
Nuwe boeke vir voëlkykers
Ornitoloë kan gerus naderskuif en hulle verlustig aan hierdie pragpublikasies oor voëls. Mens voel sommer lus en trek jou stapskoene aan, sit jou hoed op, gryp jou verkyker en gaan op ’n voëlkyk-ekspedisie wanneer jy hierdie boeke deurblaai. Ek beveel al vier boeke heelhartig aan.
Newman se voëls volgens kleur Nuwe uitgawe (ISBN 978-1-77584-839-4)
Struik Nature publiseer hierdie uitstekende boek wat 320 bladsye beslaan. Dit is deur Kenneth Newman geskryf en bygewerk deur Nicholas Newman, beide passievolle voëlentoesiaste.
Die lokteks op die agterblad lui: “Newman se voëls volgens kleur bied ’n vinnige en maklike manier om Suider-Afrika se mees algemene voëls op grond van eerste indruk uit te ken. Om identifikasie verder te vergemaklik bevat hierdie handige, ryklik geïllustreerde gidsboek, nou in sy vierde uitgawe, ook foto’s om die illustrasies aan te vul. Dit is opgedateer om die jongste naamveranderings te weerspieël, en sluit ook voëlname in verskeie plaaslike tale in. Voëls word volgens die kleur van hul verekleed, sowel as hulle grootte, in afsonderlike afdelings gegroepeer sodat die boek maklik gebruik kan word. ’n Insiggewende inleiding verskaf praktiese wenke om voëls uit te ken en sluit ook inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie in, asook leiding vir die aspirant-voëlkyker.”
Skaf jou kopie hier aan.
Newman’s Birds by Colour New Edition (ISBN 978-1-77584-837-0)
Struik Nature publiseer ook die Engelse weergawe van Newman se voëls volgens kleur.
Die voorwoord deur Nicholas Newman lui: “Newman’s Birds by Colour” was written with the aim of helping beginning birders by providing simple, practical tips for identifying birds, using key characteristics. This guide serves as a quick reference, focusing on the predominant first impression of colour, size or other easily noticed identifying characteristics. It is not a field guide and was never intended to be. Rather, it was meant to be a companion to the stalwart of the region’s birding field guides, Newman’s Birds of Southern Africa by Kenneth Newman. This new edition has been updated and enhanced by the addition of photographs, bird names in local languages, and habitat icons. Fascilitating correct species identification remains the aim of this new edition. However, it is also hoped that this guide will encourage interest in the conservation plight of birds, and that it will inspire readers to care for the environment and the world in which we live (7).
Skaf jou kopie hier aan.
Birds of Greater Southern Africa (ISBN 9781928363194)
Hierdie omvattende veldgids oor voëls beslaan 650 bladsye en die Suid-Afrikaanse uitgawe word deur Sunbird Publishers, ’n druknaam van Jonathan Ball Publishers, gepubliseer. Daar is meer as 3 315 illustrasies. Dis geskryf deur Keith Barnes, Terry Stevenson en John Fanshawe en ryklik geïllustreer deur John Gale en Brian Small.
Die uitgewersbrief lui: “The definitive field guide to the birds of the Greater Southern African region. This spectacular field guide includes all resident, breeding and migrant species found in Greater Southern Africa. Comprising South Africa, Lesotho, eSwatini, Namibia, Botswana, Zimbabwe, Malawi, Mozambique and Zambia, Greater Southern Africa is a vast region and home to a truly extraordinary diversity of avifauna. The latest in the Helm Field Guides series, Birds of Greater Southern Africa describes all 1,170 regularly occurring species that are likely to be encountered in the region, from the Wandering Albatross to the Pennant-winged Nightjar. Featuring 272 colour plates by three of the world’s leading bird illustrators, this practical guide also includes concise species accounts describing key identification features, status, range, habitat and voice. Distribution maps for each species are also included. Fully illustrated throughout, this is an essential reference guide for anyone visiting or living in this wildlife-rich area.”
Skaf jou kopie hier aan.
Birds of South Africa (ISBN 978-1-928363-16-3)
Jonathan Ball Publishers publiseer Birds of South Africa wat 224 bladsye beslaan. Adam Riley is verantwoordelik vir die teks en foto’s.
Die lokteks op die agterblad lui: “South Africa – from the vast savanna of Kruger to the unparalleled richness of the Cape – is one of the most biodiverse countries in the world, featuring the highest number of endemics of any African country, as well as rich seabird assemblages and vast numbers of more widespread yet no less spectacular African birds. The perfect companion for any wildlife-friendly visitor, Birds of South Africa provides photographic coverage of more than 340 regularly occurring species. Concise text for each species includes information on identification, songs and calls, behaviour, distribution and habitat, with each photo having been carefully selected to guide identification. A guide to the best birdwatching sites in South Africa is also included. Portable yet authoritative, this is the perfect guide for travellers and birdwatchers visiting this spectacular and bird-rich destination.”
Skaf jou kopie hier aan.
Kompetisie
Vier gelukkige KragDag-lesers kan elk ’n kopie van een van die boeke hier bo bespreek, wen. Skryf in die kommentaarveld hier onder waarom jy graag na voëls kyk. Die pryse kan slegs na ’n adres in Suid-Afrika gekoerier word. Sluitingsdatum 30 September 2024.
Dit is stigtend om daagliks naby die voëlbad te sit en te kyk en luister hoedat die voëls uitbundig sing en hulself bad en versorg…….als in die môre om deur hul sang, ‘n loflied toe te wy aan die Here se voorsiening vir die dag. Netso kan ons die les uit die natuur neem, en ook eerste elke oggend ‘n lofgebed tot God rig en dankie sê vir nog ‘n dag en Sy voorsiening, want Hy weet wat ons gaan nodig hê!
Behalwe dat dit n geleentheid bied om die wonder van ons voël lewe te kan beleef skep dit ook n geleentheid om stil te raak en die skoonheid en interessantheid van ons voëllewe te kan ervaar.
Ek kyk graag voëls om my natuurlewe kennis te verbreed en te verryk. Wil nie net die groot vyf kyk nie
Hier op die plaas in die Hendrina/Ermelo distrik, geniet ons hele gesin dit om saam ma die verskillende voëls te kyk. Met die wat die steenkoolmyne al hoe meer in ons omgewing voorkom en die voëls se natuurlike habitat al kleiner word, is dit beslis opmerklik dat die tipe voëlspesies meer word hier op die plaas. Ons is gereeld besig om die nuwe gesigte te probeer uitken.
Voëlkyk is een van die mees ontspanende stoperdjies wat daar is. Net jy, jou sintuie, en die natuur.
My Skoonpa is 83, en daar is amper nie voeltjie wat hy nie ken nie, hy kan nie meer baie beweeg nie, maar niks fout met sy oe nie. Ek dink werklik hy sal hierdie boek geniet.
Geluk, Francis. Jy wen een van die voëlboeke. Ons sal jou per e-pos kontak.
Dit is wonderlik om net na voel sang te luister. Ek gooi elke dag vir die voels kos in my tuin. Dit laat my so terug verlang na die plaas. As ons gaan kuier het, om wakker te word deur die voeltjue in die bome.
By en om ons huis het ons Rooi Ivoor bome wat elke jaar talle voëls lok met die heerlik rooi bessies en altyd ‘n genotvolle gesig om al die verskillende voëls te sien en self meer oor hul te leer en selfs te identifiseer want soms ken ek gladnie nuwe voëls wat kom kuier en sal so ‘n boek baie kan gebruik oor al hul optredes
Vir my is dit belangrik om my seuns te leer om dieper na alles om hulle te kyk.
Nie net n voel te sien nie, maar die wonderlike skepsel wat deur ons God geskape is.
Die eienskappe te identifiseer wat so maklik mis gekyk word, asook waar en hoe die voel in die groter prentjie n baie belangrikke ekologiese rol speel.
Leersaam en ontspanend
Ek kyk graag na die migreerders wat kom en gaan na ons vir verskeie redes. Soms wonder ek wat het hulle ge-eet of waarvandaan kom hulle. Bring hulle siekte of neem hulle siektes vanaf ons na ander lande. Die swerwers fasineer my om hulle vlug patrone en afstande te kan sien.
