Sakeliga KragDag 2018 kry sy eie “e-munt”!

Gaan jy saam geskiedenis maak?

KragDag gaan vanjaar geskiedenis maak deurdat besoekers die geleentheid gaan kry om by die ekspo besigheid te doen deur gebruik te maak van kriptografiese blokstring tegnologie. Al sou niks anders jou by KragDag aanstaan nie, wat natuurlik feitlik onmoontlik is, dan is die meedoen aan hierdie tegnologiese baanbreek werk, reeds genoeg rede om nie hierdie jaar se ekspo te mis nie. Dit sal ’n geskiedkundige eerste keer in die land wees dat ’n elektroniese koepon as betaalmiddel gebruik word by ’n ekspo of fees soos hierdie. Die naam van hierdie koepon is die kLiber (“k” vir kripto en “Liber” vir vry) – dus ’n vryheidsmunt vir KragDag.

Al wat jy nodig het, is ’n slimfoon, tablet of rekenaar (en toegang tot jou e-pos net om jou beursie aan die gang te kry).

Jy mag dalk dink “Wat het ’n kriptografiese of blokstring geld te doen met alternatiewe energie of ’n selfstandige lewenstyl?”, maar hoe ons handel dryf is waarskynlik een van die mees wesenlik aspekte wat ’n invloed op ons selfstandigheid kan hê. Weens vertroue-gapings tussen twee partye, is ons samelewing deurspek met derdeparty instansies en middelmanne wat hierdie vertroue-gaping vir ons oorbrug. Ons dink hier aan entiteite soos banke, ouditfirmas, prokureurs, die staat ens. Hulle tussenbei trede is gewoonlik duur, maar word dikwels gesien as ‘n noodsaaklike euwel (party maal is dit meer euwel as noodsaaklik). Blokstringtegnologie het egter die potensiaal om verskeie vertroue-gapings te oorbrug, met rewolusionêre implikasie vir bogenoemde instansies en wat in baie gevalle selfs hulle bestaansreg in gedrang kan bring. Vir regerings gaan dit boonop hulle bron van belasting en beheer oor mense se lewens ook afwater. In hierdie opsig is dit dus duidelik dat tegnologie soos hierdie ‘n wesenlike rol in ‘n selfstandigheidspogings kan speel.

Terug by die kLiber. Dit is nie ‘n geldeenheid nie, maar ‘n koepon waarvan die waarde van elke kLiber gelyk is aan R1,00. Die kLiber projek is tans egter slegs ’n eksperiment en toetslopie vir die duur van die ekspo. Alhoewel besoekers steeds ook van tradisionele betaalmiddels gebruik kan maak by die ekspo, kan elkeen wat wil aan hierdie avontuurlikheid meedoen. Alhoewel die tegnologie al wesenlik getoets is, mag daar nog foutjies hier en daar uitkom, maar dit is juis die bedoeling om die ekspo as toetsplatform te gebruik. Daar is dus nog matige risiko verbode aan transaksies, waarvan deelnemers bewus moet wees. Besoekers en uitstallers kan egter hulle kLibers enige tyd weer terugruil vir rande.

Om meer uit te vind gaan na www.kLiber.co.za.

In kort werk kLiber transaksies so: Ek laai ’n beursie toepassing op my selfoon af en gebruik my foon dan om met ander handel te dryf asof ek met kontant uit my leerbeursie betaal.
Om kLibers vir transaksies te gebruik is:

  • Privaat en vertroulik – daar is geen derde party wat oor jou skouers loer of van wie jy afhanklik is vir die transaksie om deur te gaan nie.
  • Maklik – ek hou net my foon oor die persoon by wie ek wil koop se foon om sy QR kode te skandeer, vul die bedrag in en stuur.
  • Onmiddellik, finaal en veilig – dit is net so vinnig as ‘n kontanttransaksie, is onomkeerbaar en in vele opsigte veiliger.
  • Bruikbaar op enige slimfoon / tablet / rekenaar.
  • Gratis – ten minste tydens die KragDag ekspo sal daar letterlik geen transaksiekoste wees nie, selfs al koop ek net een pannekoek daarmee. Vir hierdie rede kan mens sommer die kLiber “’’n Geld”-sonder-brieke!” noem, want daar is geen transaksiekoste wat jou rem om met jou kLibers te speel deur hulle heen weer na nou vriende oor te plaas nie – stel jou voor as jy dit met ‘n bankkaart probeer doen het.

Ons wil mense wat die KragDag ekspo gaan bywoon, aanmoedig om vooraf (met ander woorde vandag nog) hulle beursie op te stel, omdat jy nodig het om ‘n e-pos te ontvang om jou e-posadres en foon te verifieer, voordat jy jou beursie kan begin gebruik in transaksies. (Die kry van ’n beursie is gratis en die opstel instruksies is beskikbaar by www.kliber.co.za.)

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui