
Sakemanne vind baat by Sakeliga
In KragDag se vorige nuusbrief is aangedui hoe Sakeliga hom beywer dom ‘n verskil in ekonomiese vryheid vir ‘n iedere een in die land te maak. Alhoewel dit reeds baie rede verskaf om ‘n amptelike ondersteuner van Sakeliga te word, bied Sakeliga addisionele voordele vir sakelui en entrepreneurs om hulle by te staan op hulle pad om vooruit te gaan.
By Sakeliga assosieer jy jou (en jou besigheid) met ‘n sakegemeenskap wat jou verstaan, vir jou omgee en wat hulle beywer vir jou vooruitgang. Sakeliga-lidmaatskap is ontwerp vir sakelui in die algemeen, maar spesifiek vir eienaars van klein- en mediumsakeondernemings wat al meer deur skadelike regeringsbeleide verdruk word.
Met meer as 12 500 lede, verseker Sakeliga se kollektiewe bedingingsmag dat jy nie uitgelewer is aan ekonomiese en politieke skommelinge nie. Die samehorigheid onder Sakeliga-besighede skep ‘n selfstandige sakegemeenskap wat voorspoed skep vir jou, jou afhanklikes en jou gemeenskap.
Sakeliga beding deurlopend gunstige samewerkingsooreenkomste wat besigheidsvoordele aan ons lede bied.
Bemarkingsvoordele
Sakeliga skep ‘n alternatiewe ekonomiese infrastruktuur waar sakelede met mekaar kan sake doen én groter blootstelling in die mark geniet. Sakeliga het strategiese ooreenkomste met sleutelmediavennote soos PretoriaFM en Maroela Media.
Sakeliga-lede stal ook teen afslagpryse uit by die Kragdag Ekspo, waarvan Sakeliga ook weer vanjaar die hoofborg is.
Arbeidsreg
Sakeliga het namens sy lede ‘n samewerkingsooreenkoms met die LWO Werkgewersorganisasie gesluit. As deel van die ooreenkoms ontvang Sakeliga-lede die volgende voordele by die LWO:
- ‘n Gratis eerste telefoniese arbeidsregkonsultasie.
- Afslag van 25% op die LWO se eenmalige aansluitingsfooi.
- ‘n Maatskappybesoek met opleiding oor wat van jou as werkgewer verwag word, arbeidsregdokumentasie en hulp om die dokumentasie te implementeer.
- Uitnodigings na gratis arbeidsregwerkswinkels.
Besigheidsafrigting
Sakeliga het 30%-afslag beding met Fergus Fergusson van Action Coach vir besigheidsafrigting. Sakeliga-lede kan inskryf vir individuele besigheidsafrigting of groepsafrigting.
Advies en regsvoordele teen onwettige grondbesettings
Onwettige grondbesettings is nie beperk tot landbougrond nie, maar vind dikwels juis in stedelike gebiede, insluitende sakegebiede, plaas. Sakeliga bied:
- Algemene telefoniese advies oor jou regte en verpligtinge wanneer ‘n besettingsprobleem op jou eiendom plaasvind of jou grond geteiken word vir onteiening.
- ‘n Onteienings hulpplatform, Grondgryp911. Indien ‘n besetting plaasvind bied Sakeliga se hulpplatform ‘n maklike aanlynmanier om al die nodige inligting bymekaar te kry wat ‘n prokureur kan benodig om advies te bied. Die inligting van die besetting kan direk deur die platform aan ons prokureurs wat hierdie sake hanteer gestuur word, sodat ‘n eerste konsultasie kan plaasvind. Besoek grondgryp911.co.za
- Sakeliga se lede wat R300 of meer per maand bydra kry 40%-afslag op afsettingsbevele. Die koste om ‘n afsettingsbevel te kry is baie hoog. Wanneer ‘n Sakeliga-lid deur Sakeliga se regspan ‘n afsettingsproses begin, kos dit die lid 40% minder.
Versekeringsprodukte
Virseker bied korttermyn- en besigheidsverskering aan Sakeliga-lede. Sakeliga ondersteun Virseker as versekeringsdiensverskaffer omdat ons ‘n teikenmark deel en ook gemeenskaplike opleidingsdoelwitte het – naamlik om behoeftige studente te help studeer. Sakeliga en Virseker ontwikkel tans ‘n unieke regsversekeringsproduk wat Sakeliga-lede wat afsettingsbevele moet bekom in die geval van onwettige grondbesettings se regskostes kan dek.
Internasionale sakenetwerke
Sakeliga heg hegte bande met handelsorganisasies in Nederland en Switzerland. Hierdie organisasies besoek Suid-Afrika van tyd tot tyd en sluit gunstige handelooreenkomste met Sakeliga-lede.
Netwerkvoordele
Die huidige sakeklimaat met al die inmenging en nadelige beleide van die regering, maak dit moeilik vir sakeondernemings om voort te bestaan. Sakeliga bied verskeie netwerkvoordele waardeur sy lede mekaar kan ondersteun op plaaslike en nasionale vlak. Dit vorm uiteindelik ‘n alternatiewe selfstandige sakeinfrastruktuur vir ons lede.
- ‘n Nasionale netwerkplatform word tans op die been gebring wat nie net saketransaksies tussen Sakeliga-lede gaan vergemaklik nie, maar ook blootstellingswaarde na ons lede se verbruikers en kliënte sal inhou.
- Sakeontbyte word gereeld gehou waar Sakeliga-lede na kundige sprekers kan luister terwyl hulle met mekaar netwerk.
- Prestige-netwerkgeleenthede word vir ligalede gehou wat meer as R1 000 per maand bydra.
- Sakeliga bied deur die loop van die jaar verskeie praktiese werkswinkels met plaaslike kenners en hoërvlak strategiese en beleidskonferensies met internasionale sprekers aan. Lede kry afslag en kan selfs van die geleenthede gratis bywoon.
- Plaaslike sakeligas vorm op dorp- en streeksvlak netwerke waar sakelui met mekaar kan sake doen. As plaaslike sakegemeenskap kan daar ook druk op plaaslike regerings gedoen word wanneer die plaaslike ekonomie benadeel word.
Voordele van affiliasie:
- Beter bevordering van plaaslike sakebelange
- Fasiliteer samewerking tussen verskillende plaaslike sakegemeenskappe oor soortgelyke behoeftes. Byvoorbeeld: om regskoste te bespaar wanneer Eskom dreig om ‘n dorp se krag weens munisipale skuld af te skakel.
- Ontwikkel sentrale ondersteuningstelsels vir maklike sakekamerbestuur. Byvoorbeeld: administrasie, ledebestuur en outomatiese invordering van ledegelde.
- Benut die voordele van die Sakeliga-handelsmerk om deelname en lidmaatskap in jou gemeenskap aan te moedig.
- Beter bevordering van oorkoepelende sakebelange
- Skep groter bedingingsmag vanweë die omvang van groter Sakeliga-gemeenskap. Byvoorbeeld om sterker te staan teen staatsinmenging soos onteiening sonder vergoeding
- Vergroot gesamentlike koopkrag. Byvoorbeeld om afslag vir strategiese produkte en dienste te bekom.
- Bevorder privaat ekonomiese infrastruktuur. Byvoorbeeld deur privaat elektrisiteitsopwekking aan te moedig of privaat geskilbeslegtingsfasiliteite te ontwikkel.
Bedingingsvoordele
Sakeliga tree op verskeie vlakke in belang van sy lede op:
- Politieke- en beleidsvlak: Sakeliga van die beste beleid- en regskenners gebruik om namens ons lede kommentaar te lewer oor die impak van wetgewing en beleide op die sakegemeenskap en die ekonomie.
- Regsaksie: Sakeliga pak groot hofsake in belang van sy lede. ‘n Tipiese voorbeeld is hofbevele teen Eskom om kragonderbrekings te verhoed weens munisipale wanbetalings. Sakegemeenskappe kan nie gestraf word vir wanpresterende munisipaliteite nie.
Sakeliga-lidmaatskap beloop ‘n minimum van R300 per maand om vir voordele te kwalifiseer, maar sakelui word aangemoedig om na hulle vermoë te gee sodat ons ons beursfonds en regsfonds kan versterk. Sakeliga is ‘n nie-winsgewende organisasie en befonds al hierdie projekte uit ons ledebydraes.
Klik HIER om ’n Ondersteuner of Lid te word!
KLIK HIER om die volledige Sakeliga inligtingsdokument te lees.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.