Xperiland eksperiment: Vuurwerke in glas
April 19, 2021
Wat is digtheid?
Digtheid is die term wat gebruik word om te beskryf hoe naby die stof se deeltjies aanmekaar is.
Die mees algemene voorbeeld om dit skouspelagtig mee te demonstreer is olie en water.
Wanneer beide in ‘n glas geskink word, sal die olie op die water dryf. Die rede daarvoor is dat die deeltjies van die water nader aan mekaar gepak is terwyl die deeltjies van die olie weer ‘n bietjie verder van mekaar af is.
Wanneer ons olie en water meng en dit vir ‘n rukkie laat staan, gebeur die volgende:
Die olie versamel in ‘n lagie bo-op die water.
Meng ‘n paar druppels koekkleursel met die olie en jy sal die vuurwerke in die glas gewaar!