Die vyf veranderlikes vir winsoptimisering

Ten einde ‘n groter en meer winsgewende besigheid te bou, is daar vyf areas van bemarking en verkope waaraan ‘n besigheidseienaars aandag behoort te gee.

In die ActionCOACH geledere word daar alom na die “5 Ways” verwys en is die ervaring dat reuse resultate moontlik is, indien daar slegs geringe verandering (verbeteringe) in elk van die volgende areas aangebring word:

  1. Aantal leidrade en belangstellendes – hoeveel potensiële kliënte kan jy lok?
  2. Omskakelingsukses – hoeveel belangstellendes word omgeskakel na kliënte?
  3. Gemiddelde koste van verkope – hoeveel word daar aan elke aankoop gespandeer?
  4. Aantal transaksies – hoeveel keer per jaar doen kliënte aankope?
  5. Marges – kwantifiseer die bruto en netto marge wat jou besigheid behaal.

Hierdie eenvoudige dog doeltreffende stelsel om ‘n besigheid te evalueer in terme van bemarkings-en verkoopsdoeltreffendheid, stel die besigheidseienaar in staat om te meet waar hy/sy tans is, help om strategieë en taktieke van ActionCOACH bronne te kies – wat gehelp het om vir talle besighede wêreldwyd sukses te verseker.

Fergus is a bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO, voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vinnig bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics. In 1996 het behaal Fergus sy Meestersgraad in Bedryfsleiding (MBL) aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatsappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin. Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

Onderstaande aanbieding is deur Fergus Ferguson tydens Sakeliga KragDag 2018 in die Raadsaal gelewer.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui