Geen meer grendelstaat! – KragDag meningsopname
In die KragDag nuusbriewe van 17 April, 1 Mei en 15 Mei (elke keer twee weke uitmekaar) is in ’n meningsopname vir KragDag lesers gevra hoe hulle oor die toepassing van die grendelstaat voel. Daar het 87, toe 566 en toe weer 457 mense onderskeidelik aan die drie meningsopnames deelgeneem.
Dit is interessant hoe die mening oor die ses weke verskuif het. Hier is die uitslae van die opnames:
- In die eerste opname, drie weke na die instelling van die grendelstaat, het 42,5% van die deelnemers aangedui dat hulle ten gunste van die grendelstaat is, 50,6% dat hulle daarteen is en 6,9% het Ander as opsie gekies.
- In die tweede opname, vyf weke na die instelling van die grendelstaat, het die meningsopname ’n dramatiese ander uitkoms gehad, met 14,4% van die deelnemers wat aangedui het dat hulle ten gunste van die grendelstaat is, 81,0% was daarteen en 4,6% het Ander as opsie gekies.
- In die derde opname, sewe weke na die instelling van die grendelstaat (toe vlak vier), het die regering se grendelstaat nog verder in onguns verval, met ‘n halvering na slegs 7,0% van die deelnemers wat aangedui het dat hulle ten gunste van die grendelstaat is, 91,5% was daarteen en 1,5% het Ander as opsie gekies.
Uit die kommentare blyk dit dat nie net die hoeveelheid mense wat ongelukkig is met die grendelstaat toegeneem het nie, maar dat die intensiteit van ontevredenheid met die regering se hantering van Covid-19 ook verhoog het.
Anders as met die rapportering van die vorige meningsopname gaan ons nie weer hier ‘n kort opsomming van deelnemers se opmerkings verskaf nie, maar, sonder om die skoen vir KragDag se nuusbrieflesers aan te trek, verwoord prof. Koos Malan se onlangse satiriese artikel in Maroela Media, getiteld Die herdood van die gemaskerde wederopgestane goue bulkalf, miskien die beste hoe mense se gesindheid jeens die Suid-Afrikaanse regering en spesifiek sy president oor die afgelope paar jaar, en veral nou met Covid-19, verander het. Alhoewel die artikel in ligte luim verwoord is, kan dit elkeen van ons net baat om te besin in watter mate onsself die regering ondersteun in sy opgeneemde messiaanse rol en wat die implikasies en gevolge daarvan is.
Hier volg die volledige lys van opmerkings (onder die opskrifte JA, NEE en ANDER) wat deelnemers aan die laaste meningsopname met ons gedeel het:
JA, ek is ten gunste van die grendelstaat
- “Panda” se verslag veronderstel dat dit onmoontlik is om ‘n ekonomies stelsel te skep waarin armoede laer is as wat dit was vóór die pandemie.
- 100 jaar se geheue is reeds in die graf. Die ontsettende verlies van mense lewens. Die ouerlose kinders wat doelloos op straat wandel en moes maar self sien en kom klaar. Die magteloosheid van die mensdom en medici, die ywerige maak van konkoksies, selfs paraffien word ‘n opsie om te oorleef. Families wat totaal vernietig word, halwe families en kinders wat se voorgeslag vernietig is. Erger as menslike genocide, die hartseer en verslaenheid, hulpeloosheid, die hongersnood. Menigte tye daarna om weer op te staan uit ellende en verstomptheid, om weer mens te word … geen koue harde daler gaan dit verplaas nie. ‘n Gegryp na ‘n desperate halm van ‘n lapmasker, net te laat het die besef gekom van die lig van ‘n grendelreël.
- As Diabeet was dit vir my moeilik om nie die nodige oefening te kry deur te stap nie.
- Beskerm die bejaardes – veral die tussen 60 en 70 jaar oud want hulle is die vatbaarste. As mens te gou en te maklik die grendeltydperk ophef, is hulle die mense wat die ergste geraak gaan word.
- Die grendelstaat dwing die mensdom tot stilstand, wat presies is wat die natuurlewe oor die aarde heen nodig het om te herstel. Mense word gedwing om onnodige gerieflikhede, wat die natuur vernietig, te staak. As die mensdom net aangaan, sonder om vir eens stil te staan, is daar in elk geval nie ‘n toekoms vir die mensdom nie, aangesien al ons natuurlike hulpbronne op aarde besig is om uitgeput te raak. Die grendelstaat dwing mense om meer kreatief te wees en hul hoop en vertroue weer op die HERE te sit. Ons ekonomie sal dalk meer groei nadat die grendeltydperk opgehef is, omdat mense terugkeer na God en harder sal werk om hul besighede aan die lewe te hou. Talle besighede is meer innoverend en kreatief as ooit vantevore en talle mense het weer hul hoop in die HERE begin sit en beleef ‘n geloofshernuwing.
- Dit was nodig ter voorbereiding van die toename in positiewe COVID-19 gevalle, maar die doel daarvan is nou of bereik of dit sal nooit bereik kan word nie. Genoeg is genoeg en die sogenaamde beheermaatreels is absurd!
- Dit werk.
- Ek waardeer dit dat ek en my gesin die keuse het om by die huis te kan bly.
- Gevaarlike virus.
- Hang seker af van elke individu se huidige omstandigheid, wat betref sy ouderdom en gesondheid. Party mense ag lewens hoër as geld.
- Ja, omdat ek al ‘n bejaarde is en ek maklik blootgestel kan word aan die virus.
- Niemand weet wat sal gebeur as alles weer oop gemaak word nie. Die wat sterf is nie alleen die probleem nie. Sal daar genoeg gesondheidsorg en beddens met die nodige toerusting wees as duisende gehospitaliseer moet word?
- Om die kwesbares in die samelewing te beskerm, asook die ongedissiplineerdes en onopgevoedes, is dit helaas nodig om drakoniese maatreëls in plek te stel. Almal moet ongelukkig oor dieselfde kam geskeer word. Hierdie sal ook verby gaan. Help waar jy kan. Doen wat jy moet. Ignoreer samesweringsteorieë. Niemand probeer jou om jou geloof vervolg nie. Verdra hierdie bietjie lyding nou maar, dit is nie so erg nie. Indien jy aan ‘n kerk(verband) behoort, sal jy regkom. Indien jy op jou eie is, is dit jou of jou voorsate se skuld dat jul die geloof versaak het. ‘n Kerk en ‘n kerkverband is ‘n Godgegewe (en nuttige!) instelling.
- Ons moet geduld aan die dag lê. Die vraag is, is ‘n lewe minder werd as die ekonomie wat wel met moeite weer kan herstel?
NEE, ek is nie ten gunste van die grendelstaat nie
- Aanvanklik was my mening: Just postponing the inevitable. Nou weet ek beter: Covid19 is die grootste klug van ons leeftyd. China/Kommunisme hier kom ons!
- Absurd!!!!
- Afgrendeling breek meer af in een dag as wat ons in 100 jaar opgebou het.
- As gevolg van hulle dwase beheer oor om mense kos te gee en wat jy mag koop, of nie loop nie en wat jy mag aantrek. Ook belangrikste: miljoene mense sonder inkomste. Is ons in kommunistiese staat?
- Almal gaan siek word en meeste sal herstel. Maak als oop voor mense begin moor vir kos.
- Almal sukkel. Besighede raak bankrot.
- Armoede en hongersnood se gevolglike doodsverliese gaan heelwat erger as die Covid-19 sterftes wees. So staak dit nou! Elk moet verantwoordelikheid neem vir sy eie beskerming, nie die staat met die huidige militêre greep op ons lewens nie.
- Arrogante heeltemal irrasionele Afrika kommuniste wat onnosel nie eers kennis geneem het dat sentrale beplanning van die ekonomie NOOIT kan werk of al ooit gewerk het nie.
- As daar ‘n vrot appel in die sakkie is, verwyder jy net die vrot appel. Jy maak nie almal saam toe nie. Met die geld wat verlore gegaan het a.g.v. die grendelstaat, kon die regering al die mense wat COVID-19 positief was, in die beste fasiliteite gratis behandel het en die ekonomie kon aangaan. Gesonde verstand moet hier gebruik word!
- As jy vryheid het, het jy die reg om self te besluit of jy die verstand het om jouself so te beskerm dat jy kan aangaan met jou lewe, anders gaan daar baie meer doodgaan van honger en geweld as van Covid-19
- Baie meer mense gaan sterf a.g.v. die grendelstaat as die virus. Hoekom “adverteer” hulle nie die Selfmoord-, Padsterftegevalle, ens, met dieselfde oorgawe as die paar virus sterftes nie.
- Behalwe vir die ekonomiese katastrofe, is daar ook die emosionele agteruitgang van mense. Om sosiaal te wees is een van die mens se mees natuurlike behoeftes. Nie slegs werkende volwassenes nie, maar ook kinders en verswakte mense in tehuise ervaar hierdie grendeltyd as traumaties en onnatuurlik. Hulle is ook nie altyd in staat om hulleself uit te druk oor hoe hulle voel nie, en raak dan gefrustreerd, huilerig, buierig en ander sigo-somatiese simptome. Al hierdie kom tot uiting in depressie, selfmoordneigings, verkragtings en geweld.
- Behou net beperkings op ouetehuise en kleuterskole. Verder moet die sanitasie, maskers en sosiale afstand sovêr moontlik toegepas word.”
- Belaglik om die minste te sê, hoe gaan ons oorleef na die gemors.
- Beledig mense REGTE.
- Beperkings moet met groot en sensitiewe oordeel geld.
- Besig om bankrot te gaan.
- Beslis nie. Dit gaan nie oor virus. Is in elk geval net “common cold”. Weet wat is waarheid, moenie alles sommer net so aanvaar nie, doen eie navorsing. Word wakker, weerstaan die vrees wat geskep word en staan in hoop!
- Binne die eerste 4 weke is my man se salaris met 50% verminder. Waar sny mens 50% van jou begroting?! My kinders se geestesgesondheid ly onder die grendelstaat – my sesjarige praat van sy wil haarself doodmaak. My tienjarige is ‘n angstigheidsbol en sit doelloos rond by die huis, hy lyk of hy besig is om in depressie te verval. Hy sê minstens eenkeer elke dag dat hy sy lewe haat. Ek is swanger en siek as gevolg daarvan en kan nie eers vir ‘n doktersbesoek gaan nie omrede ek nie wil bestuur terwyl ek so lighoofdig is nie. My man kan my nie neem nie, want wie gaan na die 3 kinders kyk? My ma mag nie hulle kom op pas nie. Saamgaan kan hulle nie want ons word nie toegelaat om 5 mense in ‘n voertuig te wees nie. Ek mag nie speelgoed koop vir die kinders om hulle bietjie nuwe opwinding te verskaf nie – dis kwansuis nie noodsaaklik nie. Wat moet kinders heeldag doen? TV kyk? Die grendelstaat verwoes meer mense se lewens as wat die virus ooit kan.
- Covid-19 is ‘n griep. Mense was in die verlede blootgestel aan griep (bv. varkgriep), en daar was ook sterftes. Hierdie griep is nie meer spesiaal nie; in elk geval nie genoeg om ‘n land se ekonomie daarvoor op te offer nie …
- Cyril het ‘n agenda wat ons maar net oor kan spekuleer, maar baie van ons sal nie verkeerd wees nie. Ek sou Mboweni as president kies indien ons nou sou kon stem. Sterkte met julle werk
- Die doel waarvoor dit aanvanklik ingestel is, is nie bereik nie. Nou het dit magsbeheer geword.
- Daar is baie ander maniere om dieselfde uitkoms te kry. Die instansie wat die huidige inperkings uitgedink het, het duidelik beperkte intellek en begrip hoe om die situasie aan te spreek.
- Daar is beter maniere om die burgers van die land te beskerm
- Daar sterf meer mense aan HIV vigs, malaria en gewone griep as aan die virus. Elkeen moet sorg dat hy afstand hou maar stop die grendelstaat dat die ekonomie aangaan. Daar gaan later meer mense sterf van die honger as aan die virus.
- Deur ingeperk te word, is soos om in ‘n tronk te bly. Baie min mense steur hul aan die beperkings of afstande wat gehandhaaf moet word. Dis belaglik om nie die goeters wat jy benodig in die winkels te kan koop nie.
- Deur kennis en navorsing kan ons vinnig leer om na onsself te kyk en om ons geliefde kwesbares mooi op te pas. Ons het reeds te veel finansieel verloor.
- Die 3 weke wat die regering gevra het vir voorbereiding was genoeg, nou moet mense self sorg dat hul higiëne in plek is.
- Die doel was om die staatshospitale tyd te gee om reg te maak. Nou is dit doodeenvoudig ‘n geval van ons word “toegesluit”, mag nie gaan geld verdien nie, mag nie ons werknemers laat geld verdien nie, almal moet verarm en dan skryf hulle nog voor of jy mag rook, drink, wat jy mag koop, watter klere jy mag koop … niks daarvan het enige iets met die bekamping van die virus te doen nie. Mag nie eers op die strand of in die see gaan nie – dis alles net inperkings van vryhede wat volgens my, aan die “privileged” beskore was. Niemand mag meer die gebruik van hulle geld geniet nie.
- Die ekonomie gaan ten gronde en hongersnood is baie hoog.
- Die ekonomie is belangriker as ‘n paar mense se lewens. Die eindresultaat van ‘n langtermyn grendelstaat is 60 miljoen gesonde mense wat almal dood gaan van die honger.
- Die ekonomie was reeds in sy peetjie in voor die grendelstaat ingetree het en hoe langer dit aanhou hoe meer gaan ons sukkel om weer op ons voete te kom. Die feit dat die staat eenvoudig by ons belastingbetalers steel laat die bitterste pil om te sluk wanneer dit kom by die staatshulp wat ons nie mag kry nie. Wie dink hulle gaan SA se ekonomie weer aan die gang kan kry, verseker nie hulle magshebbende en gulsige maatjies nie. Dis super hartseer dat wit kinders en hulle ouers se kos by hulle weggeneem word terwyl dit wit samaritane was wat dit verskaf het – sies CR en die res van jou vet gevrete makkers – die bietjie wat ons vir jou gevoel het, het nou heeltemal verdwyn. Mag julle eendag ryklik geseën word met wat julle toekom – ek hoop julle sal dan terug dink en onthou wat julle aan SA en sy mense gedoen het. Die wiel draai en daar sal bitter hard geval word – ons mag teen daardie tyd nie meer lewe nie, maar weet dat elke hond kry sy dag en ‘n brak kry ‘n naweek.
- Die grendelstaat het niks te doen met Covit19!!!!!!!!!!!!!!!!!
- Die grendelstaat idee is ‘n magsbehepte instelling wat sentralisering van mag verskuil agter die sogenaamde Covid-19 virus. Die wil vir regdenkende mense voorskryf wat hulle moet doen en selfs hoe hulle hulle gesondheid moet beheer en beplan. WEG DAARMEE!!!
- Die grendelstaat is besig om ons familie en vriende se besighede en werk te vernietig. My man se besigheid is reeds vernietig. Ons is naby aftreeouderdom en tensy ons die lotto wen gaan ons bitter arm oud word.
- Die grendelstaat is nie ‘n samesweringsTEORIE nie, dis ‘n samesweringsWERKLIKHEID in die PRAKTYK!
- Die grendelstaat maak in hierdie stadium geen sin nie. Mense wat in die risikogroep is moet hulleself so ver as moontlik afsonder, maar die wat wil en kan werk moet toegelaat word om veilig te werk. Die land se ekonomie gaan ten gronde en dis duidelik dat die regering nie van plan is om blankes enigsins te help nie – dus moet ons onsself help. Die regering se trawante het ons klaar honderde duisende rande se skade berokken deur ons plaashuis (waar ons nie permanent woon nie) leeg te dra tydens die inperking en elke kas wat hulle kon afbreek af te breek en in die kaggel te verbrand. Ek is siek en sat van die wanregering in ons land!
- Die grendelstaat moet onmiddellik beëindig word. Meer mense gaan dood aan depressie en hongerte.
- Die grendelstaat stel die covid 19 besmetting net uit. Ons gaan in die volgende 2 jaar almal besmet word. Hoe gouer hoe beter. Dis al manier om dit te oorwin. Tans sterf meer mense weens ander oorsake. Maar in die proses word RSA se ekonomie vernietig. Dit lyk my daar is ander motiewe ten opsigte van die grendelstaat.
- Die grendelstaatmaatreëls word onbekwaam bestuur en rig groter skade aan as wat dit bedoel was om skade te beperk. Die ekonomie het reeds min belofte getoon VOORDAT die maatreëls ingestel is – die eerste 3 weke was bedoel om te dien tot voorbereiding vir die hantering van toekomstige infeksiegevalle, waarna die lewe so gou moontlik na so normaal as moontlik moes terugkeer.
- Die impak op die ekonomie is gelykstaande aan die doodstraf.
- Die land en sy mense, en veral die armes, kan dit eenvoudig nie langer bekostig nie.
- Die manier waarop die SA regering dit probeer afdwing is verkeerd.
- Die mate van beheer wat uitgeoefen word laat my voel soos ‘n skaap wat na slagpale gelei word. Hierdie situasie het in my opinie baie min te doen met die virus, daar is beslis ‘n groter agenda hieragter en dit staan my nie aan nie.
- Die natuur moet sy gang gaan, elke mens is vir hom/haarself en hul gesin verantwoordelik. Die aanvanklike “lock Down” was goed sodat mense bewus kon raak, maar almal weet nou en in alles is daar ‘n balans. Die lewe moet aangaan in alle fasette.
- Die oorspronklike idee was goed vir nasiebou. Dit word nou afgewater waar politieke oogmerke deurskemer om meer bepalend te wees. Voorts behoort slegs Nie-BEEE instansies ondersteun te word omrede hierdie instansies geen regeringshulp ontvang het nie.
- Die redes en redenasies maak nie sin nie. Dit lyk of daar verskuilde agendas agter besluite is.
- Die regering het 3 weke gevra om alles in plek te kry- dit was dalk sinvol. Wat nie nou in plek is nie, sal nooit in plek wees nie.
- Die regering het nou genoeg tyd al gehad tot voorbereiding vir mediese dienste om te help met Covid-19. Die aanhoudende grendel het dus geen doel meer nie.
- Die regering is besig met magsmisbruik.
- Die regering moet asseblief weer na sy mandaat gaan kyk, en as hy agterkom dat hy nie daaraan voldoen nie, of dit oortree, die nodige aanpassings maak. Onmiddellik. Dankie. Dit sal hoog op prys gestel word.
- Die regering verkrag ons ekonomie!
- Die regulasies wys duidelik dat die opstellers geen begrip het van die openbaargemaakte doel nie. Die virus is nou vir altyd by ons. Ons word nou ‘n kommunistiese staat, waar die regering alles wil beheer. Ek is bang vir wat kom.
- Die saak het sy doel gedien deur hospitale en klinieke in gereedheid te bring.
- Die skade wat aangerig word is enorm en dit gaan ons eers tref iewers vorentoe in die pad af. Toekomstige lewensverlies as gevolg van wat nou afgedwing word gaan huidige Covid-19 gevolge oorskadu. Dit grief my dat baie pro-lockdown mense nie die komende tragedie(s) kan insien nie maar klou aan hulle vrees vir vandag. Die wat wil eenkant bly kan gerus so maak, maar moenie die res van ons dwing om volgens julle kortsigtige vrese die verwoesting aan te jaag nie.
- Die virus is ‘n stok om die mense van SA mee te slaan en te beheer. Dit is ‘n oorreaksie wat baie skade en lewensverlies op die lang duur sal bring.
- Die Virus is niks meer as Griep wat elke winter voorkom, dalk nog met n minder dodetal. Wat is die AGENDA hier?
- Die werking daarvan is bereik binne die eerste 5 weke. Daar is geen verdere regverdiging daarvoor nie, alles moet oopgestel word insluitende grense sodat ‘n mate van normaliteit kan terugkeer.
- Dis absoluut ‘n eensydige en onkundige hantering van ‘n komplekse saak wat alle verskillende fasette van mense se lewens raak.
- Dis belaglik, doen die ekonomie ontsaglik skade en die wiskunde maak nie sin nie.
- Dis manipulasie van die kommuniste om ons minderhede uit te wis
- Dis ‘n gemors. Die mense dink nie en luister nie na die wetenskaplikes se raad nie. Die regering doen net vir hulle eie belang. Hoekom is kinders in hospitale as gevolg van verhongering vir die eerste keer in dekades?
- Dis ‘n polisiestaat!
- Dis ‘n verskoning om kommunisme in te voer
- Dis nie “conspiracy theory” nie, dis bewese grootskaalse “conspiracy”.
- Dis nou net die voorloper van totale mag af te dwing.
- Dis tyd om terug te gaan werk toe en die ekonomie te begin bou.
- Dit doen meer skade as goed.
- Dit dien geen doel meer nie. Dit streel tans net egos van die ANC kader en wurg die ekonomie dood.
- Dit dien geen doel nie.
- Dit dien geen doel om die virus te keer nie. Dit word net gebruik deur die magsbehepte regering om ons regte weg te neem, en in Ramaphosa se eie woorde die “one world order” te ondersteun.
- Dit gaan die bietjie wat oor is ook verwoes
- Dit gaan hongersnood in ons land veroorsaak. Daar word ook opgetree soos diktators.
- Dit het aanvanklik sin gemaak maar dit is op die oomblik slegs ‘n magsvertoon en skending van die ekonomie om die ANC se beleid toe te pas.
- Dit het niks met die Corona virus te doen nie.
- Dit het sedert die begin van inperking al meer duidelik geword dat die virus nie deur inperking gestop kan of gaan word nie en dat die vernietiging van ons ekonomie ‘n baie groter bedreiging is as wat die virus, met sy geringe dodetal, ooit kan wees. Daar is meer as genoeg wetenskaplike sowel as ekonomiese bewyse hiervoor. Daar is ‘n gebrek aan logika by die regering. Meer mense sterf in een maand op ons paaie as wat tot op hede aan die Covid-19 virus dood is; nogtans word ons nie verbied om motor te bestuur nie. Dit sou immers absurd wees. Die regering se klaarblyklike onwilligheid om logiese besluite te neem wat die ekonomie en elke landsburger se regte voorop stel, is uiters kommerwekkend en laat ‘n mens wonder wat is hulle eintlike doelwit.
- Dit het sy doel gedien en moet dringend opgehef word.
- Dit hou geen voordele in om die Koronavirus verder te bekamp nie, die aantal mense wat sal omkom van hongersnood en onder sal gaan aan die gebroke ekonomie is veel erger. Die Koronaveldtog het nou lank genoeg geduur.
- Dit is absoluut outokratiese diktatoriese kommunisme.
- Dit is drakonies en lê die ekonomie aan bande.
- Dit is duidelik dat daar ander agendas is en die wat die septer swaai word glad nie deur die sinnelose grap geraak nie. Daar is geen pandemie nie. Meer mense sterf daagliks aan ander siektes en oorsake.
- Dit is ekonomies vernietigend en ontneem burgers hul reg tot vryheid.
- Dit is manipulasie om ons te onderdruk. Dit moet nou opgehef word!
- Dit is onmenslik, wek meer vrees as vertroue en hoop en is ongelukkig gesetel in gesagstrukture wat slegs hulle eie belange navolg.
- Dit is primêr in plek vir ander motiewe, ten koste van Suid-Afrika se inwoners. Soos gewoonlik betaal ons almal die prys vir politieke speletjies.
- Dit is selfmoord.
- Dit is sinneloos en net ‘n navolg van Amerika wat bewys dit is ‘n gekonkel.
- Dit is in kort selfmoord van ‘n land.
- Dit maak elke besigheid, klein of groot, seer of dood! Hou by sosiale afstand. Hoe gaan dit in die skole werk in ‘n klas van 40 of selfs meer. Wie ly die meeste in die tyd! Die reëls wat gekoop en verkoop mag word is belaglik! Stel jou voor iemand anders besluit namens my wat ek kan en mag koop … gaan seker vir my ook wil vertel watter kleure ek mag dra en watter nie! Die aandklok reel laat my dink aan die apartheidsjare – daar moet nog net ‘n sirene afgaan. Wat ‘n vermorsing van energie om sulke reëls uit te dink en te laat toepas. Die magsvertoon van sekere ministers, polisie en weermaglede is taboe.
- Dit moet nou dringend afgeskaal word tot normal sodat ons kan aangaan met ons lewens
- Dit neem mense gevange om stelselmatig slawe te word van die nuwe orde en a.g.v. geen werk, geen kos, sal die sogenaamde regering ook aangaan met die “social grants” wat ‘n “universal basic income” gaan word en uitbrei na baie ander werklose mense, en mense 100% deur die “evil forces” beheer en bestuur word. Kyk https://londonreal.tv/ vir ‘n wake-up call!!
- Dit raak nou belaglik. Tref voorsorg.
- Dit sal nie die doel dien waarvoor dit ingestel is nie. Die teenoorgestelde is ook waar, baie mense gaan alles verloor waarvoor hulle gewerk het. Ek weet van ten minste twee besighede in my onmiddellike omgewing wat nie weer gaan oopmaak nie. Twee en twintig mense gaan sonder werk sit.
- Dit vernietig die ekonomie en is kommunisties van aard, deur die regering wat alles wat jy doen, te wil regeer!!
- Dit vernietig die ekonomie!
- Dit was in elk geval nie veronderstel om so lank te duur nie.
- Dit word intensief deur die regering misbruik om politieke agendas te implementeer ten tye van ‘n wêreldnood. Dit ten koste van die welstand en oorlewing van mense. Magsbeheptheid en Drakoniese Irrasionele reëls word deur die regering eenvoudig net op mense afgedwing en daardeur word mense se lewens ongevoelig in die weegskaal geplaas. Die resultaat gaan eskaleer tot grootskaalse hongersnood en sterftes weens verlies aan inkomste, deurdat gesinne nie inkomste uit werksgeleenthede kan genereer nie. Irrasionele reëls word in die staatskoerant gepubliseer wat geensins verband hou met die voorkoming van Covid-19 nie. Die grendelstaat kelder alle ekonomiese vlakke. Die voortduur van die grendelstaat gaan die land totaal en al kreupel laat met miljoene mense wat onder die broodlyn gaan lewe. Hoe langer gewag word om mense toe te laat om te gaan werk om inkomste vir gesinne te verdien, hoe meer gaan dit veroorsaak dat die ekonomie nie meer kan herstel nie. ‘n Mislukte ekonomie gaan anargie tot gevolg hê.
- Dit word nie sinvol gedoen nie en heeltemal te geheimsinnig.
- Ek dink die inperking nou gaan die rede vir die ‘spike’ in Covid gevalle later wees.
- Ek dink die oorspronklike ‘lockdown’ was nodig en het sy doel gedien. Maar nou is dit genoeg. Mense/besighede moet toegelaat word om hulle ‘livelyhoods’ te verdien.
- Ek het begrip vir sosiale distansiëring en hande was, maar die verbod op verkoop van alkohol, sigarette en sandale is onsinnig ! Terloops, ek rook nie en drink baie matig.
- Ek hoop dat die bevolking nou uit hul skaapslaap wakker geword het en besef corona het ‘n diaboliese agenda gerugsteun deur Bill Gates en sy mede satansaanbidders, uitgevoer met die hulp van ons politieke marionette.
- Ek is 71 en verdien op die oomblik geen inkomste nie. Ek ontvang ook geen staatshulp want ek is te oud vir die R350 per maand. Daar is ook ander dinge wat teen my tel. So hoe vinniger ons terugkeer na normaal, hoe gouer kan ek dalk weer begin werk om vir myself te sorg.
- Ek is dit absoluut eens met julle mening soos uiteengesit, dat die sogenaamde pandemie baie minder gevolge het as al die ander nagevolge van die grendelstaat. Hongersnood en armoede is besliste nagevolge, waaraan nie oorweging geskenk word nie. Maar so ook word die emosionele ervaring van mense buite rekening gelaat. Depressie gaan verseker begin toeneem, veral onder ingeperkte bejaardes.
- Ek is hewig daarteen!!!!! En dink dis ‘n verskoning van regerings reg rondom die wêreld om hul beheer op alle areas van mense se lewens te probeer verstewig en sodoende hul kommunistiese en globalistiese agenda te bevorder.
- Ek is ten sterkste teen die grendelstaat en was van die begin af teen die grendelstaat. Dit is ‘n verkragting van vryheid. Die mense wat ten gunste van ‘n grendelstaat is, besef nie dat vryheid nie so maklik weer teruggewen kan word nie. Die wat vryheid prysgee vir tydelike veiligheid verdien beide daarvan nie en sal al twee verloor – losweg vertaalde woorde van Benjamin Franklin.
- Ek sal self kyk na my gesondheid ek het nie die staat daarvoor nodig nie…my gesondheid is nie in hulle hande nie. My gesondheid is in die Hande Van Jesus Christus….Hy hou my hele lewe in Sy Hande.
- Ek sê ook as dit oor 5min opgehef word is dit te lank.
- Ek vat eerder my kanse met die virus as die gekonkel rondom die grendelstaat.
- Ekonomie is reeds in duie.
- Elke jaar sterf duisende aan griep.
- Elke persoon kan beheer neem oor sy eie gesondheid. Ekonomie gaan ten gronde!!
- Enige maatreël wat toegepas word neem ‘n aantal dae om te wys. Die sluiting van die lughawens en verbod op groot byeenkomste het die groeikoers van verdubbeling in 2.5 dae verander na verdubbeling in 9 dae. Die effek hiervan het toevallig presies op die dag van die inperking sigbaar geword. Die regering maak ons wys dit is a.g.v. die inperking. Dit is nie so nie. Die effek van die inperking kom eers dae later. Dit is glad nie merkbaar nie. Hierdie feit word deur die navorsingspan van Wits bevestig.
- Finansieel ruïneer dit ons. Ons kan en moet self voorsorg vir ons gesondheid tref.
- Funksie van grenselstaat is verby.
- Gebiede wat erg geraak word deur Covid-19 moet streng beheer word – ander dele van land kan aangaan met besigheid.
- Geen inkomste, geen hulp van nêrens.
- Geheime agendas.
- Genoeg is genoeg. In ons huishouding het ek en my vrou ons eie besighede. ek het nou weer stadig begin maar finansieel gaan dit sleg. My vrou het haarsalon tuis en geen inkomste. Ons moet oral leen om mense te betaal en die noodsaaklike dinge te betaal. Sy mag steeds nie oopmaak nie en dit het ‘n enorme impak op ons lewens. ons weet hoe om ons self te beveilig teen die mislike virus of wat dit ook al is. Laat ons asseblief weer werk en verdien. regering help nie ons wit besighede nie ons moet ons self help. So asseblief help ons om uit hierdie gemors te kom!!!!!
- Genoeg is genoeg. Meer mense gaan sterf a.g.v. hongersnood as die virus. As jou streep deur die lewe getrek is, is hy getrek en geen inperking gaan dit keer nie.
- Sommige van die regulasies laat mense wonder watse aaptwak het hulle in hul zolle gesit om te rook …
- Persentasie gewys sterf daar meer mense aan ander oorsake as die virus. As die persentasie wêreldwyd getoon het dat meer as 25 persent van die wat virus kry sterf kon mens dalk die bohaai verstaan het, maar nie met huidige syfers nie.
- Genoeg is nou genoeg!
- Gewone griep gee jou dieselfde koors temp as COVID-19.
- Glad nie.
- Glad nie, maak oop dat die ekonomie kan herstel.
- Glad nie, deel onder dwang daaraan … Ons weet hoe om ons te gedra, sonder inperking … Mens begin voel al asof die regeerders vir jou voorskryf wat jy mag doen of moet los … Ek ken geen Afrikaner Boerkind wat sulke aanmatiging sal uitstaan nie. Dit is net kriminele wat maskers dra om nie uitgeken te word nie…! Ons weet net nie waarom iemand nog nie uitgewerk het dat ons die belastings wat ons wettiglik betaal, voortaan in aparte rekening kan inbetaal en nodige uitgawe vir die toekenning vir korrekte bestuur van ons geliefde land so te befonds nie.
- Grendelstaat is die antichris se handewerk.
- Grendelstaat veroorsaak ‘n groter probleem as wat die epidemie veroorsaak.
- Grendelstaat het ander ondergrondse doelwitte en die virus word gebruik om dit te bevorder. Een van daardie doelwitte is om doelbewus die ekonomie te laat ineenstort, sodat anargie kan heers en mense sal vra na die een wêreld regering en iemand wat net bietjie orde en sosiale stabiliteit sal bring. Dan sal die VSA en die Vatikaan na vore tree as hoof rolspelers. Sien Dan 2, 7, 8, 11, 12 en Openbaring. Bestudeer asb. u Bybel. Dis God wat die einde vir ons glashelder uitlê, want hy is God.
- In God is kennis, wysheid en ewige vrede.
- Grootste klug!
- Groter skade en verlies op alle vlakke van die samelewing vanweë dwase strategie deur regering, insluitend oorleg met internasionale strukture wat basis lê vir onafwendbare en ingrypende chaos en anargie. Opinie: indien leierskap van anders-denkende groeperinge nie verenig om hierdie sinneloosheid te eindig nie, gaan impak met rasse skede groter wees.
- Heeltemal belaglik. Nou ‘n polisiestaat. Moet dadelik opgehef word anders kry ons ’n burgerlike opstand.
- Die hele ding is belaglik – spaar kamma mense lewens maar waarvan moet die wat gered word lewe.
- Hell no, this is the most ridiculous thing that ever happened to the world but especially South Africa.
- Hierdie aksie doen na my mening meer skade aan ‘n reeds sukkelende ekonomie en dring ernstig in op die konstitutisonele regte van die mense van SA.
- Hierdie is net die begin van die New World Order, die absolute beheer van die mensdom soos dit in die ou Oos-Duitsland (DDR) was. Ons glo in elk geval nie die ANC se Covid-19 syfers nie.
- “Hoax” met ‘n doel wat nie die breë gemeenskap se behoeftes en regte ten doel het nie. Hou dop, volgende is nasionalisering van “moneymakers”.
- Hoe noem jy jouself ‘n leier en laat toe dat jou land in armoede en malheid en vrees verval. So ‘n leier moet gestenig word.
- Hoeveel besighede wil die regering vernietig ten einde ‘n “pandemie”, wat minder lewens as gewone griep opeis, te bekamp.
- Hoeveel will die regering nog van ons steel. Alles wat ons het, het ons voor gewerk. Laat hulle dit ook doen.
- Hou jouself veilig.
- Hulle weet nie wat hulle doen nie, ons is die slagoffers daarvan. Elkeen moet sy eie maatreëls tref ter voorkoming van besmetting deur die virus.
- Hy het nou sy doel bereik om in plek te wees.
- Iewers is daar duistere dinge wat bekook word!
- In Ramaphosa’s Covid-19 speech of 13 May 2019 he estimates (probably highly inflated) that without lockdown 1 700 people could have died from covid-19 infection to date. The highly contagious TB kills 153 people per day, therefore 13 770 for 3 months. According to STAT SA we lose approximately 5 000 people from seasonal flu in 3 months. We have 60 murders per day, equating to 5 400 over 3 months. Road accident deaths are at 42 per day, i.e. 3 780 for 3 months. South Africa therefore takes 28 000 deaths over 3 months in its stride, but for an estimated 1 700 (and actual less than 200) we destroy the livelihood of a large percentage of the population. To make matters worse, poverty-related death and suffering resulting from lockdown will be much worse. Some estimates place this at 27 times the Covid-19 related deaths.
- Inperking (grendeling) met ‘n spesifieke doelwit en gebaseer op deelname en meelewing word ondersteun. Maar ‘n onchristelike, oneerbare en valse inperking? NEE
- It has served its purpose, we don’t have the economic luxury of more time – health and the economy are not mutually exclusive, we need one to support the other.
- Jy het ‘n groter kans om vermoor te word as om van Covid dood te gaan in SA.
- Klug.
- Kommunisme.
- Koste aan ekonomiekraking is baie erger as koste van lewensverlies.
- Kyk na Swede: geen grendelstaat, en ontwikkel dalk ‘n “trop-immuniteit”. Ook word die ekonomie vernietig.
- Lank genoeg geduur en hospitale is nou gereed. Algemene hongersnood van die armes wat in elk geval nie kan afsonder.
- Lockdown has the opposite of the desired effect. The only defense against viruses is our immune system. It is imperative to boost our immunity and to ensure that it remains strong. Immunization tries to stimulate our immune systems to generate antibodies that may protect us from specific intruders, however, this practice not only generates side-effects, it has no benefit for our general immunity or for protection against any new mutations, bacteria or viruses. Immunity is enhanced by:
- Exposure to bacteria and viruses – lockdown inhibits exposure.
- Vitamin D provided by sunlight – lockdown prevents exposure to sunlight.
- Inner peace – lockdown generates fear and stress.
- Love and social interaction – lockdown prevents these.
- Balanced nutrition – lockdown undermines our ability to afford good nutrition.
- Fitness and exercise – lockdown inhibits our ability to play sport and exercise.
- Positive attitude – lockdown promotes negativity and stress.
- Logika en pragmatisme bestaan nie in huidige grendelregulasies nie. Het ‘n regering nodig wat burgers kan vertrou.
- Maak die ekonomie NOU oop. Raak ontslae van die idiotiese regulasies en beheerbeheptheid.
- Meer mense gaan op die einde dood wees van honger en stres as met die virus.
- Meer ongebore kinders word met die staat se goedkeuring geaborteer. Die virus se syfers is nie eens ‘n fraksie daarvan nie.
- Ons moet meer vertrou op die mense om veiligheid in hul besighede te verseker en mense moet die geleentheid gegun word om kos op die tafel te sit.
- Meeste van die huidige grendelstaat se beperkinge is lagwekkend en dien geen doel nie.
- Mens moet werk vir ‘n inkomste om te kan eet en ‘n bestaan te maak en as jy dit nie doen nie gaan jy op oneerlike maniere aan die lewe probeer klou en begin steel en roof en misdade pleeg om aan die lewe te bly!!!
- Moet vinniger uitfaseer.
- Myns insiens is dit regtig net te lank. Die inperking veroorsaak dat ons ekonomie verder gaan versleg en al meer mense gaan verarm omdat daar nie inkomste is nie. Hongersnood, die sluit van besighede, skole wat nie kan funksioneer nie, kinders se toekoms word op die spel geplaas, ens. – dit regverdig nie dat dit nog langer voortgaan nie. Almal kan nog steeds veiligheidsmaatreëls toepas wat maskers en handreinigers aan betref. As jy Covid onder lede het, is jou kans goed dat jy dit sal oorleef (afhangende van jou liggaam se huidige toestand wat siektes aan betref).
- ‘n Mens moet net jou gesonde verstand gebruik. Die ekonomie wat met rasse skrede in duie stort het ‘n baie meer negatiewe uitwerking/gevolg. Goeie genugtig. Wanneer gaan die regering dit besef.
- Nee dit het sy doel gedien.
- Nie meer nie!!!
- Nie op die manier en die motivering wat tans aangebied word nie.
- Nie soos dit huidig toegepas word nie, tans is dit om die gemeenskap in ‘n kommunistiese stelsel te druk en gee die regering nie om of jy sterf van honger of Covid-19 nie.
- Nie tot einde Mei nie – die ekonomie word verswak.
- Niks maak sin – meer mense sterf aan ander siektes as korona. Hierdie is ‘n afdwingbare grendel teenoor mense, met ‘n ander doel voor oë.
- Nodig om onmiddellik in volle sterkte met besigheid te kan aangaan.
- Onnodige streng maatreëls. Maak die land oop! Elkeen verantwoordelik vir sy eie beskerming.
- Ons almal gaan dood van honger as dit so aangaan.
- Ons beweeg nou in die winter tydperk in en dan soos normaal gaan daar baie griep gevalle wees soos elke jaar. In die verlede was dit onder “griep” geklassifiseer. Hierdie jaar gaan dit onder Covid- 19 gelys word. As jou immuunstelsel laag is, gaan jy griep kry. As jy nie griep wil kry nie moet jou immuunstelsel hoog gehou word en so moet elke mens na sy/haar gesondheid omsien. As ek nie griep het nie hoekom moet ek by die huis bly. Die ouens wat griep onder lede het moet tuisbly om te genees. As gevolg van die grendelstaat is die ekonomie in sy kanon in en mense wat ‘n inkomste kry van ‘n belegging staar ‘n duisternis in die gesig. Wie gaan pa staan vir al die miljarde rande wat weg is as gevolg van swak markte? Regeringslui gaan nog steeds hulle volle salarisse kry maar die privaat sektor wat werk moet verskaf gaan die onderspit ernstig delf. Die regering skep nie werk nie maar wel die privaat sektor. Wie betaal die belasting in die land??? Nie die regering nie. Wie sorg finansieel vir die burgers?
- Ons gaan meer lewens verloor deur grendelstaat en hier kom beslis opstande a.g.v. duisende mense wat verhonger en geen kos kry nie.
- Ons huis- en tuinwerker ly honger omdat hulle nie vry op verskillende dae by hulle onderskeie huishoudings kan werk nie.
- Ons is moeg, arm en ingehok soos diere. My kinders op vakansie by die see kan nie huis toe kom nie. Ons land verarm elke dag.
- Ons kan nie langer oorleef sonder inkomste nie!!! Die noodtoestand regverdig nie die onkonstitusionele magte wat die ANC hul tans aanmatig nie.
- Ons moet dadelik die “Lock down” ophef. As die Regering nie wil luister nie moet ons oorgaan tot protesaksie – en begin werk!
- Ons moet ons uit die Pandemie bestuur, met die nodige burgerlike verantwoordbaarheid.
- Ons moet, soos in ander lande, op die strate gaan en demonstreer: vir vernuf, vir vryheid, vir die regte van die hele volk.
- Ons owerhede is pateties en die reëls waaraan hulle ons onderwerp is lagwekkend en kinderagtig.
- Ons vryheid word van ons ontneem en ons leef in vrees vir ons medemens. Ons is gevangenes waar ons ook is. Dis absolute wreedheid om kinders te weier om hulle ouers in aftree-oorde te besoek, laaste eer te bewys aan ‘n afgestorwene. Ek is met inhegtenisname en gevangeskap gedreig, omdat ek as “caregiver” ‘n vriendin gaan versorg het deur die dag, wanneer die kinders by die werk is. Dis OK om uit te gaan en meer as een winkel te besoek en met BAIE MENSE in aanraking kom, maar ek mag nie met EEN SIEK VROU in aanraking kom nie. Ons kan net sowel in die vergange Rusland wees waar mense nes ons vandag, deur ander aangegee word en in die tronk gegooi word.
- Ons weet nou dat die virus nie sommer gaan verdwyn nie. Dit sal daar wees soos enige ander griep. Ons weet ook ons kan nie net voortploeter om die ekonomie aanhoudend te rem met die drakoniese maatreëls nie. Bowendien blyk die regulasies dalk ongrondwetlik te wees. Sonder regulasies moet streng higiëne gehandhaaf word met wettige en redelike regulering.
- Ons weet nou heelwat meer van die virus en sy werking, daar is menige ander maatreëls wat ons kan tref om veilig te beweeg … ekonomies en sosiaal is dit noodsaaklik dat ons die grendelstaat nou beëindig.
- Our beautiful so called democracy is under severe threat! We are being treated like prisoners with nonsensical reasons of various current laws, our frail economy is being completely damaged, the justification of the lockdown has no valid scientific support.
- Prof Delores Cahill.
- Reg oor die wêreld begin mense nou besef dat die medisyne veel erger as die siekte is.
- Regering doen dit vir eie gewin, blankes mag nie hulle besighede oopmaak nie, arm wittes kry nie kospakkies nie. Baie blanke seuns is werkloos en kry geen hulp van die staat nie. Swartmark sigaretverkope is slegs kontant, geen belasting nie!!!! Tot R200 ‘n pakkie wat gewoonlik R20 is. Skandelik!
- Regering is magsbehep en weet nie wat hul doen nie.
- Regeringsamtenare wat oor inperkingswetgewing besluite neem behoort eers ‘n I.K. toets te slaag alvorens hulle toegelaat word om oor die burgers van die land besluite te neem. As daar na die huidige reëls gekyk word, is daar sommige wat belaglik is.
- Sedert die “lockdown” begin het, het ek begin navors en dis duidelik dat die grendelstaat onnodig is en meer skade doen as goed.
- Sekere beperkings sal nodig bly, maar die huidige vlak is nie toepaslik nie.
- Siende dat ons nou verby die punt van terugkeer is, sal dit dalk goed wees om almal weer terug by die werk te kry. Nuwe mense aan te stel, (wat wil en kan werk, met geen rasse onderskeid) wat die land se infrastruktuur kan bestuur en weer opbou van nuuts.
