Watertipes en -gesondheid vir mens, plant en dier

Die inligting vervat in hierdie artikel is noodsaaklik vir almal wat oor hulle gesondheid ernstig is, vir boere, vir beleggers sowel as vir entepreneurs. Dit handel oor gesonde water vir mens, plant en dier. Daar heers groot onkunde ten opsigte van basiese gesondheid onder die algemene publiek. Gesondheidsinligting word dikwels van die publiek weerhou omdat verskeie instansies, wêreldwyd, sodoende sekere finansiële voordele kan verkry.

Ons as volksgroep kan ‘n verskil maak deur hande te vat met die loods van ‘n landswye inisiatief soortgelyk aan dit wat in Europa gebeur. Ek verwys na die Gesonde Water Projek in Parys, Frankryk, en ander Europese munisipaliteite waar daar oorgeskakel word van gechlorineerde drinkwater na natuurlike gestruktureerde alkaliese mineraalwater. Na meer as ‘n eeu se uitsluitlike gebruikmaking van kankervormende gechlorineerde drinkwater, “The penny is dropping at last”!

Hierdie artikel verduidelik kortliks die probleme van drinkwater, maar gee ook oplossings en bied geleenthede vir beleggers en entepreneurs, om betrokke te raak. Ook bied dit vir gewas-en-veeboere die geleentheid van verhoogde opbrengs met minder water, kunsmis en hormoonbehandeling soos reeds op ‘n kiboets in Israel bewys is. Die Russe gebruik hierdie soort water reeds vir baie jare, maar dit is steeds ietwat vreemd in die Westerse wêreld.

Die publiek en ook skole moet ingelig word waarom die sogenaamde skoon maar “honger/dooie” TO (tru-osmose gefiltreerde) -water vervang behoort te word met gesonde gestruktureerde mineraalwater. Dan praat ons nie eers van die mikro-plastiek, chemiese en biologiese besoedeling in ons kraanwater nie!

Die water wat ons drink

Mense het gewoond geraak om op sintetiese medisyne en aanvullings wat deur die farmaseutiese industrie aanbeveel word, staat te maak. Self egter, pas hulle meesal nie meer die basiese beginsels van gesondheid toe nie.

Mense dink byvoorbeeld dis gesond om skoon tru-osmose-gefiltreerde water te drink en dink nie aan al die nadelige gevolge van onvoldoende hidrasie, mineraaltekorte, langtermyn-osteoporose en die baie ander gevolge wat daardeur veroorsaak word nie. Sien die verslag van die WGO waarom die gebruik van TO-water nie aanbeveel word nie.

Almal is bewus van chemiese en biologiese besoedeling in kraanwater, maar almal weet nie van mikro-plastiekbesoedeling in beide kraan- en bottelwater nie. Hierdie besoedeling veroorsaak ernstige hormoonbalans-versteurings in mans, en onder sekere toestande selfs prostaat- en borskanker. Tot so hoog as 83% van gebottelde water in Gauteng het positief getoets vir mikro-plastiek!

Water se gesonde eienskappe word afgetakel

In die natuur word mens, plant en dier deur natuurlike gestruktureerde, alkaliese mineraalwater gesond gehou. Alle natuurlike water het ‘n mikrostruktuur waarvan die molekule-groepering (clusters) klein genoeg is om deur die selwand-openinge te beweeg ten einde die selle te hidreer. Wat in die water opgelos is, kom op die wyse die sel binne, waar groei en lewe plaasvind.

Tans drink ons “siek, mens-verwerkte water” waarvan die natuurlike struktuur deur mensgemaakte prosesse verander is. Hier word gedink aan die agressiewe behandeling met chemiese middels soos byvoorbeeld chloor, wat inderwaarheid oor die langtermyn ‘n kankervormende gifstof is. Voorts word ons water se struktuur verder afgetakel met voordurende en groterwordende “EMF” (Elektro-magnetiese frekwensie)-uitstralings afkomstig van mikrogolf oonde, Wi-Fi, satelliete, TV en selfone. Ultra-hoë frekwensieuitstraling van 5G-uitsendings, nou in Gauteng en Kaapstad, is ‘n verdere bron wat stremming op die kwaliteit van water plaas. Natúúrlik tas dit ook die waterryke breinselle en ook alle ander liggaamselle van mens, dier en plant aan.

Daar is ook nog ander faktore soos hoëdrukpompe en hoogspanningskraglyne wat verder bydra om natuurlike water se mikro-struktuur te verander na ‘n makro-struktuur wat tot gevolg het dat jou selle nie langer na behore kan hidreer nie. Omdat die watermolekule sy elektries-negatiewe lading verloor kan natuurlike ontgifting van die sel nie doeltreffend plaasvind nie – iets wat gebiedend noodsaaklik is vir jou gestel in hierdie tyd van ongesonde verwerkte kosse. In die volgende webwerf kan in ‘n video die effek van gestruktureerde mineraalwater op bloed gesien word asook meer breedvoerige besprekings en artikels oor die onderwerp.

Herstel die waterstruktuur

Dit is dus nodig om ons siek water na die reinigende, lewe- en -energiegewende element te herstruktureer wat dit vir elke lewende sel veronderstel is om te wees. Water moet dus herstel word na sy oorspronklike natuurlike struktuur of toestand – of te wel na sy 4de fase – iets wat nie in ‘n konvensionele laboratoriumontleding sigbaar is nie. Water se fases is: vloeistof, gas, vastestof en die mikro-molekulêre 4de fase.

Die waterstruktuur word herstel deur middel van ‘n kolk (vortex) en magnetisme – soos die natuur dit doen, terwyl 84 natuurlike minerale geïndoseer (infused) word. Die Russe is pioniers van water herstrukturering en het reeds groot welslae op mediese gebied behaal. In die Westerse wêreld word daar ook vordering gemaak. As voorbeeld verwys ek na die gebeure in Parys, Frankryk waar gestruktureerde mineraalwater nou by waterpunte regdeur die stad gratis aan hul mense verskaf word. Tans is 500 Europese stede besig met soortgelyke projekte. (Sien die dokumentêr op Netflix “Down To Earth”, deur Zac Efron, Frankryk)

Landbouaanwending

Soos vir die mens is selhidrasie ook nodig vir diere en plante. Ook hulle floreer met gestruktureerde water uit die natuur, of alternatiewelik wanneer beskadigte water (uit boorgate, en of ander pompe) herstel is deur middel van herstrukturering. Gestruktureerde water verhoog die oplosbaarheid van minerale en gevolglik die opname van plantsel-voedsel.

Professor Israel Lin van The Israel Institude of Technology het groot welslae behaal gedurende drie-jaarlange toetse by Kibbutz Gvat.

  • Gewasse het weliger gegroei en hoër opbrengs gelewer, met minder water en kunsmis
  • Die 85 beeste het een liter meer melk per dag gelewer en minder melklose dae gehad
  • Die beeste was gesonder en het meer gereeld gekalf (beter as Bovine groeihormone)
  • Die kalfies was skraler maar het swaarder geweeg
  • Die hoenders het meer eiers gelê, ens., ens., ens.

HIDROPLUS verskaf ‘Vorteks’ Waterkondisioneerders – vanaf huis- tot plaasgebruik, vir plante en diere. Dit word aan die leweringskant van die pomp aangebring en het prakties geen onderhoudskoste nie.

Waterkondisioneerders het die volgende voordele t.o.v. besproeing;

  • Dit verlaag oppervlakspanning. Die water is dus “natter” en tot 30% besproeingswater word bespaar
  • Die water se mikro-struktuur veroorsaak fyner druppels in sprinkelbesproeiing
  • Water word beter deur plante opgeneem, verhoed plantstres en lewer hoër opbrengs
  • Grond absorbeer die water beter en die loog-eienskappe van water word noemenswaardig verhoog
  • Wit sout-neerslag en blaar-brand word verhoed.
  • Dit verhoed skaalneerslag en roes in besproeiingstoerusting en bring ook elektriese besparing in waterverwarmers by die huis mee.

Die drinkwatermark in Suid Afrika

Die oorgrote meerderheid water wat in die bottelwater-hervullingsmark verkoop word is TO- water (na raming oor die 90%)

Die ironie is dat gesonde gestruktureerde mineraalwater, in grootmaat, tans verkoop teen ongeveer die helfte van die prys van dooie TO-water in meeste kettingwinkels – en tog koop verbruikers eerder hierdie dooie water weens onkunde. Om hierdie rede het die skrywer die afgelope 5 jaar, ná die nodige navorsing, verskeie inligtingsverslae hieroor saamgestel. Meer reklame is egter nodig om mense beter in te lig. Die positiewe tendens is dat mense wat blootgestel word aan dié water nooit weer die ander water wil gebruik nie.

Daar bestaan ‘n enorme mark wat net ontgin moet word. Ek is daarvan oortuig dat die tendens uit Europa met die nodige reklame ook na die RSA sal oorwaai. Mense word steeds meer gesondheidsbewus, terwyl ons watergehalte steeds ageruit gaan. Ons watersisteme is reeds só besoedel en aanlegte is só verwaarloos dat dit dekades sal neem om te herstel – en mense weet dit! Al wat nodig is, is om aan hulle ‘n alternatief te bied.

Alternatiewe voorsiening van gesonde drinkwater

Die volgende alternatiewe opsies vir die voorsiening van gestruktureerde mineraalwater aan die publiek, word in die vooruitsig gestel.

  1. Verskaf drinkwater in 20 liter veilige draagbare houers en lewer af – soos tans.Voordelig vir veiligheidskomplekse, skole, ens. – Gratis grootmaataflewering op jou voorstoep (soos melk in die ou dae)
  2. Installeer grootmaat veilige tenks (2 maande se voorraad) in jou motorhuis en pyp na opwasbak. Aflewering word gedoen per klein- tot mediumtenkwa. (geen handaanraking) Voordele – Gerieflik; Gesonde water vir kook; Watersekuriteit tydens krag en waterafsnydings (soms tot 10 dae). Kan goed werk by skole waar daar slegs ‘n paar waterpunte benodig word, en waar herbruikbare bottels die huidige wegdoenbare plastiekbottelbesoedeling kan vervang. Dit hou terselfdertyd noemenswaardige finansiële voordele vir die skool in – soos reeds bewys in ‘n studie model.
  3. Installeer TO-filtreer sisteme met die insluiting van mineraaldosering. Tans bestaan daar nie sodanige toerusting vir huisgebruik nie. Die skrywer, met sy agtergrond as munisipale en mynontwerp-raadgewende ingenieur en projekbestuurder, beplan tans sodanige ontwerp met potensiële uitvoer-moontlikhede, sowel as plaaslike montering.Die sisteem gebruik mineraal-konsentraat wat inhuis geproduseer kan word. Daarna kan dit ekonomies, regdeur die land, deur middel van koerierdienste verskeep word. Die produk is duur maar mineraalwater bevat slegs 0.1% konsentraat. Die gebruiker kan self ook sy eie “HEALTH” en “SPORT” water produseer met verhoogde minerale inhoud. Voordele vir die onderneming – Die hele land kan vanuit een sentrum bedien word, en die vervoer van water word uitgeskakel. Dit benodig dus nie waterwinkels regdeur die land nie. Voorts kan bestaande waterwinkels oorreed word om in te skakel, aan wie die konsentraat dan verkoop kan word.Voordeel vir die verbruiker – Gerief; geen meer gaan-water-haal nie; selfversorgend; gesondheid. Diegene wat nie die kapitale uitleg wil of kan bekostig nie kan opsie 1 hierbo gebruik.
  4. Installeer makro-aanlegte vir bestaande en nuwe veiligheidkomplekse, (ook klinieke, hospitale, ens.) waar inwoners hierdie water teen ‘n beter prys kan aankoop in die gerief van hul eie woongebied. Inwoners kan self gaan volmaak, en die sisteem sal outomaties die aankoopkoste voeg by diensgelde. Sodoende kan die kompleksontwikkelaars/-eienaars addisionele inkomste genereer. So ‘n fasiliteit sal baie byval vind by inwoners.

Gestruktureerde besproeiingswater vir boere

  • Installeer ‘n “Vorteks” -waterkondisioneerder vir besproeiing (ook drup-besproeiing) sowel as drinkwater vir vee en kleinvee. Dit word aan die leweringskant van die boorgat of ander pomp pomp geïnstalleer. Ons ingenieur sal behulpsaam wees met alle tegniese aangeleenthede. Ons sal ook die regte tipe filtreerder aanbeveel waar benodig.
  • Ons ondersoek tans die lewensvatbaarheid van nuwe tegnologie uit Amerika om besmette besproeiingswater (Hartebeespoortdam) te suiwer en terselfdertyd te struktureer – veral vir groenteboere wat gevaar loop om uitvoermarkte te verloor weens die besoedelde besproeiingswater. Dié versoek het van TLU SA gekom.

Franchise– en beleggingsgeleenthede

Kom gerus met ons in aanraking indien jy betrokke wil raak, hetsy as belegger, entepreneur of agentskap.

As belegger is dit noodsaaklik om die volgende tafel toe te bring;

  • Kapitaal
  • Bewese kennis en ondervinding van veral bemarking en bestuur.

As teenprestasie sal ons die volgende lewer:

  • Intelektuele waarde (IP).
  • ‘n Onderneming wat reeds 5 jaar bestaan met ‘n kliëntebasis en eersterangse handelsmerk.

Saamgestel deur: Pieter Botes van Hidroplus Water Wellness, Pretoria  www.hidroplus.co | info.hidroplus.co

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie. Voordat ‘n belegging gedoen word moet die voornemende belegger eers sy huiswerk deeglik doen en/of ‘n Finansiële Beplanner of Adviseur se advies hieroor inwin. – Redakteur

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

4 Comments

  • As fisikus met meer as 30 jaar ondervinding is daar ‘n hele aantal bewerings in hierdie artikel wat die wenkbroue laat lig. Die konsep van ‘gestruktureerde’ water is jare gelede reeds deur wetenskaplikes uitgewys as ‘n bemarkingsfoefie om oningeligte verbruikers te beinvloed. Verwysings na konsepte soos ‘elektries negatiewe lading van watermolekules’, die invloed van ‘EMF/uitstralings’ op ‘watergesonheid’, ‘kondisionering’ deur ‘n vorteks of magnetisme asook ‘n sg. ‘4de fase’ ens. het geen grondslag in die wetenskap nie. Die internasionale kankerorganisasie (IARC) het bevind dat daar onvoldoende bewyse is dat chloor in drinkwater kankervormend is. Terloops, die waterstelsel in Parys gebruik o.a. koolstoffilters en chlorinering (!) om drinkwater te behandel (en beslis nie ‘strukturering’ nie). Soos die redakteur tereg noem: doen eers jou huiswerk. Caveat Emptor.

  • Ek stem saam met Francois se goed-bewoorde kommentaar. Ek is ook ‘n gesoute ingenieur en uitvinder van nuwe tegnologie, én ‘n entrepreneur wat ook al 5 jaar in die drinkwater-bedryf is. My vrou is ‘n baie bekwame chemikus en verwerp ook die ‘gestruktureerde’ water idee as ‘n verkoops-foefie.

    Dis jammer as oorywerige besigheidsmanne op loop sit met hoorsê goed wat hulle nie verstaan nie. Caveat Emptor inderdaad.

    • Adriaan Swanepoel, het jy kontakbesonderhede, sal graag met jou wil gesels oor die bogenoemde artikel.
      Marissa

  • Hallo Marissa, jy kan my bel op (083)656-9028.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui