Die koöperasie as besigheidsmodel

Paaie gaan meestal, die 9de, 10de en 11de Augustus, lei na die Diamantvallei-plaas! Kragdag is altyd gróót en nog boonop lekker ook. Die koöperasie beweging, as pioneers van die “Deel-Ekonomie” het vier stalletjies en die tema behels die Voedselkoöperasie; die Lewensruimte-koöperasie; die Telekommunikasie-koöperasie en die Gemeenskapkrag-koöperasie. Verdermeer bevorder dit ook die Mediese-koöperasie, die Sekuriteitskoöperasie en die Vermaaklikheidskoöperasie. Ons vertrou dat hierdie stalletjies fluks besoek sal word en vertrou dat daar groot belangstelling sal wees in die konsep wat ons voorstaan. Hoe dan anders ook? Dit werk wêreldwyd! Hoekom sal dit nie hier werk nie?

Voedsel is ‘n probleem in Suid Afrika en daar is nie genoeg vir almal nie! Die koöperasie strewe daarna om voedselvoorsiening te bevorder en dit selfonderhoudend en bekostigbaar te maak in die RSA. Die Koöperasie groei fluks en baie lede bedank ons vir wat reeds gedoen is. Ons glo en vertrou dat dié van u wat nog nie finaal besluit het om aan te sluit nie, dit nou sal doen. Besoek gerus ons webtuiste by  www.ptavoedsel.co.za vir die inskryfvorms of stuur aan ons ‘n vonkpos en ons sal u kontak.

Die Lewensruimte-koöperasie is ‘n baie unieke benadering vir Suid Africa. Ons stel u bekend aan die beter en meer bruikbare manier van ruimtelike gebruik. Genoeg om te sê dat in ons wêreld vandag daar baie “dinge” is waarvan die gebruik onderbenut is. Hierdie koöperasie leer u hoe om ruimte en toerusting meer bruikbaar te maak vir u en die gemeenskap. Ons beskou die model as ‘n voorskou wat ons will herhaal in al die gemeenskappe en daardeur ‘n oplossing bied vir al die uitdagings wat ons land nou tref.

Die Telekomunikasie-koöperasie bied ‘n unieke manier van gesprek, onderhandelings en transaksies oor die wêreld. Wat eg is by ons is ons eie netwerk en dit sluit die manier van mobiele “bank”, oor die geld spektrum asook die krypto-sfeer, in. Baie meer kan gesê word oor sekuriteit (baie spesiaal by ons!) asook geleenthede vir opvoeding en ‘n besondere reikwydte.
Hierdie vermoë, saam met al die ander tipe koöperasies, bied die lede (asook diegene nou verbonde aan die beweging) ‘n potensiaal met verrykende gevolge en skep ‘n fatsoen van optimisme en geleenthede.

Die Gemeenskapkrag-koöperasie fokus op alternatiewe energie wat in geheel deur die koöperasie onderneem word. Die metodes, die kennis en vakmanskap asook die verskaffing van uitrusting is in ons midde en hoef ons geen buitestanders of middelmanne te gebruik nie. Dit is heeltemal selfonderhoudend. Ons benadering is ook om mense te help wat graag wil omskakel en sluit ook mense in wat nie aan die koöperasie behoort nie. Binne hierdie omgewing het ons ook ‘n noodwateroplossing aangesien as daar geen krag is nie, is daar ook nie water nie!

Ons wil een en almal reeds by voorbaat bedank vir u belangstelling en die geselsies gedurende die Kragdag tentoonstelling. Daar is werklik ‘n geleentheid om hierdie konsep uit te brei na so baie gebiede. Tans is ons hoofsaaklik bedrywig in Gauteng maar dit kan baie maklik uitgebrei word oor die hele land en selfs oor die grense.

Die van u wat mense ken wat dalk graag wil luister na maniere om ons gemeenskapsprobleme die hoof te bied kan gerus met Ferdie Roodt of Danny Van Boxel skakel. Hulle nommers is hier onderaan. Hierdie manne het baie ondervinding in die koöperasiewese, ken die slaggate en kan van groot hulp wees.

Koöperasies is wêreldwyd bekend as organisasies wat uitstekend funksioneer ten tye van krisis en nood. Die krag daarvan lê in samewerking en die deel van skaars en duur hulpbronne. Dit skep werk, voedselsekuriteit, mobiliteit, energie en genotvolle lewensruimtes.

Stel gerus u familie en vriende bekend aan hierdie konsep.

Die “Ons-Deel” Ko-op span.

E-pos: admin@bronbergcommunity.co.za
daniel@bronbergcommunity.co.za
Danny Van Boxel (alle areas): 082 581 2145
Ferdi Roodt (alle areas): 072 601 5532

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Danny van Boxel
  • Danny van Boxel

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui