
Xperiland Eksperiment: Dansende springmielies – Op, af, styg en daal
September 16, 2020
Wat dink julle sal gebeur as ons springmieliepitte in ‘n glas water gooi??
Natuurlik, dit sal sink! Die rede hiervoor is dat die pitte swaar is.
Is daar ‘n manier om dit weer te laat styg??
Apparaat – Wat het ons nodig om hierdie eksperiment te doen?
- ‘n Glas met water in EN ‘n glas met deurskynende sodawater in.
- Springmieliepitte, probeer ook rosyntjies en lensies.
Metode – Wat doen ons nou?
- Vul die een glas met water en die ander met die sodawater.
- Gooi nou die springmieliepitte in albei en hou dop wat gebeur.
Waarneming – Wat gebeur?
In die glas met water sal die pitte sink.
In die glas met die sodawater sal die pitte op en af beweeg.
Interpretasie – Waarom gebeur dit?
Die gasborrels heg aan die pitjies vas en die springmieliepit begin styg. Sodra die gasborrels die oppervlak van die water bereik, dan bars die borrels en die pitjie sink weer na die bodem van die glas.
Nog ‘n soortgelyke eksperiment!
- Skink asyn in ‘n glas
- Gooi koeksoda by
- Sprinkel dadelik ‘n paar springmielie pitte waar die bruising plaasvind
- Die springmielies beweeg op en af!