- Spil leuens wat ons ingehok hou … weg van vooruitgang, sien van familie, besighede wat vou, ens. Always a matter of life vs death, light vs darkness, lies vs truth, etc.
- Die staat maak besluite sonder om ons as SA burgers die kans te gee om ons mening te gee. Met die hoeveelheid gevalle oor die hele wêreld en die hoeveelheid mense wat dood gaan van die virus, maak dit nie sin om als te sluit nie. Daar gaan meer mense dood aan vigs, hartaanvalle en moord en daar word glad nie soveel aandag daaraan gegee nie. Wat nou wel tevore kom, is dat daar al weer korrupsie uitspring – so dis net weer ‘n ander manier hier in SA om geld rond te skuif na die verkeerde sakke. Wanneer gaan die regte mense vir wie die geld voorsien is, hul deel kry?
- Steeds 100% Nee.
- Sterte syfers is ‘n “scam”. As ‘n persoon oorlede is aan ‘n hartaanval of ‘n valskermspringer hom te pletter val en ‘n toets wys hulle het ‘n korona virus, dan wys die dood sertifikaat Covid-19.
- Stop BEE!
- Suid-Afrika se ekonomie word lam gelê met voorbedagte rade deur huidige regering.
- Swede het die beste gedoen … ‘n ware voorbeeld vir SA ook.
- Swede het nie ‘n grendelstaat gehad nie en het verbasend goed daaruit gekom. Hulle werkloosheid is nie geraak nie en die ekonomie kan normaal voorgaan. Die situasie in SA is nou nog slegter as voorheen. Ons sit nou met die situasie dat al meer en meer mense absoluut afhanklik word van die staat. Dit is mos wat die kommuniste wil he.
- Tans te veel wantroue en onbeantwoorde vrae
- Te veel neiging na ‘n noodtoestand en baie misbruik van mag !!!!
- Teen die tyd het tendense begin ontwikkel en hulle weet waar die knelplekke is. Dit, gepaard met die relatief baie lae infeksie- teenoor doodsyfers, is ‘n aanduiding dat met die regte beheer en bestuur protokol, die wêreld die virus kan mitigeer …
- Totaal oordoen omdat die regering politieke besluite neem en dit nie op deskundige menings gegrond is vir ons plaaslike omstandighede nie.
- Totale oordrewe en sinnelose regulasies maak ‘n bespotting daarvan om met die grendelstaat voort te gaan. Maak soos Swede en beperk slegs voorstede waar digbevolkte gebiede hoë sterftes toon.
- Ulterior motives!
- Ver minder as 1% van enige bevolking in die wêreld het virus sovêr opgedoen en baie verder minder is dood. Die wêreldekonomie is geknou deur vrees van die dood.
- Verantwoordelike mense weet wat om te doen. Onnoseles verdien die vrug van hulle dade.
- Verkeerd in alle opsigte. ‘n Skending van menseregte en diskriminasie met groot bedrog en diefstal van geld.
- Dit vernietig die ekonomie. Dit kan baie anders hanteer word. Dit gee ook te veel mag aan die polisie, weermag en ‘n paar politici wat nie weet hoe om dit reg te bestuur nie.
- Verseker nie. My mening is dat die regering dit gebruik om landsburgers te manipuleer en in opstand te dwing.
- Vryheid is van kardinale belang. Die inperking met sy huidige regulasies maak nie sin nie – die regering van die dag maak gebruik van vrees om hul verskuilde agenda uit te voer.
- VRYHEID!!!
- Wêreldoorheersing. Fyn beplan. Mortaliteit vergelyk nie eers met ander siektes nie. 13 995 Sterftes aan padongelukke per jaar, dit is meer as 1 000 per maand … en Covid per maand? Maak die somme. Watter besighede word benadeel en bevoordeel? ‘n Gerieflike instrument … wys net hoe ‘n “pandemie” tot voordeel van ideologieë geswaai kan word. Langtermyn beplanning word nou gerieflik met Covid-19 omskep in korttermyn doelwitte. Wie koop ons land en Afrika uit? Wie is die enigste wêreldmoondheid wat se ekonomie nou positief groei. Grootste slenter van ons menslike bestaan. En ons getroue wetsgehoorsames en belastingbetalers word verwoes. En die hans-kakies skitter weer in hul teenwoordigheid. Lewens beskerm se voet man!
- Was nooit. Van die begin af het ek besef ons land se unieke karakter het ‘n unieke benadering nodig gehad, maar helaas!
- Was van die begin af gekant daarteen, voel steeds die wêreld oorreageer op grond van aangeblaasde vrees.
- Wat anders kan ons van ‘n verrotte en korrupte regering verwag? ‘n Minister met ’n tafeldoek oor die kop besluit oor tabakvervaardiging! En dan wil ‘n ander onnosel drommel jou beduie oor jou kleredrag. Totale snert!! Dan voer hulle ‘n klomp siek Kubane in ten duurste, wat nog ‘n tolk ook benodig. Maar ja, so het die ANC-regering ook treine gekoop wat ook nie op ons spoorlyne pas nie. Verseker kan die ANC-regering nie rasionele besluite neem nie. Behalwe as hulle geld kan steel.
- Wat van al die besighede wat nie weer gaan oopmaak nie?
- Wêreldorde besig met wêreldinperking en om die mensdom se vryheid in alle forme te onderdruk.
- Ek wil my vryheid hê.
ANDER menings
- Maatreëls moet so min moontlik met besigheid inmeng en moet op wetenskaplike gronde berus. Die huidige maatreëls is irrasioneel en is nie konsekwent nie.
- Aanvanklik was dit ’n goeie idee, maar nou grens die inperking aan boeliegedrag deur die regering.
- Inperkings moet gebiedsgebonde wees nie landwyd nie.
- Ja, maar … die totaal irrasionele beperkings wat nog geld op handel, verkoop van drank en sigarette, sekere klere en bedrywe soos haarkappers en restaurante wat wegneem-etes by die restaurant kan verskaf, moet spoedeisend afgeskaf word, want dit knak die ekonomie totaal en dra niks by tot die bekamping van Covid-19 nie.
- Mens kan nie net ja of nee antwoord nie. Daar is ’n voordeel aan en as daar nie ’n grendelstaat was nie was die epidemie dalk erger. Dit moet net reg bestuur word. Die dom ministers wat vir jou wil voorskryf wat se klere gekoop mag word, neig na ’n kommunistiese- en polisiestaat.
- Net vir die kinders.
- Nie meer nie. Die doel daarmee is alreeds bereik.