Xperiland eksperiment: Bonsende eier

‘n Eier bestaan uit ‘n harde dop, die wit van die eier en die geel binne-in die eier.

Die dop van ‘n eier kan opgelos word in asyn. Plaas die eier vir twee dae in ‘n bakkie asyn en kyk hoe die dop oplos. Jy behoort ook klein borreltjies te sien, want die chemiese reaksie tussen die dop en die asyn produseer koolstofdioksied (CO2) as ‘n gas. Die membraan net binne die dop kan baie mooi gesien word wanneer die dop af is. Haal die eier uit die asyn en spoel af, hierdie eier is nou baie rubberig.

Die geel van die eier dien as hoof voedselbron vir die ontwikkelende kuiken.

 

 

 

 

 

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui