Is jy ‘n redelike mens?

Op 24 Maart 2020, net ná die aankondiging van die grendelstaat skryf Alec Hogg (neem ek aan), in Ramaphorie styl, in die BizNews* nuusbrief “Watching Cyril Ramaphosa announcing SA’s total lockdown last night filled me with a sense of pride. As it surely did for all but the most cynical of our countrymen. He is a man with a plan. And a president worth calling our own. Unlike the palooka we suffered those nine lean years.” en hy sluit af met “The world would be a far safer place if it were blessed with more political leaders like him. South Africa is blessed to have him.

Dit het my beweeg om die volgende, minder polities korrekte, reaksie aan hom stuur:

“Call me one of the cynical if you want to, but Ramaphosa yesterday took over the roll of the corona virus – for those that will (for now) not get sick or in extreme cases die because of the virus, others (but probable much more) will be left with a similar fate by Ramaphosa’s actions.

Your reaction brings to mind the remark of one of the members of the senate in the film Gladiator – “He (caesar) will kill them (the citizens) and they will love him for it.”

When all is done and past let it never be said that the shattered remains are the result of the virus … it will be the result of the decisions of the one you are now praising (and one can probably add the ones that are applauding him).

How do you foresee that a government that wants to moronically regulate the price of toilet paper and don’t even understand the effect that it will have and a government that has a history of ruining and looting almost everything it touches, to now suddenly have godlike savior capabilities? How do you foresee a good outcome when one of the first things the government does in “curtailing the virus” is to put a curfew on freedom of speech that includes threats of being put in jail when saying the “wrong” things?

Benjamin Franklin once said (not his exact words) “He who sacrifices freedom for security deserves neither and will lose both.”

When does one become a useful idiot?”

Drogredenasies deur politici (wat gemaklik parasities kon voortleef op inkomste wat deur ander se arbeid gegenereer is) was in dié tyd volop, soos dat sekere mense, ingesluit hulleself, meer essensieel is as ander, en hulle per dekreet “lewensonderhoud” van “lewens” geskei het met geen begrip dat die een die asem vir die ander een is nie.

Die ekonoom Dawie Roodt het in daardie tyd aangedui dat sy vinnige berekening toon dat die land as gevolg van die drie weke grendelstaat, 300 000 lewens in lewensjare kan verloor. Ek het nou die dag gewonder oor hierdie stelling en of iets daarvan al in die statistiek sigbaar sou wees en gevolglik het ek Google nader getrek en ingetik “South Africa life expectancy” en het dit die volgende grafiek uitgegooi (gaan probeer gerus self):

Hiervolgens het die gemiddelde lewensverwagting van 66,2 jaar in 2019, voor die grendelstaat en ander beleidsimplimenterings deur Ramaphosa se regering, met ‘n reusagtige vyf jaar verkort na 61,5 jaar. As hierdie verskil op die huidige Suid-Afrikaanse bevolking van 63 miljoen toegepas word, dan was Ramaphosa, eufemisties versag, reeds verantwoordelik vir die verlies van 4,8 miljoen menselewens in lewensjare.

Dit is hoe die “The world would be a far safer place if it were blessed with more political leaders like him. South Africa is blessed to have him.”, uitgespeel het.

Objektief beskou is Ramaphosa feitlik ongetwyfeld die heel grootste vernietiger in Suid-Afrika se ganse geskiedenis. Daar is niemand wat as indiwidu, of in koalisie met sy kaders soveel skade aangerig het en steeds doen nie. Verswarend is dat dit duidelik is dat hy in die dryf van sy agenda en persoonlike belang, duidelik nie omgee vir die skade en vertrapping, veral ook van die mense wat hy beweer om voor om te gee nie. Sy optrede kwalifiseer as “democide”.

Die grendelstaat is maar een geval, maar dit is ook onder die toesig van sy “war room” wat Eskom ten gronde bestuur is. Dit is hy wat werkloosheid tot nuwe hoogtes geneem het en dan nog spog met die hoeveelheid mense wat as gevolg hiervan met welsyntoelaes van die staat afhanklik gemaak word vir oorlewing. Voorspruitend uit die werkloosheid en kaderkorrupsie kan die weghol misdaad ook vierkantig voor sy deur gelê word. Dit is hy wat met sy uitsprake en rassewetgewing mense wat in hulle alledaagse lewens vriendelik en wedersyds voordelig met mekaar oor die weg kom, polariseer. Dit is ook hy (nie een van sy voorgangers nie) wat onteiening op die tafel gesit het al was grondbesit volgens meningsopnames nie ‘n kwessie op die radar nie. Dit is hy wat die gesondheidvernietigende Nasionale Gesondheidsversekering dryf. Dit is hy wat deur die Bela wetgewing ouers van hulle seggenskap oor hulle kinders wil beroof en dit is hy wat deur verskerpte BEE druk die ekonomie vernietig.

Dan praat ons ook nie eers van sy ontkenning van die plaasmoorde nie – miskien akkurater gestel, sy stilswyende aandadigheid deur oproepe tot hierdie dade nie te repudieer nie.

Dit mag klink of hierdie artikel ‘n uittrapsessie is van die man wat bekend staan as die president van Suid-Afrika, maar dit is nie die hoofmotief nie, al borrel dit in volume uit as mens net eers daaraan raak. Dit is egter net die voorwoord van wat volg, want aan sy karakter kan ons niks doen nie. Die eintlike vraag is aan jou (en my).

In die regswêreld word gepraat van die toets van die redelike mens. Die redelike mens maak nie foute nie, maar die redelike mens sal soms selfs die wet oortree ten einde skade te vermy – die reg sou dit selfs van hom verwag. ‘n Eenvoudige voorbeeld sou bv. wees wanneer ‘n motoris oor ‘n sperstreep ry (wat natuurlik onwettig is), ten einde te vermy om ‘n voetganger wat voor hom instap, raak te ry.

In ‘n dieper besinning is dit ook nodig om te besef dat iets nie moreel word, bloot omdat dit in wetgewing omskep is nie. Ons het sedert Ramaphosa die onteieningswet (gewettigde diefstal) onderteken het en in reaksie teenoor die VSA regering se kritiek van die Suid-Afrikaanse regering, dikwels die stelling van die Ramaphosa-regering gehoor dat hulle optrede altyd binne die wet geskied. Dat iemand die mag het om onetiese optrede en handelings wat normaalweg kriminele misdade sou wees, wettig te maak, verheilig egter nie die onreg nie.

Dit bring ons terug by die onlangse BTW-verhoging en die regering se belasting in die algemeen. Toegepas op die situasie hierbo beskryf, is die vraag of jy en ek die toets van die redelike mens sal deurstaan as ons in effek die plundery deur die regering bly finansier. Hoe meer geld hulle ontvang, hoe groter is die skade wat hulle aanrig (debatteerbaar op alle terreine). Sonder hierdie geld sou hulle vermoë om skade aan te rig aan bande gelê word.

Die bedoeling met hierdie artikel is nie om jou te oorreed tot belastingweerhouding nie, maar eerder om te betoog dat selfstandigheid en integriteit, begin by eerlike (ook teenoor onsself) beredenering en selfstandige denke.

Deel daarvan is om te begryp dat die regering maar net ‘n tipe gewettigde mafia is wat elke maand verby kom om sy afpersingsfooi in te samel, die inkomste waarvan hy op ‘n skadelike wyse teen jou en jou medemens gaan aanwend, maar met die besef dat dit ‘n skade is wat net oortref sal word deur die hel waarmee die regering op jou sal neerdaal indien jy sou weier om die afpersingsfooi (of “beskermingsfooi”) te betaal.

Nog ‘n deel daarvan is dat ek en jy teenoor onsself moet erken dat deur belasting te betaal, ons die finansierders is van die onregte wat deur die regering gepleeg word en dit nie te rasionaliseer as ‘n lofwaardige daad of selfs net as ‘n noodsaaklik euwel nie. Almal het egter begrip daarvoor dat jy waarskynlik geen ander keuse het as die mafia die geweer teen jou kop druk nie. Dit is egter iets heel anders as om oor daardie betaling met Stockholm sindroomagtigheid te rasionaliseer.

Die geld ook vir die verweer van “Ek volg maar net bevele!” – van die grootste gruweldade in die geskiedenis is met hierdie selfverontskuldiging gepleeg.

Ons wil elkeen aanmoedig om in jou beoordeling en omgang met die regering te dink oor die vraag: Slaag ek die toets van die redelike mens?

 

*Voetnota: Miskien moet ek net meld dat ek nie my mes in het vir BizNews nie. Ook by hulle was daar intussen lofwaardige en wesenlike progressie in die rigting van groter nugterheid. Om die waarheid te sê dink ek hulle is een van die beter media-instellings en geniet ek baie van hulle beriggewing en onderhoude.

 

4.50 avg. rating (89% score) - 2 votes

2 Comments

  • Baie goeie artikel, dankie. Ek self het 5 jaar gelede gedink die pad wat gevolg word is die enigste “sinvolle” hantering van ‘n onbekende situasie en ek dink nog steeds dit is maklik om in terugblik te oordeel, niemand het ondervinding gehad van so ‘n situasie nie. Wat wel waar was toe en nou is dat ons redelike mense geweet het die ANC regering kan nie vertrou word met R 000,000,000 soos wat hulle hulself toegeeien het in die naam van Verligting vir die mense van SA.
    Waarna toe nou? Ek is gatvol om die redelike persoon te wees en daagliks te sien hoe dinge rondom my in duie stort en die armes tot absolute ondergang gedryf word. Die ANC moet gestop word, wetende dat die nuwe leiers ook waarskynlik (lees beslis) korrup sal wees, maar hopelik meer simpatie met ons gewone mens sal toon.
    Wie kan opstaan en leiding neem met ‘n verset aksie deur alle redelike mense in hierdie land teen die ANC !!

  • Of ek die toets van redelikheid kan deurstaan, sal ek aan ander oorlaat om daaroor, oor my te te vel. Myns insiens, is die eerste basis vir die toets, of ek ‘n denker is of ‘n volgeling! Dit is tragies, maar al is dit ‘n veronderstelde eienskap van elke gelowige, dit deesdae ver van waar is! Ek hoop om ‘n denkende gelowige te wees! Groete

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui