Ekonomiese Selfstandigheid in onseker tye – KragDag 2018 Raadsaal
Tydens die Sakeliga KragDag 2018 ekspo het die paneelbespreking oor ekonomie gehandel oor: “Ekonomiese Selfstandigheid in onseker tye”. Verskeie vrae aan die ekonomiepaneel is aan die orde gestel.
Is baie geld, rykdom en welvaart ‘n voorvereiste vir selfstandigheid? Hoe maak die entrepreneur sy onderneming staatsbestand en watter geleenthede bied dit? Hoe word selfstandigheid gesien en hoe word dit beïnvloed deur die bedreiging van onteiening van grond sonder vergoeding? Wat is die faktore wat onsekerheid veroorsaak? Wat kan die gewone man prakties doen in hierdie omstandighede?
Die deelnemers aan die paneelbespreking was:
- Dawie Roodt, stigterslid, direkteur en die hoofekonoom van die Efficient Groep.
- Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU-SA
- Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga
Die bespreking begin waar elke deelnemer ‘n inleiding gee oor sý perspektief rakende die gestelde onderwerp. Die volledige paneelbespreking kan hieronder besigtig word.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.