die virus.
- Die natuur is besig om homself te reinig van die wanbalans wat die mens veroorsaak het. Nou is die mens weer besig om in hierdie proses in te meng.
- Die doel is nie om die virus te beheer nie maar die mense.
- Die regering bestuur dit soos dit hulle pas. Nou moet ons as nie-rokers ly onder die aggressie van die rokers. Dis glad nie aangenaam nie. Verkoop asb. sigarette. Ek is ‘n nie-roker maar ek vra mooi ASSEBLIEF HELP DIE ROKERS.
- Die regering doen alles onder ‘n verskuilde agenda en publiek se aandag moet daarop gevestig word dat hul die fynere begrip kan sien agter die kwansuise goeie uitspraak van die president en sy gespuis.
- Die Regering het die afgelope 26 Jaar Suid Afrika rot en kaal besteel, en nou gaan hulle deur hul onbevoegdheid ons almal nog verder verarm. Daar is meer sterftes elke dag aan ander siektes, as aan Covid-19, maar daar word nie gekyk daarna nie … nee, soos ‘n klomp skape volg die regering net die voorbeeld van ander Eerste Wêreldlande, wat die inperking kan bekostig!
- Die regering is nie konsekwent in hulle besluitneming nie en hulle weerspreek mekaar wat reëls betref.
- Die Regulasies maak net nie sin nie. Mag in vol taxi ry maar mag nie alleen gaan stap nie om een voorbeeld te noem. En dan die verbod op drank en sigarette, wie gee die staat die reg om namens ons te besluit wat ons mag en nie mag doen nie … belaglik.
- Die samestelling daarvan is dom gedoen. Die punt, wat heeltyd uit die oog verloor word, is dat mense nie naby aan mekaar moet beweeg nie. Nou word ure verkort – dus – meer mense op dieselfde tyd by bv. die bank. Die ekonomie word tot stilstand gebring – waarvoor help dit?
- Die skade en verliese begin nou sy tol erg eis.
- Die statistiese syfers rakende infeksies en dood regverdig nie die drakoniese maatreëls nie!
- Die toestand word na my mening meer deur emosionele ondeurdagte besluite bestuur.
- Die virus is ‘n rookskerm vir staatsbeheer oor alle vlakke van die samelewing en die vernietiging van ‘n middelklas.
- Die virus is soos enige ander virus. Ons sal self ons immuniteit opbou. Dis hoe God ons gemaak het. Die ekonomie is nou besig om baie agteruit te gaan en dis tans ‘n baie groter probleem. My mening is dat die grendelstaat onmiddellik gestaak moet word en alles weer moet aangaan soos voor die grendelstaat ingestel is. Indien jy siek voel, gaan dokter toe en bly by die huis (soos voorheen). Gaan verder voort om te werk en te leef soos God ons beveel het.
- Die virus storie is uitgedien. Die sinkende ekonomie en sogenaamde hulp wat net ‘n mooi prentjie skep maar nie die realiteit is nie, laat rooi ligte flits. Die manier wat die grendeltyd hanteer word is ook kommerwekkend en dui op ‘n polisiestaat.
- Dien geen doel nie, hierdie is nou besig om op ‘n onderduimse manier in ‘n verarmings en diskriminasie proses te verander. Die regering buit die wetsgehoorsame burgers uit! En ongelukkig kom dit teen ‘’n baie hoë prys.
- Dien geen doel, laat net ekonomie en besighede (veral kleiner besighede) ten gronde gaan wat ook nog werk verskaf het aan baie.
- Dien geen doel. Mense word verhonger en verarm. Meer mense sterf tydens ‘n paasnaweek as in weke weens die virus. Persoonlik dink ek daar is ‘n ander rede agter die grendelstaat en dat hierdie ‘n oefenlopie vir iets anders is.
- Dis ‘n groter bedrog as die Anglo Boere oorlog en die 2de wêreldoorlog. Bill Gates en sy trawante moet gestenig word.
- Dis ‘n klug om ons land te verarm, om plek te maak vir Nuwe Wereldorde.
- Dis belaglik!
- Dis belaglik. Eintlik niks om oor te lag nie. Ons lewens word onherroeplik verander. Besighede maak toe. Meer mense verloor werk en gaan sterf van honger. Meer gaan dood aan Malaria en geen maatreëls word ingestel nie. Mag Vader ons bewaar en genadig wees.
- Dis buite verhouding tot bedreiging. Moontlik die grootste mistasting in die geskiedenis!
- Dis die anti-chris.
- Dis die implementering van ’n nuwe wêreldorde.
- Dis ekonomiese selfmoord.
- Dis korrup!!!!!
- Dis ‘n diktator staat waar ‘n minister meer sê het as ‘n president en weermag hulle regte oorskrei en die polisie te slap gat is en liewers steel as hulle plig doen. Kubane invoer en Sjinese om ons pragtige land te verwoes. Ek en my man se NEE VIR DIE INPERKING. DIE EKONOMIE WORD IN SY MOER GEDRUK.
- Dis ‘n klug met baie duistere redes daaragter.
- Dis ‘n te groot geleentheid vir magsvergrype deur regerings en word uiteindelik die doel en nie die middel tot ‘n doel nie.
- Dis net ‘n manier om ons te probeer beheer.
- Dis net nie prakties nie.
- Dis net om ons finansieel afhanklik van die banke en regering te maak.
- Dis nie meer nodig nie, ons moet nou net dit deursien en onsself beskerm. Ekonomie moet aan die gang kom.
- Dit beperk jou menswees.
- Dit beweeg al hoe meer na ‘n militaristiese staat waar die regering nou die Covid-19 gebruik om meer mag uit te oefen oor die inwoners van SA. Blankes word nou nog meer teen gediskrimineer deur hofuitsprake dat die meerderheid swart bevolking voordeel moet kry bo wit bevolking wat dui op aggressiewe diskriminasie en die regering het blankes nou in die palm van hulle hand om meer te smoor. Die regering weet nie wat hulle doen deur die grendelstaat beperkings nie. Hulle is besig om die ekonomie te onderdruk terwyl ons land al juis in rommelstatus is. Na die opheffing sal die gevolge nog lank voortgaan. Die ekonomie sal lank na die opheffing eers herstel. Intussen leen die regering geld links en regs en hoe sal ons land ooit op die been kan kom met soveel skuld. Die virus self sal nie die land en mense so erg benadeel nie maar die grendelstaat sal die land knak in totaliteit en anargie blyk nou ‘n groot ware voorspelling.
- Dit brei die kriminele element net verder uit. As voorbeeld, die R500 mijard gaan beslis heelwat meer miljoenêrs onder die ander bevolking skep! Motors en winkels in Woodlands en Silver Lakes word sonder teëstand helder oordag gestroop. Ook soos in Venterspos byvoorbeeld word kos aan blankes bestem, deur die ANC ‘gesteel’ en aan swartes gegee, terwyl daar ‘n voedingskema vir daardie swartes alreeds in plek is. En die arm (blanke?) mense word net verder verarm.
- Dit doen meer skade as goed. Dit belemmer ook die moontlikheid van ‘n “kudde immuniteit”. Daar’s ‘n groot kans op ‘n ontploffing as die winterkoue kom en die townships met uitgemergelde, honger verswakte inwoners tref waar ook nog VIGS en TB voorkom. Mag God ingryp.
- Dit doen tans meer skade as wat dit goed doen. Die skade aan die ekonomie gaan ‘n groot hongersnood tot gevolg hê. Die hongersnood gaan baie meer mense dood maak as wat die virus gaan doodmaak.
- Dit gee die regering van die dag “absolute mag” en in ‘n “demokrasie” moet ons maar net geneë wees. Die grendelstaat is die geleentheid vir hierdie “regering” om op die oog af, met “geldige redes”, uitvoering te gee aan sy diktatorskap – wat hy eintlik is! Dit plaas die seël op mense se wanopvatting dat die alle mag in die staat gesetel mag wees.
- Dit gooi net almal se lewe omvêr want mense luister in elk geval nie en dit benadeel die mense wat wel wil werk en die werk nodig het en die ANC is rassisties want hulle kyk glad nie na blankes nie maar ons geld is goed genoeg vir belasting en BTW ens.
- Dit het ontaard in n magsvertoon deur onbevoegde ministers.
- Dit is besig om die ekonomie en klein ondernemings dood te maak. Dit ontneem ons van ons menseregte.
- Dit is besig om mense af te breek.
- Dit is besig om ‘n magsinstrument in verkeerde hande te word
- Dit is bewys dat in ander lande wat nie gegrendel is nie, soos Swede, Belarus, Taiwan, Turkye ens., die virus dieselfde en selfs minder mense gedood het, en dat die virus nie ernstiger is as vorige jare se griep nie. Die korrekte oplossing sou wees om die hoe risiko mense soos oumense, diabete en immuunverswakte mense te isoleer en dat die res van die bevolking immuniteit opbou. Ons ekonomie word onnodig verwoes en dit moet nou eindig.
- Dit is deel van ‘n wêreldwye sinistere agenda.
- Dit is die Staat se doel om blanke ondernemings te vernietig. Daar is duisende blanke kleuterskole wat geweldige verliese ly as gevolg van ouers wat nie betaal nie omdat kleuters nie kan skool gaan nie. Ek het 40 kinders in die skool, almal nie-blank, 4 swart werkers 2 blankes en nêrens is daar melding gemaak van enige kindersterftes uit ‘n bevolking van 58 miljoen mense. Waarheen is ons op pad?
- Dit is een groot bedrog.
- Dit is in my opinie net magsmisbruik deur die ANC regering.
- Dit is ‘n geskepte situasie wêreldwyd deur die geldmag en die gespuis wat die wêreld wil beheer en regeer om nou een wêreldgeld en -ekonomiese stelsel te implementeer. Jy sal net ‘n pion onder hul stelsel wees . Neem kennis en word wakker BOERVOLK.
- Dit is ‘n magsvertoon van ‘n aantal ongeletterde politici wat is waar hul is omdat hul maats en familie van die is wat politici aanstel. Nou het hul skielik MAG OM ‘N HELE LAND op sy kop te keer en is besig om ‘n rebellie te ontketen soos in Frankryk met Louis die 14de en Marie Antoinette. Hul koppe sal rol deur hul eie mense.
- Dit is ‘n mors van tyd ekonomiese ooglogvoering teen die blankes.
- Dit is ‘n obsene en algemene mentaliteitsprobleem waarvan redelike begrip nie ‘n konsep is nie. Redenasie tot ‘n postiewe siening en promovering van die welstand van die land se burgers en ekonomie ontbreek, by die wat aangestel is deur die volk om hulle behoeftes altyd eerste te plaas.
- Dit is n sinnelose vermorsing van biljoene rande wat in elk geval in die hande van rampokkers beland, soos wat die kospakkies bewys. Miljoene lewens word op die spel geplaas om ‘n korrupte ANC regering se voortbestaan te regverdig. Maar ons GOD slaap nie.
- Dit is net nog ‘n coronavirus.
- Dit is nie meer oor dienslewering in die sin van mediese voorsorg nie maar eerder oor ‘n politiese verstrengeldheid ten gunste van ‘n paar individue se menings, terwyl die ekonomiese entiteite wat nog bestaan het voor die grendelstaat nou ten gronde gaan en daarmee saam die hele land.
- Dit is ons regering se manier om die blankes in die land verder te verarm en hulle sakke vol te prop. Laat die natuur sy gang gaan.
- Dit is tipies van n Sosialistiese Staat.
- Ons weet wat die gevare is en glo almal sal hulle verstand gebruik in sekere omstandighede deur bv. weg te bly van siek mense, samedromming van mense ens.
- Dit knel ons ekonomie en groeimoontlikhede.
- Dit maak nie sin nie …
- Dit maak van onskuldige mense, skuldenaars! Ek weet nie baie van Ekonomie af nie, maar dit is ooglopend dat die besluitnemers ook niks weet nie.
- Dit raak net sekere mense, ander doen in elk geval net wat hul wil …
- Dit tel net vir sekere groepe, die res kan doen wat hul wil. Totaal drakonies.
- Dit vernietig die ekonomie.
- Dit vernietig die ekonomie, ontwrig mense se lewens, veroorsaak werkloosheid, armoede, hongersnood en lei tot anargie en geweld. Maak van gewone landsburgers kriminele.
- Dit vernietig die vryemark en dit skep ‘n swartmark.
- Dit veroorsaak groter probleme as wat dit die virus keer! Daar word nog steeds mense siek met inperking en al! Die hele situasie maak net nie sin nie. Wonder maar net wat skuil dalk agter dit alles?
- Dit verwoes die ekonomie. Skep swak arbeidsetiek wat weer moeilik gaan herstel. Mense word verplig om gebod te oortree, want in 6 dae MOET jy al jou werk doen en op die sewende dag rus en GOD eer.
- Dit word ‘n polisiestaat.
- Dit word nie deur wetenskaplikes ondersteun nie en Swede se model word nou deur die WGO ondersteun – dit maak geen verskil aan die pasiënt getalle of sterftes nie, maar doen onherroeplike skade aan die ekonomie en die impak daarvan gaan baie meer mense se lewens kos.
- Dit word nie reg toegepas nie en op die huidige manier van doen gaan dit niks aan die situasie doen nie. Al wat hierdeur bereik word is om die land se ekonomie ten gronde te laat gaan. Daar word in ‘n week meer mense in SA vermoor as wat daar sovêr as gevolg van die virus dood is en daaroor word nie ‘n groot bohaai gemaak nie.
- Dit word verkeerd hanteer met verkeerde besluite.
- Doel is uitgedien. Ekonomiese skade oorskry nou mediese gevolge.
- Duisende mense verloor hulle werk en inkomste, die ekonomie is alreeds in sy M..r, maar ministers en andere verdien nog steeds R2.4 miljoen per jaar plus voordele – HULLE VOEL VERE. My (ek is ‘n pensioenaris) klein inkomste word al minder deur JSE en markte wat val. Die ANC regering is PATETIES. Ek voel jammer vir mense in informele gebiede op hierdie stadium, maar hulle het vir die ANC gestem en kon nie na 26 jaar agter kom wat aan die gebeur is nie. Suffer maar.
- “Where there is no feeling there are no sense.”
- Eerder op ‘n natuurlike manier sy gang laat gaan, want hongersnood en werkloosheid gaan meer mense in geestelike toestande laat verval! Terwyl die Hiënas besig is om die beheer oor die burgers, wat belasting betaal, oor te neem en te regeer!?
- Ek dink almal weet wie/wat/waar die hoë risiko is. Isoleer/beskerm hulle. Laat toe, met risiko beperkende maatreëls in plek, dat mense wat werk en wil werk, werk. Ek dink egter nie ons gaan baie verskil kan maak omdat die regerende party besig is om hul agenda te volbring.
- Ek dink dis absoluut belaglik en dis ‘n “scam” met verskuilde agendas om die ekonomie geheel en al in die grond in te druk om die oorname vir die Nuwe Wêreldorde te vergemaklik. Die sterftesyfers regverdig geensins ‘n “lockdown” nie. Behalwe dit is ons gemiddelde moordsyfers per dag +-58. Dan regverdig dit mos eerder ‘n “lockdown” as die virus!? En wat die publiek miskyk en paniek bevange oor word is die infeksiesyfers wat elke dag klim, maar dit is logies dat dit klim want daar word elke dag meer toetse gedoen? Selfs as daar getoets sou word vir gewone griep sou die resultate dalk nog hoer gewees het. Mense moet bietjie uit die boks begin dink en na die groter prentjie begin kyk!
- Ek dink dis ‘n aanslag teen kapitalisme en ‘n inperking op werklike vryheid. Ek dink die virus is mensgemaak en ‘n gulde geleentheid vir die regering van die dag om sy greep op ons drasties te verskerp. Die weermagsoldate word teen die wat hulle moet beskerm ingespan om hulle te vervolg … anders weet ek in elk geval nie wat die regering in die tussentyd gedoen het sedert die sogenaamde vryheid ingetree het amper dertig jaar gelede nie.
- Ek dink ons oorreageer, en dit is nie ‘n inperking nie maar ‘n prohibisie! Die staat het ‘n magspeletjie met die burgers van die land begin en die deure vir baie baie grootskaalse korrupsie oop gegooi. Ons ekonomie kan dit net nie bekostig nie.
- Ek ervaar dat die mense wat baie belangrike besluite moet neem nie die nodige kennis, integriteit, eerlikheid en mensekennis het om dit te doen nie. Dit gaan lei tot erge nagevolge en chaos. Ek hoop, bid en vertrou dat dit nie sal gebeur nie.
- Ek glo dat daar voorsorgmaatreëls in plek moet wees wat ek seker is meeste mense sal gehoorsaam omdat hulle nie die virus wil hê nie. Miljoene mense staar hongersnood in die gesig as gevolg van die grendelstaat. Die geldelike hulp wat deur die regering aangebied word is net nie genoeg om al die gate toe te stop nie. Eenmansake en klein informele besighede (ongeveer 2,5 miljoen) het nie toegang tot die hulp omdat hulle nie aan die vereistes voldoen nie. Hierdie 2,5 miljoen eenmansake het ander mense in diens wat ook nou sonder inkomste sit. Self het ek 13 mense waarvoor ek moet sorg met geld wat nie inkom nie omdat winkels gesluit is en markte onwettig is. Gestel elkeen van die 2,5 miljoen informele besighede kontrakteer gemiddeld 5 ander mense dan is daar 12,5 miljoen mense sonder enige inkomste in hierdie sektor alleen! Die regering moet die saak mooi deurdink en drasties die grendelstaat ophef en slegs voorkomende maatreëls in plek stel. Die ekonomie moet aan die gang bly!
- Ek is bang vir wat werklik in ons land aan die gang is … word ons gedwing in ‘n kommunistiese stelsel in?
- Ek is bevrees dis net om ons gekondisioneer te kry om die inenting te neem wanneer dit in 2021 beskikbaar kom. Wie weet wat in daardie konkoksie ingesit gaan word. Verder is bewys dat hierdie virus dieselfde uitwerking het as gewone griep. Dan kom daar nog soveel vals (false flag) berigte uit wat wys dat poppe gebruik word om lyke voor te stel.
- Ek is nie ten gunste van drakoniese maatreëls nie, maar eerder dat mense toegerus moet word met kennis om hulleself te beskerm en om ander te beskerm. Doen ‘n beroep op mense se gewete eerder as om maatreëls af te dwing.
- Ek kannie oorleef sonder om te werk …
- Ek kry al hoe meer die indruk dat die grendelstaatbepalings grootliks deur die “Suid-Afrikaanse Mafia” opgestel is, sodat hulle voordeel daaruit kan trek.
- Ek was, maar ek glo ons weet nou wat dit behels en glo dat ons nou genoeg weet om onsself te beveilig en sovêr moontlik die siekte te voorkom.
- Dit is nou tyd dat ons terugkeer na ons werksplekke en die ekonomie op dreef bring, die wie nog steeds van hul tuiste af werk moet steeds voorgaan om dit dit te doen, die bejaardes of eerder mense met swak gesondheid moet die onnodige blootstelling vermy, daar is meer as genoeg plekke wat voedsel en dies meer aflaai, hulle hoef glad nie elke nou en dan winkels toe te hardloop nie.
- Elke mens is verantwoordelik vir homself en moet toegelaat word om daarvolgens te handel.
- Gee aan ‘n onbekwame persoon mag en baie gou raak hy arrogant/hardkoppig en dink hy hy beskik oor oor alle wysheid soos tans die geval is met die huidige Regering.
- Geen vorige griep uitbraak het al tot ‘n grendelstaat gelei nie, en griep/virusse is jaarliks met ons, nuwe mutasies en al … die mens probeer om GOD te speel.
- Geld net in sekere gebiede en vir sekere mense, die wat dit regtig moet gehoorsaam loop vry rond.
- Gemeet aan die sterfgevalle tot nou toe lyk die grendelstaat totaal oordrewe. Wat is die werklike rede agter dit?
- Gesond mense kan met voorsorg maatreëls gaan werk. Dit gaan in elk geval vir ‘n redelike tydperk ons voorland wees.
- Ge-ykte stellings word ter regverdiging verskaf. Om maar net een te noem, die mense se lewe is baie meer werd as die verslapping van die vereistes. Natuurlik is elke mens se lewe baie werd, maar dit is ‘n soetsappige stelling deur ‘n regering, wat nie skroom om kospakkies te steel van die armstes van die armes om hulle van hongersnood te red. Dink ook aan die miljarde wat deur die regeringsnetwerk gesteel is vir selfverryking. Onbekwaamheid word alleenlik oortref deur gierigheid. Ek verstaan dat kospakkies nou deur koepons vervang gaan word sodat die armes dan self kan kies wat hulle wil koop. Hoe edel klink dit tog. Koepons gaan groter bedrog en diefstal tot gevolg hê. Wie wil swaar, en baie sigbare, kospakkies steel as diefstal van koepons soveel makliker is, en ook baie ligter. Dan hoef die stelers ook nie dieselfde kos, as die armstes van die armes te eet nie, hulle kan self koop wat hulle wil hê, vanaf kos tot … Die moontlikhede is bykans onbeperk.
- Grendel sal nooit werk met Suid-Afrika se demografie nie. Dit vernietig die ekonomie en veroorsaak deur armoede veel meer sterftes as die lewes wat dit poog om te verleng.
- Grendeltydperke moet meer op hoër risiko gebiede / werkgewers gefokus word en nie alle areas / groeperinge onder dieselfde “kombers” hanteer word nie. Elke SMME kan self verantwoordelikheid vir die beskerming van sy kliënte / werknemers aanvaar. Op die manier word die identifisering en rapportering van die virus meer effektief bestuur en word hierdie lading nie net op gesondheidswerkers geplaas nie.
- Het ons nie alreeds alle voordeel uitgedien en genoeg opgeoffer nie? Nou tyd dat ons terugkeer na vrye mark.
- Hierdie is ‘n griepverwante siekte met ‘n sterfkoers van ongeveer 3 – 4%. Daar is daagliks baie meer sterftes as gevolg van ander siektes. Hierdie grendelstaat gaan baie lewensverlies veroorsaak deur werkloosheid en die honger wat dit gaan veroorsaak.
- Hierdie is ‘n paternalistiese besluit en word die vrywillige samewerking geleentheid/vermoë/vertroue van die burgers totaal in die kiem gesmoor.
- Hierdie kan die begin van vervolging wees. Die Joodse geldmag, die Illuninati het hierdie virus doelbewus laat kweek. Bill Gates is ten gunste van ‘n inenting teen virusse (micro chip). Ons weet wat die gevolge gaan wees, ons lees dit in Openbaring.
- Hierdie regering geniet die mag of hulle sal heel waarskynlik soos gewoonlik eers 10 jaar na die tyd sien wat regtig aangaan.
- Honger gaan meer sterftes bring as Korona en met die moontlikheid van anargie en gepaardgaande militêre ingryping.
- I am replying in English as it is two in the morning and I am very tired. I trust this will not be a problem! They, the government, are implementing non-sensical regulations and bans on various products, apparently due to health reasons. Why aren’t soda and sugar products also banned as they have a greater deleterious effect on health? Why is BEE being used to qualify business for government aid during this time. This is blatant racism! Tax is going to be raised very soon in order to pay for what they are doing now. I am not prepared to pay it! They are using this crisis to pass laws and legislation that may not have been passed under normal conditions.
- In die VSA gaan daar op die oomblik net soveel mense aan gewone griep dood as met Covid19. Ek dink die media en die regering blaas die sogenaamde “pandemie” groot op sonder om die konsekwensies op mense se normale lewe in ag te neem. My vraag is, hoeveel mense gaan elke dag dood aan TB en Malaria? Die SA regering se optrede is verwarrend, leiers weerspreek mekaar en die SAPD is selektief met wetstoepassing.
- In die begin was dit nodig om die ongehoorsame massas tot die werklikheid te dwing. Hulle dink nog steeds hulle is bestand teen die Korona virus. Die ANC gebruik die verspreiding van kos om werwing te doen vir hulle toekomstige verkiesings.
- Inperking dien geen doel – virus gaan nog 2 jaar met ons wees ons vernietig nou die ekonomie.
- It is not in the interest of the country to lockdown for a virus that in my opinion has an equal result as a serious flu outbreak.
- Klug!
- Kommunistiese benadering.
- Kommunisties en alles deel van een wêreldorde.
- Leef gesond!
- Magsdronkes in beheer met boekevol irrasionele en absurde regulasies. Voorspelbare onbedoelde gevolge en voorspelbare inploffing van Marxisties-sosialistiese sentrale beplanning. Nie eers briljante kriminele soos Lenin en Stalin kon dit regkry nie …
- Meer mense gaan aan hongersnood sterf as wat van die virus gaan sterf.
- Is ons nie besig om die dam onder die eende uit te ruk nie?! Meer mense het al hierdie jaar gesterf aan elk van die volgende (syfers geneem op 1/05/2020 van www.worldometers.info – “real time world statistics”):
- HIV/Aids 559 000
- Malaria 327 000
- Selfmoord 356 000
- Padsterftes 449 000
- Kanker 2 700 000
- Meer mense sterf aan gewone griep as Covid-19 en padongelukke, ens. ens. en daarvoor word geen inperkings ingestel nie.
- Meer mense sterf van honger as van Covid-19.
- Kry die ekonomie weer aan die gang – met bewegingsbeperkings.
- My opinie is dat ons almal of ten minste 80% van die bevolking die virus een of ander tyd gaan opdoen voor die virus se simptome gaan ophou. Ek sê lankal dat die gebrek aan voorsiening aan jou eie maag en huisgesin baie meer dooies gaan veroorsaak as die virus self. Iemand is besig om intelligente mense te probeer mislei en die gepeupel met leuens en vrees te beheer … hier is ‘n lelike revolusie op pad wanneer die laasgenoemde agterkom wat aan die gang is. Dit is geweldig frustrerend om deur oningeligtes, onnoseles, gierigaards en korruptes regeer te word! Ek het ‘n landbou agtergrond: stel jou voor ek sluit my boerbokke in ‘n gebou toe sonder om vir hulle kos te gee net omdat ek bang is hulle gaan hartwater, wat in ons omgewing voorkom, opdoen. Ek MOET hul eenvoudig blootstel totdat ek ‘n kudde het wat immuun is, of hulle gaan in elk geval vrek van die honger.
- Kan ons nie met ‘n span mense begin om die president in te lig met goed deurdinkte planne gefundeer op wetenskaplike feite nie?
- ‘n Grendelstaat beperk jou vryheid en is basies kommunisties.
- Nee, met sekere beperkings.
- Nee vir grendelstaat. Ja vir sosiale afstand.
- Nee. Dit gaan meer oor skepping van vrees en eindelose regulasies wat afgedwing word as wat dit oor die epidemie gaan.
- Nee. Pas net logiese beproefde virusvoorkomingmetodes toe.
- Need a cold beer.
- Net soos wêreldwye regerings politici wat die gesag het, deel is van 0.5% van 0.5% van die wêreld bevolking en die 0.5% van 0.5% elite gebruik COVID as die rede vir inperking om ‘n eenwêreldregering af te dwing. Die gendelstaat beginsels is presies wat in hierdie artikel saamgevat word. Alle wêreldregerings en SOE’s is bankrot, lank voor COVID. Uitsprake van ‘n wêreldpandemie is sedert 2010 reeds voorspel omdat hierdie eenwêreldstaat al in beplanning was. Mense word wakker, wetenskaplikes en ondersoekende joernaliste het genoeg bewyse. Vals COVID statistiek word voorgehou om die bevolking te verwar met die doel om inentings af te forseer wat glad nie ‘n teen-griep virusse is nie, maar waarvan die doel is om lande se inwoners se immuniteit te verswak. Grendelstate het ten doel om hongersnood asook sterftes as gevolg van swak gesondheid en revolusies te veroorsaak. Dit kom neer op massa-moord, en die wat dit gaan oorleef burokrate se slawe gaan wees.
- Nie soos wat die regering van die dag dit wil afdwing met rigiede, eensydige, diktatoriale regulasies nie.
- Omdat daar ander dinge agter die skerms gebeur. 5G word tans uitgerol. Die ANC se NDR is steeds aan die gang. Alles gaan om die wittes te ondermyn.
- Onafhanklike navorsing wys Corona is ‘n “Hoax” – selfs iemand wat aan ‘n hartaanval sterf word as Corona dood geklassifiseer. Dit is net ‘n baie ligte griep.
- Ons blanke mense moet bymekaar begin staan. Ons tyd raak min, ons moet burgeroorlog voer teen die mense wat ons so bedruk. Die tyd het gekom.
- Ons ekonomie kan dit nie bekostig nie.
- Ons Ekonomie was voor die inperking reeds op sy knieë. Na dese is dit nou in sy M@er. Die Regering se raadgewers vergelyk ons met Italia en Spanje en maak dan besluite. As hulle self ‘n maand sonder salaris sit sal hulle besluite heel anders lyk.
- Ons is almal groot mense wat die gevare verstaan as ek ‘n besige snelweg wil oorsteek. Die wat nie na goeie raad wil luister nie, nou ja, ons kan nie vir altyd baba-oppasser speel nie. As ons almal verplig word om ten minste maskers te dra en ons hande gereeld te reinig, glo ek ons kan lewe en die ekonomie weer aan die gang kry.
- Ons is elkeen verantwoordelik vir ons eie gesondheid.
- Ons is reeds gereed om meer gevalle te hanteer. Verdere inperkings gaan ons Ekonomie ontsettende groot skade berokken. Daar is reeds ‘n groot aantal besighede wat gaan sluit as gevolg van bankrotskap. Baie mense gaan hul werk verloor.
- Ons is reeds jare ‘n kommunistiese staat – nou word dit BAIE sigbaar.
- Ons sien daagliks in die pers hoe duisende honger mense vir kos in toue staan. Bevrees, sonder werk of inkomste, so desperaat dat die sekerheid van verhongering die moontlikheid van aansteking oorweldig. Die Grendelstaat is dus ‘n oortreding van grondwetlikheid wat die verdere verspreiding van die virus veroorsaak.
- Ons vermoë om voort te lewe na die pandemie word te veel ingeperk.
- Ons was ten gunste daarvan dat daar isolasie moet wees om te probeer om die verspreiding van die virus te stop, maar nou sien ons dat dit sekere dele van die bevolking is wat die reëls streng probeer volhou, maar dat daar teen sekere groepe gediskrimineer word op grond van hul ras en/of velkleur. My vraag is die volgende: wie verskaf die meeste arbeidsgeleenthede (behalwe die regering) aan mense van alle rasse? Wie het die meeste, en doen steeds, fondse beskikbaar gestel om hongersnood te probeer keer? Wie waag hul lewens elke keer as hulle kos uitdeel aan die wat nie het nie? En wie steel/eien hulself toe die kospakkies wat veronderstel is om na die armes te gaan? Ek hoef nie `n antwoord te verskaf nie … die bewyse spreek vanself. So nou voel ons dat ons maar liewer sal verkies om ons gesondheid in gevaar te stel en terug te keer na ons werkplek sodat ons kan begin om vir onsself weer `n inkomste te probeer genereer, want hulp van hierdie rassisties mal regering gaan ons nie kry nie.
- Ons word gegrendel op 1 of 2 gevalle. Ons word oopgemaak op 5000+ gevalle. Biljoene rande se skuld word deur regering aangegaan om landsburgers te vergoed. UIF word uitgebuit. Besighede moet aansoek doen vir lenings wat dan terugbetaalbaar is. Meeste besighede kan dit nie bekostig nie. Baie belastingbetalers kan nie eens aansoek doen vir voordele nie. Besighede gaan ten gronde. Lugdiens gaan ten gronde. En so kan ek aangaan. Was dit die moeite werd? Ek betwyfel dit.
- Ons word gekondisioneer met leuens vanaf die outoriteite, wat basies oningeligte besluite neem ter bevordering van sinistere doelwitte.
- Ons word soos kinders hanteer. Ramaphosa se stilswye ten aansien van Dlamini-Zuma is nie aanvaarbaar nie. As Dlamini-Zuma in Donald Trump se regering was en sy het reëlings net so verander, dan het hy haar summier aangespreek en ontslaan. Maar nie in SA nie!
- Onsamehangende reëls.
- Ontoepasbaar in ‘n ongeletterde en onopgevoede samelewing waar die opgevoedes en wetsgehoorsames polisieer word en die onopgevoedes met die samewerking van die einste polisiëring meganismes misdaad pleeg. Noord Korea se burgers het meer regte … heelwat meer orde, en waarskynlik binnekort minder hongersnood.
- Op die oomblik is die sterftesyfer in SA minder as 2%. Volgens die WGO sterf ongeveer 330 mense daagliks aan TB in SA. Die ekonomie is klaar in duie en meer mense gaan van honger sterf as van Covid-19. Ek is ‘n totale leek op die gebied van ekonomiese toestande, maar my gesonde verstand sê daar is ‘n slang in die gras.
- Redenasies is onrealisties. Ons kan byvoorbeeld inry eredienste in ons kerke se parkeerterreine hê en kunstenaars kan geld verdien deur inry konsert in inkopies sentrums se parkeerareas 1 uur voor en 1 uur na oopmaaktyd. Ouers moet terug werk toe, maar wat van hul kinders. Veiligheid is belangrik maar dit kan baie better bestuur word.
- RSA se regering is China en sy trawante ter wille en oorreageer. China wil die wêreld se ekonomieë« vernietig om hulle eie ekonomie te verhef.
- Sentralistiese beheer sal nooit werk nie. Die ANC ministers se optrede is uiters belaglik.
- Soos reeds vermeld: Daar word meer verloor as gewen. Vandalisme en inbrake neem toe en selfs lewensverliese as gevolg van grendelstatus.
- Soos wat die regering die 2010 wêreldbeker gebruik het om die aandag af te trek van die E-tol debakel, so gebruik hulle nou die COVID-19 krisis om die wol oor die bevolking se oë te trek en om die ware einddoel van ‘n Diktatorstaat te weerhou. Onthou as jy die watertemperatuur om ‘n padda stadig verhoog, sal die padda nie snap dat hy besig is om dood te kook nie. Dit is die regering se taktiek.
- Sosiale media gons oor alkohol verbied word, maar ons hoor niks oor kerke leeg staan nie. Kerke het deur die eeue heen ‘n belangrike sosiale, maatskaplike, geestelike en nooddiens verrig en is in tye soos hierdie een van die mees noodsaaklike dienste. Die regering het kontak met die werklikheid verloor.
- Stop dit dadelik!!!
- Syfers bewys dat die owerheid nie die werklikheid van gevolge van die “lockdown” wil insien. Moontlik is daar ‘n versteekte agenda.
- Tekort aan inkomste gaan erger wees as as virus met die gevolge wat daarmee saamgaan.
- Te streng. Individuele probleme word nie aangespreek nie. Noodsaaklike items verskil van persoon tot persoon. Bv. Verhuisings: Broodwinners wat noodsaaklike dienste verrig kampeer in hulle nuwe huise, maar mag nie ‘n stoel, bed, of potte gaan koop om te oorleef nie. Binnekort winter, warm klere en beddegoed gaan benodig word. Jy sit alleen in jou af tyd, maar mag nie ‘n boek, kuns-items of ander items aankoop om jou gedagtes besig te hou nie. Ek is verbaas dat daar nie reeds meer mense is wat mal geword het in hierdie tyd nie.
- Te veel mense is op straat en soek kos.
- Verleiers het ‘n verskuilde agenda.
- Vermoed die virus word gebruik om ‘n ander agenda te dryf. En dit is beslis polities van aard as ek kyk na wie voordeel uit die hulp trek.
- Volgens statistieke is die aantal sterftes aan ander oorsake baie meer as die van Covid 19. Die hele wêreld se ekonomie word verwoes. Om tienduisende se lewens miskien te spaar, gaan miljoene se lewensbestaan verwoes word en doodgaan van honger.
- Waarom het hulle met al die ander virusse van die afgelope 60 jaar nie ook sulke maatreëls getref nie. Die ekonomie word onnodiglik verder verswak en meer mense raak werkloos en besighede gaan onder.
- WHO now says Sweden not locking down should be the model for the world. https://www.independentsentinel.com/who-now-says-sweden-not-locking-down-should-be-the-model-for-the-world/
- Wie gaan vir ons inkomste sorg? Die staat? Hulle wat jou nie as begunstigde beskou omdat jy wit is nie? Die regering is besig om met vuur te speel!
- Daar is mense wat alleen woon en kan nie kinders of bure besoek nie.
ANDER menings
2020-04-17 Meningsopname
- Die beste opsie sou gewees het om hoe-risiko mense te beskerm (soos bejaardes) sonder om onderwys, besigheid en lewensbestaan in grendelstaat te sit. Honger maak net so dood as COVID-19. Swede het so ’n pad gevat. Maar ons het teveel mense in oorvol buurte, en min kapasiteit om te “toets en trace”. Duitsland het sukses gehad met wydverspreide toetsing. Met ‘n beter regering kan ons beter oplossings gebruik. Na 26 jaar van ANC regering daar is min geld en kapasiteit wat oorbly. Die staat het die beste gedoen binne hulle beperkings.
- Ek dog menseregte is noodsaaklik …
- Het ons ‘n keuse. Ek glo nie aangesien dit van ons verwag word om te gehoorsaam. Ek dink die omstandighede is gestuur om ons lewensbeskouing in oorweging te neem. Wys ons weer hoe kwesbaar ons is teen iets so nietig soos verkoue. Ons begin ook anders dink en nuwe planne beraam oor hoe ons kan vernuwe, verander en verbeter. Hopelik neem dit ons terug na ons huisgodsdiens waar alles moet begin. Ons moet leef in dankbaarheid.
- Regverdigheid nie in berekening gebring nie. ALMAL kan maskers en handskoene dra. Hou jou ph in plek, en kry die ekonomie aan die gang. Jammer ESKOM het ook by die huis gebly, want niks aan die opgradering gedoen vir wanneer die krag benodig word nie, na grendelstaat verby is. Die mense wat moet PPS gebruik doen dit nie – inperking help dus nie positief nie, maar in alle opsigte negatief – met kleinbesighede wat werk verskaf het en 10/1 nou gaan sluit en dan sal vakbonde aandring en verwag dat die werkers hulle geld moet kry, en natuurlik ‘n verhoging as kompensasie vir die ongerief wat deur swak organisasie en kortsigtige oordenking geneem is. Studente kan nie bekostig om ‘n jaar terug te val op hul studies nie – ek kry ook die indruk dat daar net ‘n gedeelte van die bevolking met elektronika gehelp gaan word – armoede is onder AL die bevolkings groepe. Sogenaamde gelykheid is nou weer ‘n politieke speelbal – sonder voldoende onderwys, wie moet aangestel word? Graad 12 studente kry universiteit toelating met 50% + beurs, ander met 80%.
2020-05-01 Meningsopname
- Benodig baie minder inperkings maar beter toepassing van en beheer oor inperkingsregulasies.
- Beperk dit tot persone wat reeds sieklik en oud (weerloos) is. Besighede moet net ander gesondheidsmaatreels in plek stel.
- Ek is ten gunste van isolasie, maar nie die inperking van mense se regte ten opsigte van wat hulle mag en nie mag koop nie.
- Ek was ten gunste van die grendelstaat, maar nou is dit tyd om oop te maak.
- Gedeeltelike inperkings en beperkings. Waarom word ‘n 19e Chinese polisiepos gestig en polisie wandade en wreedhede teenoor ons mense toegepas?
- Grendel net as een van die wapens om die krisis toe oorkom – desnoods net om tyd te wen sodat ander maatreëls geneem kan word. Ongelukkig word menselewens en die ekonomie as teenoorgestelde pole voorgestel deur sommige meningsvormers terwyl die twee faktore interafhanklik is. Daar moet harde maar onvermydelike besluite geneem word. Op ‘n stadium werk grendeling nie meer sonder ‘n ekonomie nie wanneer die spaargeld opgeraak het en almal begin honger lei of sterf daarvan. Ek vertrou u bedoel met “grendelstaat” ‘n tydelike ingrendeling en nie iets staatkundigs nie?
- Grendelstaat met plaaslike insette en nie net “een skoen wat almal pas” tipe benadering nie.
- Ja, vir ons veiligheid – ons is baie vatbaar vir siektes in ons huis. Maar die vervolging en bloot sinnelose “wette” en toepassing is waansinnig.
- Nie meer soos nou, moet meer mense kans gee om te werk.
- Oorbodig.
- Persoonlik is die inperking vir my en my gesin baie verrykend. Hierdie drastiese aksie (met versekerde positiewe en negatiewe gevolge) skep wel die geleentheid vir baie mense om hulle lewens deeglik te hersien en hopelik maak meeste gebruik van die geleentheid.
- Ten gunste vir die oorspronklike drie weke. Nou behoort sektore daadwerklik ingefaseer te word (met 1.5 afstand en higiëne maatreëls).
- Vir ou mensies en mense met gesondheids- en immuniteitsprobleme, is dit definitief beter om te isoleer. Die jonger gesonde deel van die bevolking voel ek, moet aangaan om die ekonomie aan die gang te hou … Maar daar sal wel meer bewustheid moet wees van met wie ons kontak het, en oor higiëne soos hande was. Dit sal help om hulle gesond te hou, en ons ekonomie aan die gang hou, sodat minder gesinne finansieel swaarkry.
- Die grendelstaat moet in ag neem dat ons denkende volwassenes is wat nie soos kinders behandel moet word nie. As algemene riglyne soos self-isolasie en inagneming van verspreidingsmoontlikhede binne ‘n bepaalde situasie die verantwoordelikheid van elke individu en hy/haar gesin gemaak word, sal daar baie minder stres beleef word om riglyne te volg. Ons woon in die Noordkaap in ‘n gebied waar daar net een geval bevestig is en wat reeds gesond geword het. Hoekom mag ek nie bv. enige tyd van dag met my honde stap nie? Sovêr het ek nog net een persoon tee gekom en ek stap reeds elke dag twee maal op die buitewyke van ons dorpie, wat my ‘n krimineel maak, maar ek kan onmoontlik enigiemand aansteek. Logika bestaan geensins in die drakoniese toepassing van die anti-rook reeës nie, en ek is nie ‘n roker nie. Ook geen sin in aandklok reëls en oorgrensbeweging tussen provinsies. Beperkings op verkoop van hardeware net aan kontrakteurs het geen sin nie. Ek kan nie spykers koop om herstelwerk te doen nie.
- Ek dink die grendelstaat dien ‘n goeie doel. Dit het ons oë geopen vir nuwe geleenthede, die swaarkry van die kinders en minder gegoedes, die viktimisering en uitbuiting van die “entitlement” benadeeldes teenoor arm gemeenskappe. Dan ook die verpolitisering en rassisties gedrewe benadering van die ANC. En as al die wat so gal braak op sosiale media die organisasies ondersteun wat minderhede se toekoms op die hart het (Solidariteit en Afriforum), moet die Afrikaanssprekende duidelik sy eie paadjie begin stap. Ons is pioniers in ‘n moderne wêreld. Die hedendaagse Voortrekker!
- Intensiewe opvoeding oor hoe infeksie plaasvind en wat die gevolge van kort en langtermyn infeksies is moet wyd gepropageer word.
- Nie onder die huidige sotlike beperkings nie.
1. Ek is tengunste van beperkings ter wille van die beheer oor die pandemie,
2. Ek is egter baie sterk teen die drakoniese beperking en inperking van my persoonlike Vryheid.
3. Dit is moeilik om te glo dat ons veronderstel is om in ‘n demokratiese politieke staat te wees maar deur die staat voorgeskryf word wat om te doen en nie te doen en dat dit selfs militèr afgedwing word.
4. Die Grondwet maak ruim voorsiening vir gesonde menseregte. Daarom beroep ek my op die Grondwet.
5. Al rook ek nie en is ek nie ‘n drankverslaafde nie, verwerp ek die algemene beperking daarvan. Dit is teen die Grondwet en die Vryheid van mense wat dit wel wil hè. Nou koop hulle dit op die swartmark teen buitensporige pryse en tot nadeel van die Staat. Dit hou absoluut geen gevaar in nie en doen dit in elk geval. Ek is seker baie onnosel om dit te begrip.
6. Ek is ten gunste van die Vryemark beginsel dat mense self hulle besluite neem en daavoor die risiko aanvaar.
Ek onderskryf die menings soos gepubliseer.
Magsbeheptheid le aan die basis van al die obskure regulasies. Lagwekkend. Verder het Ramaposa n vet handdruk gekry van Bill Gaters wat vir hom voorse ,sodat inenting ons almal pione gaan maak van een wereld orde …….weier INENTING. PAS RUIL HANDEL TOE AS DIT MOET.
Ek stem saam daarmee dat die ekonomie aan die gang gekry moet word, dus moet die inperking gestop word.
Hou die inperking in plek waar die virus vermeerder.
Dit is waar dat die sterftesyfer aan TB, Hepatitis B, Pneumonie en HIV baie meer is as die van Covid-19. Waarom dan die erge maatreëls teen Covid? Die % sterftesyfer is kleiner as diè van ander siektes.
Die instandhouding van die grendelstaat veroorsaak BAIE meer sterftes en ellende as die lewens wat “gespaar” word deur die grendelstaat se instandhouding.
Ek steun dus nie die instandhouding van die grendelstaat nie.
NS. Dit is uiters irriterend om dieselfde ding oor en oor te herhaal soos in die meningsopname van
1-5-2020.
Die feit dat Pres. Ramaphosa glad nie melding gemaak het van die geweldige insette van boere, NGO’s, kerke en privaat persone om hongerendes te help spreek vir my boekdele. Hierdie mense gaan uit hulle pad uit om die situasie te verbeter, maar daar is geen woord van dank nie. Is dit omdat daar grotendeels wit mense by betrokke is? Hoekom word hierdie mense se insette nog belemmer met insinuasies dat die kos substandaard mag wees en rompslomp soos onnodige permitte. Hierdie buffelagtigheid is ongevraag in die huidige situasie en erkenning en dankbaarheid sou soveel kon bydra tot ‘n samehorigheidsgevoel van al die burgers van die land.
Hierdie beperkings wat ons as nasie opgelê word, grens aan sinneloosheid en is bisar.
Die statistieke is foutief. Mense sterf meer aan onderliggende siektes as aan Covid-19.
‘n Persoon het op die radio bevestig haar moeder is aan beroerte dood – op die sterftesertifikaat staan sy is dood aan Copvid-19. Hoeveel van hierdie foute is dalk nie nog wat ons nie van weet nie?
Die regering tree kommunisties op en is NIE werklik in staat om die land te regeer nie.
Kan dadelik na vlak 1 oorskakel.