KragDag Albasterbaan 2019

Dis Augustus en weereens tyd vir KragDag! Augustus is daarom ook sinoniem met kreatiwiteit en probleemoplossing. Hierdie jaar gaan ons ook ‘n uitdaging aan ons kinders (5 – 16jaar) stel sodat hulle hul kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede kan ontwikkel.

Ons bou albasterbane

‘n Albasterbaan word deur die kind self gebou en na KragDag gebring vir amptelike en publieke  evaluering. Gekoopte albasterbane word nie toegelaat nie.

Kinders kan deelneem op 3 vlakke:

Leer nog, Probeer weer en Bemeester

Inskrywings kos R 30.

Die doel van jou albasterbaan is om uiteindelik die albaster in ‘n glasie te laat inval.

Die baan is twee-dimensioneel. Dit beteken dat die baan op ‘n platvlak gebou word.

Die baan se maksimum grootte is 600mm x 800mm.

Ons voorstel is dat die bane van soveel moontlik herwinde materiaal gebou word sodat die koste nie veel raak nie.

Daar is drie vlakke van beoordeling na aanleiding van die kind se vaardighede, enige ouderdom kan op enige vlak inskryf.

Vlak 1: Leer nog

Hierdie is vir die beginners, hul bou ‘n intree albasterbaan.

Die vereistes is:

  • Slegs skuisvlakke word gebruik.
  • Ten minste 4 draaie in die baan.
  • Slegs een albaster word gebruik om te begin en aan die einde in die glasie te val.

Vlak 2: Probeer weer

Hierdie bane word gebou deur die kinders wat al reeds verstaan hoe eenvoudige masjiene vir ons die werk makliker maak.

Die vereistes is:

  • Skuisvlakke, ‘n hefboom en ‘n wig word gebruik.
  • Ten minste 4 draaie in die baan.
  • Minimum van 1 hefboom en 1 wig.
  • Een of meer albasters kan in die baan gebruik word. Die albaster wat begin hoef nie die albaster te wees wat aan die einde in die glasie val nie.

Vir ‘n voorbeeld van ‘n hefboom kan jy na die volgende video op die Xperiland YouTube kanaal kyk:

Hierdie meegaande foto is ‘n voorbeeld van ‘n wig. Dit maak dat die albaster in een van twee rigtings kan beweeg.

Vlak 3: Bemeester

Hierdie bane word gebou deur die kinders wat hou van uitdagings.

Die vereistes is:

  • Skuisvlakke, ‘n hefboom, ‘n wig en ‘n katrol word gebruik.
  • Ten minste 4 draaie in die baan.
  • Minimum van 1 hefboom, 1 wig en 1 katrol.
  • Meer as een albaster moet in die baan gebruik word. Die albaster wat begin mag nie die albaster te wees wat aan die einde in die glasie val nie.

Hoe werk die beoordeling?

Elke deelnemer kry ‘n sertifikaat van deelname. Om te kwalifiseer word daar net gekyk of daar aan die minimum vereistes voldoen is op die vlak van inskrywing.

Die wenners word deur die publiek bepaal! Hoe werk dit?

Die publiek kry ‘n geleentheid om al die bane te toets.  Die persoon moet dan besluit watter baan het hom die meeste beïndruk. Op grond van die publiek se keuses word die wenners aangewys.

‘n Toets rondte kos R 10 per keer.

Logistiek

Die deelnemers gaan die baan op Donderdagoggend stalletjie toe bring en daar los tot Saterdag. Die publiek kan dan die baan beoordeel op Donderdag,  Vrydag en Saterdag. Die bane kan weer gehaal word op Saterdag. Die wenners word dan aangekondig op Saterdag!

Daar sal ‘n wenner in elke vlak wees.

Hoe maak jy om in te skryf?

Vul net die onderstaande vorm in en druk op Stuur In.

[Form id=”7″]

Kom wys jou staal, laat die publiek bepaal of jou albasterbaan die paal gaan haal!

info@xperiland.co.za

Besoek Xperiland se YouTube kanaal vir baie idees.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui