Xperiland eksperiment: Nie-Newtoniaanse vloeistof

Stowwe wat soms ‘n vastestof en soms ‘n vloeistof is…

Teorie / Hipotese: Daar is stowwe wat by dieselfde temperatuur soms ‘n vloeistof en soms ‘n vastestof is…

Benodighede (Apparaat)

  • 1 Koppie Water
  • Groot Bak
  • 2 Koppies Mielieblom (Maizena)
  • Koekkleursel / Kakao / Vlapoeier

Wat moet jy doen ? (Metode)

  1. Gooi 2 koppies mielieblom in ‘n groot bak.
  2. Voeg die water stadig by en meng dit met jou hande. Wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie!
  3. As jy die mengsel klaar gemaak het, voeg ‘n bietjie koekkleursel by.
  4. Druk die mengsel in jou hand tot dit ‘n balletjie (vastestof) maak.
  5. Maak nou jou hand oop en kyk hoe dit terugkeer na ‘n vloeistof en van jou hand afloop.

Wat gebeur? (Waarneming)

Wanneer jy druk uitoefen op die mielieblom word dit ‘n vastestof, maar as die druk weg is verander dit na ‘n vloeistof. Geen temperatuur verhoging / verlaging laat die stof van fase verander.

Waarom gebeur dit? (Verklaring / Interpretasie)

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n nie-Newtoniaanse vloeistof wat nie presies doen wat ‘n mens verwag van die vloeistof nie. Hierdie wette is deur Isaac Newton omskryf. Die molekulêre struktuur verander as daar druk toegepas word.

Wat leer ons hier uit? (Gevolgtrekking)

Druk op die vloeistof verander die struktuur van die vloeistof en dit verander in ‘n vastestof. Viskositeit / vloeibaarheid speel ‘n belangrike rol hier. Geen temperatuur verandering is nodig vir ‘n faseverandering nie. Hierdie word in Engels ‘n oobleck genoem!

Daar is stowwe wat by dieselfde temperatuur soms ‘n vloeistof en soms ‘n vastestof is…

1.00 avg. rating (54% score) - 1 vote

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui