Selfstandigheid in ’n era van staatsafhanklikheid

Leviathan deur Thomas Hobbes

Tydens die era van die moderne territoriale state (dit wil sê die era van omstreeks die 1500’s tot en met vandag) woed dikwels ’n vyandskap van die state teen gemeenskappe in hul eie grondgebied. Gemeenskappe van allerlei soorte (volke, tale, lokale gemeenskappe, ensovoorts) staan ingevolge dié vyandskap in die pad van state se ambisie om hul wil op almal af te dwing. Anders as wat dikwels deur liberale woordvoerders voorgegee word, is dit daarom ook nie die individu wat die groot vyand van die moderne state is nie, maar eerder die gemeenskappe binne hul onderskeie grondgebiede.

Prof Danie Goosen het gedurende KragDag 2018 ’n voordrag in die Raadsaaltent gedoen en het seker vrae aan die orde gestel:

  1. Waarom moderne state dikwels ’n vyandskap teen gemeenskappe verklaar,
  2. hoe dié state daarin slaag om die gesag van gemeenskappe te ondermyn, en
  3. wat gemeenskappe kan doen om hulle teen die sentralistiese ambisies van state (ook die Suid-Afrikaanse staat) te beskerm.

In antwoord op genoemde vrae word by ’n belangrike tendens in die moderne state stilgestaan, naamlik om ’n strakke eenvormigheid op almal af te dwing. Tweedens word verwys na die ewe belangrike tendens in die moderne state om mense uit hul gemeenskapsverbande (gesinne, kulture, tale, godsdiens en natuur) te abstraheer. Volgens die oordeel van moderne state is ons as mense slegs losstaande individue. (In die Klassieke denke is ’n toestand waarin die mens ’n pure individuele bestaan voer, as ’n monsteragtige toestand beskryf. In die moderne liberale denke word dié toestand genormaliseer en as normatief aan almal voorgeskryf).

Laastens word die vraag gevra of daar alternatiewe politieke denke vir kultuurgemeenskappe bestaan wat hulle in staat stel om hulself van die greep van state te ontworstel. Die selfstandigheid van gemeenskappe staan in die hart van die antwoord.

Kyk gerus na hierdie belangrike aanbieding en beoordeel dan self waarom ‘n doen-jou-eie-ding instelling so krities belangrik vir ‘n selfstandige en selfversorgende gemeenskap is!

Addisioneel tot gemeenskapsamewerking bied tegnologie ook al meer uitkomste vir ons om uit die mag van die staats-Leviátan los te kom. Alhoewel die volgende twee artikels onderskeidelik in 2013 en 2014 geskryf is, en verskeie van die tegnologie daarin noureeds vir ons algemeen bekend is, verskaf dit tog ’n goeie prentjie oor hoe ons met behulp van tegnologie vry kan word van staatsbeheer:

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

3.50 avg. rating (76% score) - 2 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui