![](https://kragdag-gemeenskap.co.za/wp-content/uploads/2022/11/ezgif-4-f2b7207a52.jpg)
Vyf wenke om produktiwiteit te verhoog en die kwaliteit van kommunikasie te verbeter.
My vorige skrywe het gefokus op Patrick Lencioni se “The Five Disfunctions of a Team”. Ek is vol vertroue dat die vyf onderstaande maklike toepassings jou sal help om enige probleme wat mag opduik te hanteer en in die proses só die moraal, produktiwiteit en kommunikasie te bevorder.
Gee aan spanlede eienaarskap.
Alhoewel jy dalk ‘n betroubare en bewese metode het om dinge gedoen te kry, moet jy onthou dat almal anders is. Solank doelwitte bereik word, is dit gewoonlik onnodig om jou spanlede se produksiemetodes te mikrobestuur as hulle almal op hul eie voorkeurmanier werk. (Soos wat die ou omie gesê het: “Elke man soen sy vrou op sy eie manier…)
‘n Mens se gevoel van eienaarskap oor ‘n onderwerp of ‘n taak wat verrig moet word, is ‘n sleutelfaktor om ‘n opregte belangstelling daarin te ontwikkel. Deur aan mense spesifieke pligte te gee, gee jy aan hulle die vryheid om te besluit hoe om daardie pligte uit te voer. As gevolg hiervan is individue meer geneig om maksimum moeite met hulle werk te doen en ‘n gevoel van genoegdoening met hulle pogings te hê.
Skeduleer gereelde terugvoer-vergaderings en evalueer resultate
In die twaalf jaar wat ek besigheidsafrigting doen het ek telkens gesien wat die impak hiervan is en kan getuig van die effektiwiteit daarvan. Om gereelde vergaderings te hou, laat jou toe om jou span se opinies en voorstelle te hoor asook om konkrete maatstawwe vir hul sukses vas te stel.
Nuwe doelwitte moet akkuraat en ondubbelsinnig, gestel word en jy moet ook verduidelik hoe jy daarby uitgekom het. Dit kan ook krities om die werknemers by die proses in te sluit. (Verwys na paragraaf 1)
Nodeloos om te sê, jy kan weerstand van sekere spanlede verwag terwyl jy hierdie prosedure implementeer. Ongeag die posisie van ‘n wernemer, almal moet oor dieselfde kam geskeer word en op dieselfde manier aanspreeklik gehou word.
Hierdie vergaderings sal ook bepaal of spanlede bereid is om groter leierskapsrolle op te neem.
Gebruik jou sterkpunte
Selfs al het jy die mees talentvolle verkoopspersoon op die planeet – hulle uitset sal verminder as hulle begrawe word onder ‘n berg van administratiewe take wat hulle laat sidder en veroorsaak dat hulle nie so goed sal doen nie.
As dit die geval is, is dit dalk ‘n goeie idee om ‘n administratiewe assistent te huur om die mindere take te doen sodat jou verkoopspersoneel kan konsentreer op wat hulle die beste doen. As hulle goeie werk doen, kan jy hul werkslading verminder in die gebiede waar hulle die swakste vaar en hulle sal steeds geld inbring.
Skop jou skoene uit en geniet ‘n bietjie pret saam met mekaar
Dit is noodsaaklik om tyd opsy te sit om as ‘n groep te ontspan en sterker bande te smee. Gegewe die huidige stand van sake is dit moeiliker maar daar is steeds vir jou opsies beskikbaar op die internet. Byvoorbeeld, ‘n “werksdrankies”-byeenkoms kan steeds na-ure plaasvind via videokonferensie.
Wat die belangrikste is, is dat almal kan ontspan en oor enigiets anders as werk gesels. Sommige individue het dalk nie die ingebore kommunikasievaardighede om sake aan die lig te bring op so ‘n wyse dat verskillende persoonlikheidstipes dit verstaan nie, maar as personeel mekaar leer ken het, sal hulle ‘n beter gevoel kry van hoe die spanlede dink Dit sal die konflikpotensiaal verminder.
Om ‘n positiewe verbintenis met ‘n kollega te hê na ‘n lekker gesels en lag, maak dit makliker om met hulle oor probleme te praat sou dit voorkom. Onwilligheid en sensitiwiteit sal afneem.
Benut nuwe tegnologie
Besighede kan nou meer as ooit gebruik maak van ‘n magdom instrumente wat ontwerp is om werknemers se uitsette en doeltreffendheid te bevorder. Die primêre doelwit is om ‘n oplossing op te spoor wat nie net moeite verminder nie, maar ook duidelikheid en doeltreffendheid verbeter.
Toepassings vir die bestuur van take, soos Asana of Monday.com, bied die hele span toegang tot gedeelde insette oor die take wat gedoen moet word en moedig kommunikasie en samewerking aan.
Slack en Microsoft Teams bied ‘n platform vir die voer van beide toevallige geselsies tussen kollegas en meer formele vergaderings waar idees bespreek kan word. Diegene wat sukkel met openbare redevoering, kan by hierdie geleentheid baat vind om ondervinding op te doen en selfvertroue te bou.
‘n Paar ekstra wenke!
Prys!
Oor die algemeen lewer mense hul beste pogings wanneer hulle tevrede is. Een van die beste maniere om iemand se bui ‘n hupstoot te gee, is om hulle te wys hoeveel jy hulle koester en respekteer. Enige uitdrukking van dankbaarheid, hoe min ook al, word baie waardeer.
Totale eerlikheid
Kim Scott se boek, “Radical Candor,” handel oor die goeie manier om jou eie kommunikasiestyl te vind. ‘n Middeweg tussen opdringerigheid en om oor-empaties te wees word aanbeveel. Werknemers baat by beide lof en kritiek aangesien hulle aangemoedig word om hul prestasie te verbeter. Laasgenoemde lei tot verhoogde produktiwiteit.
Indien jy sommige van bogenoemde idees vir jou maatskappy sou aanvaar, hoe sou jy dit doen?
Kontak gerus Vidrick Ferguson by vidrick@fergusmor.co.za indien jy enige vrae het of meer inligting wil hê.