Lesse van die mees innoverende mense in die wêreld
In hierdie nuwe era van sogenaamde “pop-up”-ondernemings, is innovasie die dryfkrag van baie nuwe superbesighede. Dink aan Uber, ‘n taxi-diens wat nie ‘n enkele taxi in sy naam het nie of Airbnb, ‘n eerste keuse vir toeriste-akkommodasie sonder om eintlik die kamers te besit. Elke dag is daar innoveerders wat nuwe maniere vind om buite die beperkinge van gewone besigheid te werk, wat sodoende hulle produktiwiteit verhoog en hulle eindresultaat verbeter.
Het jy dit wat nodig is om ‘n innoveerder te wees? Deur die volgende vyf vrae te beantwoord kan jy self uitvind:
Het jy geweet dat innovasie met ‘n vraag begin?
As jy sou nadink oor die laaste eeue se voorste besigheids-innoveerders, aan wie dink jy? Miskien Richard Branson, of Steve Jobs, dalk ook Mark Zuckerberg. Maak nie saak aan wie jy dink nie, hulle het almal gekom waar hulle is deur vrae te stel wat iemand anders nog nie gevra het nie. As dit tot nog toe nie jou gewoonte was om alles romdom jou die heeltyd te bevraagteken nie, het dit nou tyd geword om hierdie gewoonte, naamlik om nuuskierig te wees, aan te leer.
Is jy op hoogte mét, en betrokke bý die wêreld rondom jou?
Miskien sou Richard Branson se Virgin Cola dalk geslaag het in ‘n wêreld waar daar geen Coca-Cola was nie. Dr Annique Theron sou dalk nie Rooibos-tee in ‘n internasionaal erkende handelsmerk kon ontwikkel het as dit nie eers in Suid-Afrika ‘n unieke produk uniek was om mee te begin nie. Dit bewys dat jy met iets vorendag kan kom waaraan nog nooit voorheen gedink is nie… en wat oornag ‘n sensasie word … of dalk nie. Daar is geen slegte idees in terme van innovasie nie, net idees wat jy nou dadelik kan gebruik en idees wat nie nou lewensvatbaar is nie. Om hierdie verskil uit te ken, beteken dat jy in kontak moet wees met die wêreld rondom jou, maar … jy moet ook weet hoe om daardie kennis tot jou voordeel te benut.
Het jy al ooit van die klein woordjie “nee” gehoor?
Die veelsydige magnaat Howard Hughes was beroemd daarvoor om mense wie geen geloof in sy idees gehad het nie, absoluut te verras met sy sukses. Dit is die eerste teken van ‘n goeie innoveerder – iemand wat nie ‘nee’ vir ‘n antwoord neem nie. Dis omdat mense wie heeltyd “nee” sê, net so geneig kan wees om later “ja” te sê. Vee die woord “nee” onmiddelik uit jou woordeskat uit. Vervang dit eerder met vrae soos “hoe?” en “miskien later?”.
Omring jy jouself met grootheid?
Elon Musk is waarskynlik een van die mees “buite-die-boks”-besigheidspioniers van ons tyd. Baie mense vergeet egter dat, terwyl hy die regte vrae gevra het, hy ‘n hele span mense agter hom nodig gehad het om op sy idees te bou en maniere te ontwikkel om hulle ten uitvoer te bring. Moenie jou idees wegsteek nie, want as jy dit doen, is dit waar hulle sal bly.
Heg jy waarde aan mislukking?
Elon Musk se beroemde gesegde is: “As jy nie misluk nie, is jy nie besig om te innoveer nie.” Mislukking waarborg sekerlik nie toekomstige sukses nie, maar dit is dikwels die voorloper daarvan. Neem maar Donald Trump as voorbeeld: Ten spyte daarvan dat hy verskeie kere bankrot verklaar is, het Trump se naam sinoniem geraak met sukses – om nie eens van die frase, “jy is ontslaan” te praat nie! Die doel moet altyd wees om jou mislukkings te gebruik om die formule vir ‘n toekomstige triomf te vind. Soms kan dit, indien jy in die regte rigting gewys word, help om ‘n bietjie tyd op hierdie tog te spaar – iets waarmee besigheidsmentorskap jou beslis sal help.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.
Ek het ‘n hekel aan die woorde: “Dit sal nie werk nie.” As ons daardie 5 woorde net kon vervang met: “Dit sal werk as…” dan begin ons innoverend dink en oplossings soek. Ek vermoed die wêreld se bevolking se gemiddelde intelligensie is besig om te sak omdat daar te veel inligting beskikbaar is waartoe ons toegang kry sonder die nodigheid om te dink.
DIT gee die persoon wat nog kan dink ‘n geweldige groot voorsprong.