
Varswatervisse van Suidelike Afrika
KragDag-lesers wat lief is vir visvang en bewaring kan gerus nader skuif.
Paul Skelton, ‘n emiritus professor in igtiologie aan Rhodes-universiteit, is die skrywer van ‘n pragpublikasie getiteld Freshwater Fishes of Southern Africa wat pas deur Struik Nature gepubliseer is. Dit is voorheen gepubliseer as A Complete Guide to the Freshwater Fishes of Southern Africa.
Die boek beslaan ‘n allemintige 480 bladsye en behandel 366 visspesies wat in suidelike Afrika se riviere, mere en damme aangetref word. Die bygewerkte en uitgebreide derde uitgawe bevat die jongste inligting en nuwe foto’s, illustrasies en kaarte.
Die uitgewersbrief beskryf die boek só:
An in-depth introduction, supported by explanatory illustrations and photographs, covers:
- a short history of fish science in the region
- ecoregions in which species occur
- anatomy, biology and ecology
- human impacts on fishes
- conservation status
- new understanding of evolutionary relationships between fish groups.
The book also includes:
- detailed species accounts (size, diagnostic features, biology, ecology, conservation, and uses by humans)
- succinct descriptions of large taxonomic groups of fish, with global distribution charts.
Freshwater Fishes of Southern Africa is ’n onontbeerlike handboek vir vissers, studente, akademici en bewaarders. Dr. Angus Paterson, adjunk uitvoerende hoof van die Nasionale Navorsingstigting, skryf in die voorwoord: “Globally, freshwater habitats are under threat through water abstraction, pollution, alien invasive organisms and over-utilisation of their resources, e.g. fisheries. Southern African freshwater habitats are no exception, with the latest South African National Biodiversity Assessment indicating that freshwater fishes are one of the most threatened groups. The South African Institute for Aquatic Biodiversity (NRF-SAIAB) is one agency that is especially concerned with aquatic biodiversity and its sustainable use and conservation. As a foundation source of public knowledge of freshwater fish fauna in southern Africa, this book makes a substantial contribution towards ensuring the sustainable management of the region’s freshwater resources, which is why we proudly support the author and the products.”
Skelton, wat in Port Alfred woonagtig is, beskryf Freshwater Fishes of Southern Africa as die kulminasie van sy lewenslange professionele reis. Hy het sy loopbaan begin as kurator by die Albany Museum in Makhanda (Grahamstown). In 1984 het hy by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit (SAIAB) aangesluit, later direkteur geword en in 2011 afgetree. Hy het verskeie toekennings ontvang vir sy besonderse bydrae tot die veld.
Ek het Freshwater Fishes of South Africa gebruikersvriendelik, opvoedkundig en baie interessant gevind. Hoewel ek geen kenner van visse is nie, het ek my verkyk aan die pragtige foto’s en illustrasies en ook genot geput uit die lewendige wyse waarop die uitleg gedoen is. Dit het my genooi om daardeur te blaai en van die goed nagevorste feite op te slurp. Ek beveel die boek met groot vrymoedigheid aan.
Freshwater Fishes of Southern Africa is as gedrukte (ISBN: 9781775845317) en e-boek ISBN: (9781775845324) beskikbaar. Bestel jou gedrukte kopie hier.
Kompetisie
Een gelukkige KragDag-leser kan ‘n kopie van Freshwater Fishes of South Africa wen. Sê gerus in die kommentaarveld waarom jy die boek wil wen, en wie weet, dalk is jy die gelukkige wenner. Sluitingsdatum 30 April 2025.
EK HET GROOTGEWORD LANGS DIE DREEDE RIVIER, HET AS KIND DIE VOLGENDE VISSE GEVANG,, SPRINGERS,, VARS WATER HARDERS ,, BLEKBES ,, GROOT SKUB KARPE ,, BAARDMAN ,, PALINGS – BRUINES EN BONTES ,, KAAPSE NOOIENTJIES , BLUE GILLS ,, EN SEELT,, NOU DAT EK AFGETREE IS SAL EK BAIE GRAAG MEER WIL WEET VAN HIERDIE SPESIES WAT EK AS KIND GEVANG HET.
GRTE
PIETMAN
Hierdie boek lyk fantasties, Louise! Ek is ‘n kranige hengelaar wat dit geniet om verskillende spesies te teiken deur konvensionele hengel metodes – inheems en uitheemse soorte. Ek hou ook daarvan om die fyner besonderhede van vis spesies te ken, soos byvoorbeeld dat SA 9 verskillende geelvis spesies het waarvan 6 as “ware geelvis” spesies herken word. Ek glo dat hierdie boek my kennis sal verdiep! Dankie vir ‘n interessante artikel.
Veels geluk, Riaan. Jy wen ‘n kopie van Freshwater Fishes of South Africa. Ons sal met jou in kontak kom.
Ek het met my eerste “paycheck” van ‘n werk by ‘n kwekery op 13 jarige ouderdom vir my ‘n varswatervis boek gekoop en dit was amper heilig vir my. Ek onthou nou nog van die fotos. Met n onlangse trek het die boek verlore geraak. Ek het nou die dag weer aan die boek gedink want wou iets oor ‘n paling gelees het. Die internet is net nie dieselfde nie. Ek sal nou graag so boek met my kind wil deel en varswatervisse herontdek.
Wow, wat ‘n pragpublikasie, dankie vir jou bespreking daarvan, Louise.