Nuwe veldgidse oor fynbos
Natuurliefhebbers sal baie opgewonde wees om te verneem van twee splinternuwe Engelse publikasies uit Struik Nature se stal. Die veldgidse se titels is Field Guide to Fynbos Fauna en Ericas of the Fynbos. Hierdie pragtige sagtebandboeke word gekenmerk deur uitstekende illustrasies en fotografie sowel as deeglik nagevorste feite deur kenners.
Field Guide to Fynbos Fauna
Hierdie bonkige, alles-in-een gids deur Cliff en Suretha Dorse beslaan 272 bladsy.
Die agterbladteks lui: “South Africa’s Fynbos Biome, which spans the country’s Western and Eastern Cape provinces, is one of the richest floras in the world. In addition to its spectacular botanical diversity, the region is also famous for its remarkable variety of fauna. Some species occur nowhere else – from the tiny Micro Frog to the brightly coloured Orange-breasted Sunbird and the large, strikingly marked Bontebok. This concise field guide – the first its kind – covers more than 400 species in four animal groups: mammals, birds, reptiles and frogs. The species accounts include key identification features and are paired with full-colour photographs and distribution maps. This guide encompasses popular tourist destinations such as the Cape Peninsula, the Kogelberg, the Cederberg, the Agulhas Plain, the West Coast and Baviaanskloof.”
Meer oor die skrywers: Bewaringsbioloë Clifford en Suretha Dorse is werksaam by die biodiversiteitsbestuurstak van die stad Kaapstad se omgewingsbestuursdepartement. Clifford lei die bewaringsdienste-eenheid en Suretha bestuur programme wat fokus op prioriteitspesies en varswater-ekologie.
Ericas of the fynbos
Hierdie kleurvolle gids deur John Manning en Nick Helme beslaan 184 bladsye.
Die persvrystelling lui: “Ericas come in an astonishing array of sizes, shapes and colours. Some 680 species, many of them found nowhere else, occur in the Cape Floristic Region – a centre of unparalleled diversity for the genus and home to one of the world’s richest floras. In Ericas of the Fynbos, 170 of the region’s most common varieties are described in detail, with key ID features highlighted for quick reference. In addition, there is information on distribution, flowering times, subspecies and similar species. Vivid full-colour photographs showcase the astonishing variety and beauty of the flowers. An informative introduction explores biology, pollination and distribution of fynbos ericas. Enriched by a lively design, this innovative guide will give all flower enthusiasts, gardeners and hikers, the confidence to accurately identify ericas in the wild.”
Meer oor die skrywers: John Manning is ’n internasionaal gerekende botanikus verbonde aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI). Hy is ook ’n skrywer, illustreerder en fotograaf. Nick Helme is ’n skrywer en konsultant aan die stuur van Nick Helme Botanical Surveys wat botaniese en ekologiese assesserings in Suid-Afrika en elders onderneem.
Kompetisie
Twee gelukkige KragDag-lesers kan elk een van hierdie gidse wen met die komplimente van Struik Nature. Sê in die kommentaarveld hieronder watter een van hierdie gidse sal jy graag wil wen. Sluitingsdatum 30 Junie 2024.
Ek sou die Field Guide to Fynbos Fauna wou he.
Oe dis ‘n moeilike een. Ek dink die Field Guide to Fynbos Fauna.
Hierdie pragtige boek – Field Guide to Fynbos Fauna – behoort ‘n wonderlike aanwins te wees
FIELD GUIDE TO FYNBOS FAUNA, dkie by
Ek verkies die Field Guide to Fynbos Fauna. Dit bevat alles wat ek graag wil weet oor die fauna in die streek.
Baie dankie.
Fynbos Fauna! Ek is nuut in die Wes Kaap en sal graag meer oor my omgewing wil leer.
Ek en my man is so lief vir die Kaapse natuur en sou so bly wees oor die Ericas of the fynbos boek.
Sulke unieke plante en struike. Kan nie sonder so ‘n Veldgids in daardie wêreld rondloop nie.
Want ek dink dit kan n waardevolle byvoeging wees tot my veld uitstap toerusting wees, asook n leersame boek kan wees.
ek sou graag die ;’field guide to fynbos fauna’ wou wen
Nuwe veldgidse oor fynbos
Ons het so tyd gelede ‘n stukkie grond in die Tuinroete aangekoop en beplan om binnekort soontoe te verhuis. Dit bestaan meesal uit natuurlike fynbos waarvan ons (as Transvalers) nog baie sal moet leer! ‘n Boek soos die Field Guide kan beslis baie handig te pas kom. (Albei boeke lyk egter na uitstekende leesstof).
Geluk, Francois. Jy wen ‘n kopie van Field Guide to Fynbos Fauna. Die kopie kan slegs na ’n adres in Suid-Afrika versend word. Ek kontak jou binnekort per e-pos.
Ek het reeds Struik se Field Guide to Fynbos (John Manning) en sal daarom graag die Field Guide to Fynbos Fauna ook wou besit omdat ek graag wil leer van al die diere wat in fynbos gebiede voorkom.
Sal baie graag die Field Guide to Fynbos Fauna wil wen.
Field Guide to Fynbos Fauna, asseblief.
Ek sal graag die“Ericas of the Fynbos” wil wen. Baie dankie.
Geluk, Marie. Jy wen ‘n kopie van Ericas of the Fynbos. Die kopie kan slegs na ’n adres in Suid-Afrika versend word. Ek kontak jou binnekort per e-pos.
Ek het reeds Struik se Field Guide to Fynbos (John Manning) en sal daarom graag die Field Guide to Fynbos ook wou besit omdat ek graag wil leer van die diere wat in fynbos gebiede voorkom.
Field Guide to Fynbos Fauna, asseblief.