Xperiland Eksperiment: Polimere – ‘n ballon-sosatie

Dink aan ‘n paar eienskappe van ‘n ballon: Kleurvol, rek…baar en ‘n heerlike speelding!

Hierdie eienskappe is moontlik omdat ballonne van ‘n spesiale soort polimeer (plastiek) gemaak word. Die molekules van polimere is geweldig groot en lank.

Hiernaas is ‘n voorbeeld van so ‘n molekule.

Die samestelling van die molekule bepaal sy eienskappe.

Dink gou hoeveel verskillende tipes plastiek ken julle:

  • Plastieksakkies
  • Koeldrank bottels en die doppies
  • Balletjies wat kan hop
  • Ketels
  • Muurproppe
  • Deurskynende plastiek bv. Glase en vele meer   …………..

Kom ons wys jou hoe om ‘n stokkie deur ‘n ballon te druk.

  1. Blaas die ballon GROOT op.
  2. Neem ‘n sosatiestokkie en smeer ‘n bietjie vaseline op die punt daarvan.
  3. Druk nou die stokkie deur die ballon, soos aangedui.
  4. Jy druk die stokkie in waar daar nog ‘n bietjie rekbaarheid is en dus sal die ballon nie bars nie!!
  5. Probeer nou om die stokkie aan die anderkant uit te druk, dan het jy ‘n ballon-sosatie!

 

Hoe kan ons hierdie eienskap van polimere prakties aanwend? Laat weet ons wat julle dink in die kommentaarblok hieronder…

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui