Ontmoet Annandé Lathleiff, ’n skoonheidsterapeut
Entrepreneur Annandé Lathleiff, ’n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut wat haar eie salon bedryf en ook haar eie produkte ontwikkel en verkoop, woon in Potchefstoom saam met haar man en twee seuns. Dit is haar passie om vroue se natuurlike skoonheid te vier en om hulle te help om op hul heel beste te lyk.
Dienste
Die skoonheidsalon, AvL Beauty Precision, bestaan al sedert 2016 en groei van krag tot krag. Die dienste wat sy aanbied is baie gewild en sluit onder meer permanente grimering, “microblading & shading”, gelaatsbehandelings, verslankingbehandelings, wimperverlengings, permanente haarverwyderings met behulp van laser, spataarverwydering, tatoeverwydering, wakse en meer in. Daar is ook ’n sonbed wat kliënte graag gebruik. Kliënte reis selfs van ander provinsies om skoonheidsbehandelings by Annandé te ontvang.
Annandé is lief vir mense en geniet dus persoonlike interaksie met haar kliënte. Sy deel graag in hulle persoonlike hoogtepunte en teleurstellings, want sy glo dit bou die vertrouingsverhouding tussen kliënt en terapeut. Hoewel dit ’n professionele verhouding bly, is dit tog lekker om ’n band te vorm, want dit maak juis dat elke kliënt haar na aan die hart lê, en sy neem elkeen se behoeftes en voorkeure in ag. Dit help ook dat sy presies weet watter eindresultaat die kliënt verlang wanneer hulle kom vir ’n spesifieke skoonheidsbehandeling.
Die produkreeks AvL – Naturally Beautiful
Sy het ’n kop vir besigheid en haar produkreeks, AvL – Naturally Beautiful, is baie gewild. Om te verseker dat elke produk van hoogstaande gehalte is en geen nadelige of skadelike stowwe bevat nie, werk sy nou saam met ’n biochemikus. Die reeks bied haar die geleentheid om in die unieke behoeftes van haar kliënte te voorsien. Sy het die gaping in die mark raakgesien toe sy in 2018 met ’n verslankingbehandeling (in die vorm van ’n bekostigbare produk met uitmuntende resultate) begin het. Haar bekostigbare produkte bestaan tans uit drie produkte met die name Skin Tightening & Rejuvenating Cream, Fight Cellulite en UltraSun.[1]
Die Skin Tightening & Rejuvenating Cream is uit natuurlike bestanddele geformuleer en bevat Q10 en Retinol A. Die room werk nie net op die oppervlakte van die vel nie, maar is spesifiek ontwikkel sodat die fyn molekulêre struktuur die vel lekker diep kan penetreer. Dit werk dus van binne af op beskadige weefsel, rekmerke, los vel en pigmentasievlekke en lewer fantastiese resultate. Die uitstekende sellulietroom, Fight Cellulite, laat die vel sysag en gladder vertoon. UltraSun moedig weer ’n gesonde songlans op die vel aan.
Skoonheidspraatjie: Vier jouself!
Annandé sien daagliks die druk waaronder vroue verkeer om “perfek” te wees. “As ek maar net sulke bene, hare, vel en oë soos die of daai skoonheid gehad het, sou ek meer só gewees of só gevoel het.” En tog voel daardie einste vrou wat ander begeer om te wees self nie mooi, maer en goed genoeg nie.
Uiterlike skoonheid begin in jou hart, sê sy. Maar jy mag en móét jouself liefhê en goed versorg, want jy is kosbaar, uniek en verdien die bederf. Om ouer te word is deel van die lewe – dit gebeur met ons almal. Die geheim is om elegant ouer te word. Omarm elke seisoen van jou lewe en geniet dit om vrou te wees. Aanvaar jouself en wees gemaklik in jou eie vel. Daar is ’n onvergeetlike sjarme aan ’n vrou wat die proses van ouerword omhels en ’n voorbeeld stel in hoe sy voluit leef. Sit lipstiffie aan en durf die wêreld met ’n huppel in jou stap aan.
Besoek jou skoonheidkundige gereeld vir professionele bystand om jou liggaam en vel te versorg. Daar is baie hulpmiddels beskikbaar vir rekmerke, plooie en ’n ekstra kilogram of twee om die heupe. Permanent gekleurde lippe en perfekte wenkbroue spaar jou boonop baie tyd soggens. Geniet en vier jouself! Wees die beste weergawe van jouself wat jy kan wees.
Raad aan voornemende entrepreneurs in die skoonheidsbedryf:
- Doen deeglik navorsing en stel ’n besigheidsplan op.
- Kyk na watter produkte reeds in die mark beskikbaar is of watter dienste en/of behandelings in jou omgewing aangebied word. Kan jy daarop verbeter?
- Identifiseer waar daar moontlik ’n behoefte is en voorsien daarin.
- Neem voorstelle, komplimente en kritiek in ag. Sien kritiek as motivering wat jou op jou tone hou en die geleentheid bied om gehaltediens te lewer.
- Hou jou vinger op die pols van nuwe verwikkelinge in jou veld.
- Respekteer die kompetisie en moenie jou mededingers kritiseer nie.
- Kompeteer met jouself op ’n gesonde wyse, met die oog daarop om die heel beste vir jou kliënte te bied.
- Wanneer jy ’n fout maak, erken dit, vra om verskoning en stel dit reg.
- Hanteer jou kliënte altyd met respek, wees professioneel en behou konfidensialiteit.
- Sorg dat jou administrasie en boekhouding altyd op datum is.
- Geniet wat jy doen. Doen dit asof vir die Here en die syfers sal ook klop, want Hy sal die werk van jou hande seën.
- Hou gereeld nabetragting en sê vir God dankie vir jou sukses en vermoë om ’n inkomste te verdien.
Afsluiting
Dit was verfrissend om ’n onderhoud te voer met ’n skoonheidsterapeut wat Christelike waardes en norme voorhou en haar salon bedryf met die droom in haar hart om God te verheerlik. Ondersteun gerus vir Annandé Lathleiff by AvL Beauty Precision.
Besoek AvL Beauty Precision se webtuiste hier.
Kontaknommer: 082 837 9235
[1] Die name van die produkte is in Engels en word dus in Engels aangedui.