
Syfers om self oor te dink…
April 16, 2020
Hierdie is wêreldstatistieke soos Worldometer dit weergee vanaf 1 Januarie 2020 tot 17 April 2020 – dus ‘n weergawe van die afgelope 3½ maande se statistieke. Sonder om ordegroottes te verander, is die getalle benader om die lees daarvan te vergemaklik. Party verander in elk geval so vinnig, veral die geboortes, dat dit onmoontlik is om almal presies op dieselfde moment weer te gee. Ons het dit in verskillende kleure vertoon om dit so ‘n bietjie interessant te maak en om sekere assosiasies te beklemtoon.


Die waardes word in stygende volgorde weergegee.
- 143 000 Sterftes agv seisoenale griep.
- 147 000 Covidsterftes.
- 248 000 Sterftes agv wateroordraagbare siektes.
- 288 000 Sterftes agv Malaria.
- 315 000 Selfmoorde.
- 397 000 Sterftes agv motorongelukke.
- 494 000 Sterftes agv HIV/VIGS.
- 735 000 Sterftes agv alkohol.
*************
- 1 500 000 Sterftes agv rook.
- 2 200 000 Covidgevalle.
- 2 200 000 Sterftes van kinders onder 5 jaar.
- 2 400 000 Sterftes agv kanker.
- 3 300 000 Sterftes agv honger.
- 3 900 000 Sterftes agv aansteeklike siektes.
*************
- 12 500 000 Aborsies.
- 17 000 000 Sterftes wêreldwyd.
- 24 000 000 Groei in wereldbevolking.
- 41 000 000 Geboortes.
- 42 000 000 Mense met HIV/VIGS.

*************
- 755 000 000 Mense met obesiteit.
- 802 000 000 Mense sonder toegang tot veilige drinkwater.
- 842 000 000 Ondervoede mense in die wereld.
*************
- 1 700 000 000 Oorgewig mense.
- 4 500 000 000 Internetgebruikers
- 7 778 000 000 Wêreldbevolking.
*************
- $ 20 000 000 000 Gespandeer aan gewigsverliesprogramme NET IN AMERIKA.
- $ 31 000 000 000 Gespandeer aan videospeletjies
- $ 62 000 000 000 Gespandeer aan vetsugverwante siektes NET IN AMERIKA.
*************
- $ 1 100 000 000 000 Gespandeer aan staatsopvoeding.
- $1 600 000 000 000 Sigarette gerook
- $ 1 600 000 000 000 Gespandeer aan openbare gesondheidsorg.
Opmerkings

- Sterftes a.g.v. Covid-19 is in dieselfde ordegrootte as sterftes a.g.v. seisoenale griep. Die twee sterftesyfers is die kleinste op ons lysie van doodsoorsake en gekombineerd maak hulle ongeveer 7,44% van die totale sterftes a.g.v. alle aansteeklike siektes uit.
- Beide Covid-19– en seisoenale griepsterftes is baie minder as sterftes a.g.v. wateroorgedraagde siektes soos cholera, wat geassosieer word met swak sosio-ekonomiese omstandighede.
- Gesamentlik veroorsaak Covid-19 en seisoenale griep omtrent dieselfde aantal sterftes as malaria, waarvan meer as 90% op die Afrikakontinent voorkom en wat meer as 60% van sterftes van kinders onder 5 jaar in hierdie area veroorsaak.
- Daar het ongeveer drie maal meer mense hierdie jaar aan HIV/VIGS gesterf as aan Covid-19.
- Rook veroorsaak omtrent 2 maal meer sterftes as alkohol. Rook- en drinkgewoontes gesamentlik, het ongeveer 15 keer meer sterftes as Covid-19 veroorsaak.
- Daar is 20 maal meer mense met HIV/VIGS as wat met Covid-19 gediagnoseer is.
- Die aantal aborsies wat gedoen is, is meer as al die sterftes a.g.v. aansteeklike siektes, honger, kanker, rook, alkohol en HIV/VIGS saam.
- Meer as 20% van mense is oorgewig terwyl meer as 3 miljoen van honger sterf. Daar is byna net soveel mense met obesiteit as wat daar ondervoede mense op aarde is. Dit beteken dat amper een derde van die mensdom wangevoed is – te min, te veel of verkeerd eet… en daar word bitter baie geld gespandeer – en gemaak – op siektes gekoppel aan oorgewig en aan gewigsverliesprogramme.
- Baie meer as die helfte van die wêreldbevolking is internetgebruikers!
- Videospeletjies… ?
Baie interessant en insiggewend!