Sakeliga maak ‘n verskil in ekonomiese vryheid

AfriSake is in 2011 deur vooraanstaande sakelui gestig en het vinnig gegroei tot die sterkste sakeregtewaghond in Suid-Afrika. AfriSake het in 2018 ‘n splinternuwe baadjie aangetrek en Sakeliga geword. Sakeliga het besef dat ons meer sal moet doen as veg. Ons moet ook bou. Sakeliga bou aan ‘n selfstandige sakegemeenskap waar sakelui mekaar kan ondersteun en meer effektief maak. ‘n Sakenetwerk is sterker as individuele sakeondernemings.

Sakeliga is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende gemeenskapsinstelling vir sakelui en ondersteuners van ‘n vrye ekonomie in die algemeen, maar klein- en mediumsakeondernemings in die besonder. Sakeliga het ‘n onafhanklike direksie wat bestaan uit senior sakelui uit bykans elke sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sakeliga werk graag saam met ander gemeenskapsinstellings oor sake van gemeenskaplike belang.

Sakeliga beywer hom vir die volgehoue sukses van die sakesektor, deur ‘n gunstige sakeomgewing te bevorder, sakelui teen skadelike inmenging te beskerm en te streef na ‘n voorspoedige ekonomiese netwerk. In kort, Sakeliga skep en beskerm die omgewing waarbinne die sakegemeenskap en die gemeenskap in die breë sake doen, gebaseer op ‘n vryemarkstelsel en op grond van ‘n sterk gemeenskapswaardestelsel.

By Sakeliga assosieer jy jou (en jou besigheid) met ‘n sakegemeenskap wat jou verstaan, vir jou omgee en wat hulle beywer vir jou vooruitgang. Met meer as 12 500 lede, verseker Sakeliga se kollektiewe bedingingsmag dat jy nie uitgelewer is aan ekonomiese en politieke skommelinge nie. Die samehorigheid onder Sakeliga-besighede skep ‘n selfstandige sakegemeenskap wat voorspoed skep vir jou, jou afhanklikes en jou gemeenskap.

Hoe kan mense betrokke raak by Sakeliga?

  • Word ‘n ondersteuner (minimumbedrag R100 per maand – onbeperk)
  • Word ‘n Sakelid (minimumbedrag R300 per maand – onbeperk) – meer hieroor in ’n afsonderlike artikel.

Klik  HIER om ’n Ondersteuner of Lid te word!

Lede en ondersteuners wat meer as R1 000 per maand bydra, word uitgenooi om deel te word van Sakeliga se liga-klub. Dit is mense wat graag op ‘n meer strategiese vlak met mekaar wil skakel.

Sakeliga-ondersteuners se bydraes word aangewend om:

  • studiehulp te verleen aan jongmense wat in besigheidsrigtings studeer (Sakeliga het in 2019 R300 000 toegeken aan Akademia-studente wat in besigheidsrigtings studeer)
  • projekte aan te pak teen Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) en ander vorme van staatsinmenging; (Sakeliga se span ontleders stel gereeld verslae en kommentaarstukke op wat tot in die parlement bespreek word)
  • hofsake te voer teen bv. Eskom, munisipaliteite en grondbesetters; (Sakeliga het ‘n interdik en kostebevel teen BLF bekom omdat hulle onwettige grondbesettings aanhits. Sakeliga het as vriend van die hof regsargumente gevoer wat uiteindelik tot die Resilient-saak uitspraak gelei het. Die uitspraak verklaar dat munisipaliteite en staatsinstellings bene van die staat is en as sulks enige geskille onderling moet uitsorteer. Die praktiese uitkoms is dat Eskom nie gemeenskappe se krag mag afsny weens munisipaliteite wat nie hul verpligtinge nakom nie.)
  • en tegnologieoplossings te ontwikkel wat dit vir sakelui makliker maak om met mekaar te netwerk en sake te doen.

Sakeliga ondersteuners kan op versoek ‘n artikel 18A-belastingsertifikaat ontvang en word genooi na al Sakeliga se funksies.

KLIK HIER om volledige Sakeliga inligtingsdokument te lees.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui