Boek Opsomming: “The Five Disfunctions of a Team” deur Patrick Lencioni
‘n Kliënt het onlangs ‘n vraag aan my gestel oor die doeltreffendheid van hulle span. Sommige spanlede, het hulle geglo, gee nie alles nie, en verkies om net water te trap.
‘n Verdere ondersoek in die werksplek het vele ander probleme aan die lig gebring. Dit het my laat dink aan Patrick Lencioni se uitstekende boek, “The Five Disfunctions of a Team”, waarin hy die paradigma rakende die verhoging van produktiwiteit bespreek. Patrick bespreek in detail en in dalende volgorde die belangrikste aspekte wat die potensiaal het om ‘n span se doeltreffendheid te ondermyn.
Ek deel graag met jou die hooftrekke van Patrick Lencioni se boek, “The Five Disfunctions of a Team”
Onvermoë om te vertrou
Wanneer daar nie genoeg vertroue in ‘n span is nie is individue huiwerig, uit vrees vir vergelding, om te erken wanneer hulle ‘n fout gemaak het. Dit is algemene kennis dat die KBVA (Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie) tot boordens toe gelaai is met sake.
Dit is ook moontlik dat werkers, uit vrees vir vergelding, nie sal instaan om mekaar by te staan nie. Individue moet leer om veilig te voel wanneer hul swakhede bloot gelê word. Dit is belangrik dat mense gemaklik genoeg voel om foute te maak, met die wete dat hulle met begrip ontvang sal word en dat hulle as ‘n span deur die kwessie sal kan werk en gevolglik daardeur sal kan groei.
Vrees vir konflik
Natuurlik sal die meeste individue konflik ten alle koste wil vermy, maar in ‘n span waar lede bang is om van mekaar te verskil, kan probleme onder die oppervlak lank voortduur sonder dat iemand dit agterkom. Die resultaat is dat eenheid voorgegee word. Dit lei tot ‘n valse span aangesien werknemers vermy om probleme te opper uit vrees om ander aanstoot te gee of in verleentheid te stel.
In die geval van ‘n krisis kan jy ‘n verskuiwing in werknemergedrag sien. Wanneer probleme nie opgelos word nie kan dit lei tot ‘n afname in moraal en produktiwiteit en dit kan gesien word in verhoogde afwesigheid, ‘n misbruik van siekte verlof en ‘n breuk in kommunikasie.
As besigheids-eienaar moet jy kanale (soos byvoorbeeld een-tot-een vergaderings) opstel waar mense gemaklik voel om hul bekommernisse te lug sonder slegte gevolge.
Gebrek aan toewyding
As daar geen meganismes bestaan om spanlede aan te moedig om ‘n gevoel van lojaliteit teenoor die maatskappy en mekaar te openbaar nie, sal bedrywighede nie vlot verloop nie, sal uitsette onder standaard wees, en sal niemand gereed wees om die ekstra myl te stap wanneer dit nodig is nie.
Spanne vertoon ‘n gebrek aan vertroue en produktiwiteit wanneer individuele lede nie belangstel in hul werk nie. Wanneer werk nie goed gedoen word nie, verloor die werkgewer vertroue in hulle werknemers en… dat take in die toekoms behoorlik gedoen sal word.
Kweek dus lojaliteit deur werkernemers ‘n aandeel te gee in die uitkomste wat hulle produseer en verseker só ‘n persoonlike belegging in die sukses van die maatskappy.
Versuim om verantwoordelikheid te neem
Dit gebeur dikwels wanneer spanlede nie glo dat die oplossing van probleme hulle verantwoordelikheid is nie. Dit manifesteer in ‘n algemene gebrek om verantwoordelikheid te neem. Hulle sal enige storie opmaak om te verduidelik wat gebeur het of nie gebeur het nie. Wie hulle blameer, en hoekom, is dalk aanduiding van ‘n dieperliggende probleem. Het werknemers redelike, goed gedefiniëerde en motiverende doelwitte. Weet werknemers hoekom hulle werk?
Onoplettendheid oor uitkomste
Indien jy ‘n werknemer opdrag gee om toesig te hou oor ‘n sekere afdeling van die maatskappy, sal hulle, tensy hulle die regte gemoedstoestand het, nie goeie werk kan verrig nie.
Dit is moontlik dat die persoon in beheer van verkope en bemarking baie fantastiese idees het, maar dat hy of sy blind is vir sleuteldatapunte soos die aantal leidrade, die gemiddelde koste per leidraad en die vereiste omskakelingskoers.
As jy meer wil leer oor die soort situasies wat jou span se doeltreffendheid kan benadeel, moet jy The Five Disfunctions of a Team deur Patrick Lencioni lees.
Hou die plasing in die volgende uitgawe dop wanneer ek van die maklike oplossings vir hierdie probleme sal bespreek.
Lewer gerus kommentaar op hierdie artikel. As daar enige bekommernisse is rakende jou span wat jy wil deel, sal ek dit graag daarvan wil hoor.
Kontak Vidrick Ferguson by vidrick@fergusmor.co.za