
Xperiland eksperiment: Skoon hande?
Mei 20, 2021
Hierdie is ‘n lekker eksperiment vir bakterieë en swamme (fungi) …
Metode:
- Gee vir elke deelnemer 3 x ziplock sakkies. 5cm x 8cm
- Hul nommer dit, 1 – 3, en skryf hul name daarop. Spuit 1 ml water in elke sakkie sodat daar vog in die sakkie is.
- In die eerste sakkie het ‘n persoon, met handskoene aan, die stukkie brood gesny en ingesit.
- In die tweede sakkie vat slegs die deelnemer aan die brood (met ongewaste hande) en sit dit dan in die sakkie.
- Die broodjie in die derde sakkie vat almal aan.
- Die sakkies word toegerits (moenie die lug uitdruk nie) en op die deelnemer se papier vasgekram.
- Hul moet die sakkies in ‘n donker plek bêre. Iets soos hulle skooltas werk goed.
Resultaat:

Die ouers kan ‘n foto neem van hoe die broodjie lyk aan die begin en dan weer na ‘n paar dae wanneer die bakteieë en swamme gegroei het.
Resultate word dan met mekaar vergelyk.
Swamme en bakterieë kan ook onder ‘n vergrootglas bestudeer word.
Gevolgtrekkings en dink self:
Tot watter gevolgtrekkings kan gekom word met hierdie eksperiment?
- Waarom is dit nodig om hande te was nadat jy in kontak was met baie mense?
- Watter gevolge veroorsaak bakterieë en virusse by mense en diere?
- Het swamme, bakterieë en virusse net negatiewe gevolge?