Waar lê die geldjies?

Om ‘n inkomste te verdien uit sonkrag is ‘n interessante konsep. Daar is talle maniere waarop hierdie tegnologie aangewend kan word om ‘n verdienste te kry.

Hierdie energiebelaaide aanbieding beloof om dinamies te wees en as jy ‘n Suid-Afrikaner is wat daarvan hou om die grense te verbreed en buite die boks te sien of te dink, gaan jy opgewonde wees nadat ons verskeie moontlikhede uitgepak het tydens die aanbieding

Hetsy dit dakverhuring is, rente op finansiering, ‘n winsmarge op produkte en dienste wat verkoop word of suiwer die lewering en verkoop van elektriese energie – die tegnologie is oop vir inisiatief. Suid-Afrikaners is immers daarvoor bekend dat hulle ‘n plan kan maak waar iemand anders nog net ‘n probleem sien!

Waar lê die meeste geldjies?

Die mark is ontsettend kompeterend. Alhoewel daar baie geleenthede is, het ‘n mens nodig om die mark en jou kliënt te verstaan. Wanneer ‘n kliënt se behoeftes aangespreek word, kan die marge aangepas word na gelang van die diens of produk wat gelewer word. In meeste gevalle is daar ‘n komponent van risiko wat bepaal in wie se guns die marge aangepas word. Dus het ons nou eers nodig om al die risiko’s te indentifiseer voordat ons veel verder kan gaan met daardie onderwerp. Ons sal tydens die aanbieding vinnig kyk na ‘n lys van risikos en een of twee praktiese voorbeelde gee ter verduideliking van die onderwerp.

Is daar geld in dienste?

Kom ons noem gou n paar dienste. Installasie, onderhoud en herstelwerk is seker die drie dienste wat eerste na vore kom. Ander dienste sou insluit om as konsultant op te tree vir ‘n kliënt, ontwerpe te doen, energie- en kraganalise uit te  voer, fout opsporing te doen asook om navorsing te doen vir die verskerings bedryf in terme van eise.

Is daar geld in produkverkope?

Daar kan geld in produkverkope wees, maar daar is baie verskuilde kostes en uitgawes wat niemand oor praat nie. Wat is die risiko’s? Hoe maak ek geld met produkte en watter produkte is die mees winsgewende? Vir elke projek en industrie gaan die antwoord moontlik anders wees op bogenoemde vraag. Spesialiteitsprodukte het gewoonlik ‘n premie. Wat is ‘n spesialiteitsproduk en hoe verkoop ek dit? Kom luister in en wen kennis.

Hoe maak ek geld sonder om dit te sien?

Dis ‘n vreemde vraag, want wie sal nou wil geld maak sonder om dit te sien? Enige persoon wat ‘n sonstelsel het wat besig is om krag te produseer is moontlik besig om te spaar. Maar die ironie is dat die geld nie in ‘n spaarbussie opeindig nie. Dus kan jy nie eintlik na 5 jaar die rekening oopmaak en die geld sien wat jy gespaar het nie. Dit is egter gespaar in die verminderde uitgawe van jou normale elektriese verbruiksrekening! Die besparing kan ‘n paar rand ‘n maand wees of selfs etlike duisende afhangend van hoe groot die sonstelsel is.

 Hoe verloor ek geld sonder om dit te sien?

Van al die manière waarop mens kan geld maak is dit waarskynlik ook die maklikste om dit te verloor. Dit is net so eenvoudig om dit te verloor sonder dat mens dit sien.

Aan die teenkant is dit moontlik vir ‘n sonstelsel om jou geld te kos, dus is jy moontlik besig om geld te verloor. Kom luister in en vind uit hoe ons dit bepaal .Jy kan dalk besig wees om geld te verloor sonder dat jy dit weet. Dit gaan opwindend wees, kom luister in, en praat saam.

Daar is soveel onderwerpe wat bespreek kan word rondom geld en sonkrag. Geld is immers tyd. Om die bespreking by te woon gaan jou tyd kos maar dit gaan gaan jou verseker geld spaar of jou leer hoe om geld te maak.

Kom luister gratis na Carel Ballack se aanbieding tydens Sakeliga KragDag op Saterdag 16 Oktober 2021 vanaf 14:00 tot 14:30 in die Raadsaal.

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote
Carel Ballack
  • Carel Ballack
  • Carel Ballack is al meer as 17 jaar betrokke in die Energie en Hernubare Energie sektor. Oorspronklik as entrepreneur en kleinsake-eienaar wat as vakman gekwalifiseer het vir die elektriese-, loodgieter- en gasdissiplines. Sedert 2010 is Carel betrokke by data-insameling, opleiding, verslagskrywing en verskeie programme wat gesentreer is rondom die ontwikkeling van die fotovoltaïese- en hernubare energie sektore, hoofsaaklik vir Suid-Afrika. Suksesse sluit in kontraktering vir sommige van die grootste wêreldwye hernubare energie organisasies om behulpsaam te wees met strategiese besigheidsontwikkeling in Afrika en die byhou van die mees omvattende databasis van sonkrag-installasies in Afrika deur 'n deurlopende navorsingsplatform as stigter van PQRS. Carel is tans 'n konsultant en verskaf inligting en data wat hulpverleningsorganisasies, Ondernemings Sonder Winsmotief, kommersiële entiteite en belanghebbendes help om strategieë oor besigheidsgroei vir die Hernubare Energie-sektor in SA en Afrika te ontwikkel met behulp van geverifieerde data. Carel was persoonlik betrokke by opleiding van meer as 2 000 kandidate in sonkrag verwante tegnologieë oor die afgelope sewe jaar en het 'n reputasie opgebou vir standaarde en kwaliteit vir beide die installering en ontwerp van verskeie sonkragtegnologieë. Deur hierdie inisiatiewe het hy 'n gehalteversekeringsprogram ontwikkel vir finansiële instellings, wat die risiko verbonde aan Hernubare Energie projekte vir die sonkragbedryf verminder, Enel, Energy Partners. Hy was in permanente of op kontrakbasis ook onder andere betrokke by die volgende instansies: Tesla, CDAA (Copper Development Association of Africa), SESSA (Sustainable Energy Accosiation of South Africa), ABB, die Departement van Energie, Energy Partners, Solareff, Wes-Kaap regering in samewerking met GreenCape en SABS (die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde).

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui