Die volgende eksperiment is VET pret!!!
Jy benodig slegs:
Ysblokkies, sout en ‘n stukkie wol of tou
Metode:
Plaas die wol oor die bokant van die ysblokkie.
Strooi ‘n bietjie sout daaroor.
Wag ‘n rukkie.
Probeer nou die wolletjie optel sodat die ysblokkie daaraan vasklou.
Wat gebeur?
Energie word altyd vrygestel of opgeneem wanneer daar ‘n faseverandering plaasvind.
Die sout verlaag die vriespunt van die water, dus smelt die ys daar waar die sout gestrooi word.
Na ‘n paar oomblikke vries die water weer en jy kan die ysblokkie aan die wolletjie optel!
WENK: Gebruik ‘n toutjie of wolletjie met baie vesels sodat die ysblokkie lekker kan vasklou.
Sout word gedurende die winter in lande waar dit baie sneeu op die paaie gestrooi.
Dit veroorsaak dat die sneeu smelt omdat dit die vriespunt van water verlaag.
Die paaie is dan minder glad en karre gly nie so maklik daarop nie.
Dink aan redes waarom sout op die paaie nie so ‘n goeie idee is nie!
4.00 avg. rating (83% score) - 2 votes