Xperiland eksperiment: Materie – vastestof, vloeistof en gas
Februarie 11, 2021
Ons kyk vandag na die drie fases wat vir ons baie bekend is:-
Om ‘n faseverandering te weeg te bring moet ons die materie verhit …
Begin by ys, verhit die ys en dit smelt en verander in water, verhit die water nog verder en dit begin kook en vorm waterdamp.
PLASMA – die vierde fase van materie
Plasma word gevorm onder geweldige hoë temperature. Atome sal dan òf elektrone verloor òf elektrone bykry. Dit veroorsaak dat plasma ander eienskappe vertoon as die ander drie fases van materie. Plasma is positief of negatief gelaaide ione vanweë elektrone wat verloor of bygevoeg is. ‘n Plasma kan elektrisiteit gelei.
Voorbeelde van mensgemaakte plasma is plasma TV-skerms, plasma-ligte en Neontekens.
Sterre maak 99% van al die materie in die heelal uit. Dus, 99% van alle materie is PLASMA! Weerlig is nog ‘n voorbeeld van plasma in die atmosfeer.
Stuur jou foto´s soos in die video genoem na xperiland@gmail.com.