
Sake-eienaars moet die waarde van vakleerlinge besef
Soos enige werkgewer of Menslike Hulpbronne-praktisyn sal weet, is duur opleiding en indrukwekkende sertifikate nie altyd ‘n betroubare aanduiding dat jou kandidaat beskik oor wat nodig is om die werk te verrig waarvoor jy hulle aanstel nie. Alhoewel opleiding noodsaaklik is, word meer en meer sake-eienaars bewus van die waarde van vakleerlingskappe terwyl hulle hul volgende generasie ster-werkers oplei en bou.
Baie sake-eienaars, miskien geregverdig, beskou vakleerlingskappe met ‘n sekere mate van agterdog. Indien vakleerlingprogramme vir die verkeerde redes gebruik, of verkeerd bestuur word, kan dit inderdaad ‘n dreinerende gevolg hê op maatskappyhulpbronne, met min voordele om daarvoor te wys. In die Suid-Afrikaanse konteks sien ons baie maatskappye wat regeringsgeborgde vakleerlingskappe stig. Ongelukkig gebruik baie net hul programme as ‘n manier om goedkoop of gratis arbeid te verkry, met geen idee van hoe voordelig vakleerlingskappe wedersyds kan wees indien dit reg aangewend word nie.
Vakleerlinge is nie goedkoop arbeid nie. Trouens, in vergelyking met ervare vakmanne, kan hulle beduidend dreinerend wees op ‘n maatskappy se hulpbronne. Die implementering van ‘n leerlingskapprogram sal dus heelwat meer werk vir jou en jou span behels, nie minder nie. Die voordeel hier, is dat indien alles volgens plan verloop, jy ‘n algemene hulpbron na ‘n seldsame hulpbron toe opbou.
Hier volg maniere waarop ‘n leerlingskapsprogram geïmplementeer kan word om jou besigheid te laat herleef:
Verskaffing van ‘n geskoolde (opgeleide) werksmag vir die toekoms
Vakleerlingskappe help om te verseker dat nuwe aanstellings presies die vaardighede ontwikkel wat hulle nodig het om suksesvol by die organisasie aan te sluit. Die besigheid kan op langtermyn slegs hierby baat vind. Bestuurders kan verseker dat die vaardighede wat ontwikkel word, presies dit is wat die maatskappy in die toekoms sal benodig – dit sal enige leemtes vul, en sal die besigheid toelaat om toekomstige leiers van binne die maatskappy te voorsien.
Verhoogde personeel lojaliteit en behoud
Werknemers wat intern opgelei word, is geneig om meer gemotiveerd te wees, en is toegewyd aan hul rol van ondersteuning aan die maatskappy en sy doelwitte. Vakleerlingskappe moedig werknemers aan om langer by die maatskappy te bly, aangesien dit bewys dat die werkgewers bereid is om in hul nuwe werknemers te belê, en ook bereid is om hulle te behandel soos ‘n gewaardeerde en integrale deel van die werksmag.
Meer doeltreffende werwing
Vakleerlingskappe kan die doeltreffendheid van jou menslike hulpbronpogings revolusioneer – tyd en geld word nie vermors op ‘n werwingsproses nie, en dit verminder ook die noodsaaklikheid om werknemers op ‘n gereelde basis te vervang. Vakleerlingskappe is ‘n goeie manier om die talent van jou maatskappy se toekomstige leiers te laat groei en ook om die water in ‘n veilige, geïsoleerde omgewing te toets. Jy kry ook die geleentheid om toesig te hou en die talent te ontwikkel terwyl dit groei. Om ‘n vakleerling te hê, is ook ‘n goeie versekeringspolis vir ingeval een van jou spanlede skielik weggaan, omdat hulle dan ‘n opgeleide plaasvervanger agterlaat wat die leisels kan help opneem.
Bevryding van bestaande personeel se tyd
Namate u besigheid groei, sal u span waarskynlik vind dat hul tyd opgeneem word deur kleiner take wat geneig is om hul hoof werksverantwoordelikhede negatief te beïnvloed. Deur hierdie take aan vakleerlinge te delegeer, bied nie net die interaktiewe opgradering wat hulle verwag nie, maar dit maak ook meer tyd aan die ander werknemers beskikbaar om meer produktief te wees wanneer hulle aandag minder afgelei word.
‘n Vars briesie
Om nuwe jongmense aan boord te bring, veroorsaak dikwels ‘n vars, nuwe benadering en ‘n hernieude positiewe houding in die werkplek, wat kan lei tot die verbetering van werkplekmoraal en ‘n versterkte spaneenheid. Vakleerlinge inspireer bestaande personeellede om gewillig te wees om te help met hul opleiding, asook om daarop te fokus om hul eie vaardighede te verbeter. Vakleerlinge uit ‘n verskeidenheid agtergronde en met verskillende opvoedkundige ervaring gee jou ook vars insig en onkonvensionele idees wat verandering en vernuwing in jou sakebedrywighede aanmoedig.
Maatskappye wat dit oorweeg om vakleerlinge te neem moet dit nie sonder deeglike beplanning doen nie, en moet ook bereid wees om toesig te hou oor elke aspek van die vakleerlinge se vordering. Dit is noodsaaklik om helderheid te hê oor jou verwagtinge, sowel as oor hulle s’n, en om hulle ‘n welkome deel van jou span te maak. Met leiding, aanmoediging en goeie kommunikasie, kan jy dalk ‘n paar verborge juwele vind onder jou nuwe aanstellings, wie uiteindelik hulself in die toekoms as jou ster-werkers kan bewys.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.
paar jaar gelede was die gemiddelde ouderdom van ‘n vakman 55jr. Wat is dit nou al?