Voëls laat mens kyk na die boom waarin hul sit, die omgewing waain die boom groei, die grond wat die veld ondersteun en op die manier maak hulle die lewe voller.
Lekker manier om met my tiener te kommunikeer. Moeilik om ‘n bui te hê as jy voëls kyk🤣
Myself is baie lief vir boeke en die lees daarvan, maar moet dit duidelik stel ek wil die boek fisies voel, blaai en lees. Wil die boeke fisies in my hande hou en die bladsye voel. Dit is werklik wonderlike boek geskenke wat aangebied word.
Ons as gesin is baie lief vir die Kruger Wildtuin en die Bosveld en besoek so gereeld as wat ons die geleentheid kry hierdie terreine. Om die natuur, boom, bos, diere en voëls te beleef bring ‘n rustigheid en kalmte oor ‘n mens …. dit bring ons weer naby ons Skepper. Ons beleef die Skepping en die handewerk van die Almagtige God tasbaar in die natuur.
‘n Pragtige boek soos hierbo vertoon, kan net ‘n besoek aan die “natuurwonders” afrond!!
Ek kyk na voëls wat elke dag in ‘n nuwe oorlewingstryd gewikkel is. Hulle dag begin met die soek van kos en versorging van kleintjies. Jesus het gesê: “Nie eers die voëls van die hemel word soos die mens versorg nie” Voëls is vry en hulle is vrolik en as hulle sit kan jy hulle geskapenheid bewonder. Voëls bring die vryheid en natuur tot in my tuin.
Ons bly in n dorps gebied maar die afgelope jaar hier al n paar voeltjies verskyn wat ons nie ken nie. Sal lekker wees om n boek te he waar ons na hul kan gaan soek en meer leer.
My kleinkinders vra my elke keer vas oor die name van sekere voëltjies en ek is vasberade om my kennis daar rondom uit te brei en aan hulle te bewys dat oupa hulle kan wen. Daarom benodig ek die boek oor die voëls. Dankie
Die kragdag se mense is net ongelooflik en ek glo die nuwe Newmans Book of birds sal ook n treffer wees
Sedert my aftrede hou ek die voëls op my kleinhoewe dop. Ek het besef hoe min ek weet en hoe baie spesies daar is.
Onlangs het ‘n visarend ‘n draai kom maak. Ek het hom gehoor maar ongelukkig nie gesien nie.
Ek is verheug dat Newman se boek ook in Afrikaans verskyn.
‘n Mens leer baie van voëls. Hulle leer ons ook baie van God se voorsiening en versorging. God sê juis kyk na die voëls, hulle saai nie en hulle oes nie, en tog sorg Hy vir hulle. Hoeveel te meer sal Hy vir ons sorg. Voëls leer ons ook baie van die sorgvuldige skeppingsvermoë van God. Hoe meer ek na hulle kyk, hoe meer besef ek ons dien ‘n GROOT GOD.
Sedert my aftrede hou ek die voëls op my kleinhoewe dop. Ek het besef hoe min ek weet en hoe baie spesies daar is.
Onlangs het ‘n visarend ‘n draai kom maak. Ek het hom gehoor maar ongelukkig nie gesien nie.
Ek is verheug dat Newman se boek ook in Afrikaans verskyn.
Geluk, Johan. Jy wen een van die voëlboeke. Ons sal jou per e-pos kontak.
Ek het met voëlkyk begin in die laat 70’s maar toe neem die lewe oor en het nooit in diepte daarop ingegaan nie.
Ek en my vrou is nou afgetree en het langtermyn gaan kamp – maar hopeloos gevoel omdat ons kennis van die voëls in die omgewing so karig is.
Enige van die boeke sal verseker dat ons baie meer konstruktief van ons tyd kan gebruik maak tuis en waar ookal ons gaan kamp.
Omdat dit wonderlik is om na die pragtige voëls te kyk
.
As n mens sien hoe perfek hulle geskape is. Elke veertjie op sy plek en kleur pressies op hul lyne.
Hoe moet ek maak om my gratis kopie te kry
My dogter gaan volgende jaar begin met haar Veldgids kursus en sy het voëlkyk boeke nodig as deel van haar studies.. dit sal dus baie help as sy een kon wen.. groete.
Geluk, Billy. Jy wen een van die voëlboeke. Ons sal jou per e-pos kontak.
My gunsteling om te kyk hoe eet voëls die vrugte in my tuin
Voëls se kleure, gewoontes is altyd treffend. Ons het onlangs in ‘n totaal nuwe omgewing kom woon en die voëls in die Fynbos-renosterbos is dikwels vir ons nuut. Die manewales van suikerbekkies en die deftige suikervoël verskaf ons baie pret.
Om na voëls te kyk is om weereens jou te verwonder aan God se skepping. Die verskillende kleure van voëls se vere is asemrowend. Elke voëlsoort se snawel is spesifiek gevorm vir die tipe kos wat hy eet. En dan die fynste pootjies by baie klein voëltjies tot by groot kloue van ‘n arend en ander roofvoëls. Dan is dit die nessies teenoor neste. Dit alles is vir my net een van God se wonders waaraan ek my kan vergaap.
Ek is beïndruk deur die hoë gehalte van die Afrikaanse taalgebruik in julle skrywes en artikels. Baie dankie daarvoor!
Die boeke oor voëls wat gratis weggegee word, sal baie welkom wees, aangesien ek op gevorderde ouderdom geen inkomste het nie en na my gestremde dogter omsien.
Groete
Venecia
Al het ek grootgeword in die platteland met voëls om my en wat ons almal geken het, het my passie vlamgevat na ek vriende ontmoet het wat op groot voëlkyk ekspedisies gegaan het as studente.Daarna het ek as veldwagter gewerk waar ek ook meer geïnteresseerd geraak het in al die kleiner diere veral voëls. Om voëls te kyk is om n ander wêreld te betree.Ek sal vreeslik graag ‘n nuwe boek wil hê omdat my ou boek letterlik opgebruik was.
Ek kyk al te graag na voels in die natuur, by die huis en sommer by die werk want dit bied n mens n ander perspektief oor die lewe die keuses wat ons daagliks maak die verskillende geluide wat my stimuleer dit is nou voorwaar n stukkie paradys.
Om voëls dop te hou, na te luister is absolute vreugde en terapie. Voëls is boodskappertjies vanuit die Hemel.
Deur na voels te kyk laat jou deel voel van die natuur. Dit laat jou whow voel oor die Skepper.
Wanneer jy vêr van die stad wakker word en niks ander geluide as voëls hoor, verskillende voëls, die getjirp van mossies is daar altyd, verskillende duiwe, dalk ‘n hoenderhaan in die vêrte en ‘n visarend, maar ook voëls wat jy nog nooit voorheen gehoor het nie, snaakse geluide, en dan wonder jy, hoe lyk die voël wat so mooi sing en jy begin soek.
Ons het ‘n interessante en groot verskeidenheid voël spesies in SA, elkeen uniek en eie aan sy soort met hul unieke maniere. Bv. Muisvoëls, as mens hul dophou kom jy agter hul het persoonlikhede en ook in hul wanorde tog orde.
Dis deel van ons skepping wat op eie wil die lug kan invlieg en ons van bo af bekyk.
Alle kleure en groottes, geen mens gemaakte afhanklikheid.
Ons is versot op voëlkyk, in ons tuin of in die nabygeleë Kruger Wildtuin. Wat is meer lafenis vir jou siel as om op jou stoep te sit en kyk hoe die Loeries en Janfrederiks hulle kleintjies bring om te kom eet en gevoer te word? ‘n Entjie weg is die speg besig om vir hom ‘n nessie te kap uit ‘n dooie boomtak. Die duiwe eet versigtig uit die saadbak want die sperwer is weer op soek na ‘n maaltyd. Die vinke en frette wag geduldig hulle beurt af by die voerbak. Wag, daar is die skaars gekroonde neushoringvoëls weer, kry gou die vêrkyker en voëlboek om hulle af te merk. Kan seker nie die heeldag hier sit nie…. Dis so lekker om na voëls te kyk!!
Ek sal so graag n voëlkyk boek wil wen. Nie net om my self met kennis te verryk nie maar ook om met my kleinkinders tyd te spandeer en vir hulle te leer van voëls hoe ons hulle moet bewaar in die natuur. Ons het ook die voëls nodig vir ons ekosisteem. Dit gaan alles oor opvoeding. In vandag se tye meer as ooit.
Ek geniet dit om na die voëls te kyk, want hulle is altyd bedrywig en sommiges sing nog mooi op die koop toe.
Hier by ons is al die voëls boelies. Elkeen baklei sy plek oop om net iewers in vrede te kan leef. Soms moet ons ingryp omdat ons bang is hulle vermoor mekaar.
Maar op die ou einde leef ons almal in vrede saam t.s.v die hadidas wat ons wasgoed gebruik as ‘n oorlogsone en gereeld die wasgoed met hulle “mesiele” tref.
Suider Afrika is ongelooflik ryk aan voëlspesies. Ek is altyd verbaas as iemand in ‘n natuurreservaat kla dat daar geen ‘diere’ is nie – maar die veld wemel van die Skepping se klein juweeltjies. Die wonder van voëlkyk as ‘n stokperdjie is dat ek dit enige plek kan doen, selfs van my stoep af, en dat die ouderdom my daarom nie noodwendig sal kniehalter nie. Om wakker te word met die jolige getjirp van ‘n tiptol, die weemoedige deuntjie van ‘n tortelduif of die kwaai gekwetter van ‘n kuifkophoutkapper is ‘n hoogtepunt van elke dag.
Stel belang in voêls nl.geluide gedrag ens.
Drie van my keinkinders (18, 17 en 15 jaar) se Ma is in 2023 na ‘n 8-jaar stryd teen kanker oorlede. Sy was die een in die gesin wat saam met die kinders voels en voelname in die natuur bymekaar uitgebring het. In die opsig skiet ek ver tekort en sou graag ‘n handleiding vir hulle wou bekom om met voortsetting van die belangstelling van hulp te kan wees. Dit klink vir my of die publikasie mbt tot die groter Suid Afrikaanse voellewe die aangewese publikasie kon wees om hierdie gaping te kan vul en hul belangstellin in die Suid-frikaanse voellewe te kan vergroot en kan uitbou … ook in hul volwasse lewe. Sal die ontvangs van die relevante publikasie grootliks waardeer.
Voëlkyk bied ‘n unieke mengsel van ontspanning, verwondering en verbinding met die natuur. Hier is ‘n paar redes waarom ek dalk daarvan hou:
1. Verbinding met die natuur: Voëlkyk laat jou toe om jouself in die natuurlike wêreld te verdiep, wat ‘n gevoel van vrede en grondslag skep. Om voëls in hul natuurlike habitatte waar te neem, bring jou nader aan ekosisteme en die ritmes van die natuur.
2. Bedagsaamheid en ontspanning: Dit moedig geduld en stilte aan. Die fokus wat nodig is om voëls waar te neem, kan meditatief wees, wat jou help om te vertraag en stres te verminder.
3. Ontdekking en Leer: Elke waarneming kan ‘n nuwe ontdekking wees. Om te leer oor verskillende spesies, hul gedrag en hul habitatte kan intellektueel stimulerend wees.
4. Skoonheid en diversiteit: Voëls is ongelooflik uiteenlopend in kleur, vorm en gedrag. Om ‘n lewendige voël te kyk of ‘n pragtige liedjie te hoor, voeg ‘n element van skoonheid by die ervaring.
5. Avontuur en verkenning: Voëlkyk kan jou na nuwe plekke neem, van plaaslike parke tot afgeleë woude. Elke uitstappie is ‘n geleentheid vir verkenning en om iets nuuts te vind.
6. Bewaringsbewustheid: Om voëls waar te neem lei dikwels tot ‘n dieper begrip van omgewingskwessies en die belangrikheid van bewaringspogings.
Geluk, Cecilia. Jy wen een van die voëlboeke. Ons sal jou per e-pos kontak.
Ek is vannie dorp. Kempton Park. Die voels hier is meestal van staal en hulle maak groot geraas. Meer as ‘n Hadida.
‘n Buurman het my 3 weke gelede gese dat dit ‘n Jan Frederik is wat nesbou in my motorhuis, en nou gaan ek hopelik oupa word. Dankie aan Jan en sy vroutjie.
Ek ken darem ‘n paar voelsoorte soos mossie, geelvink, swaeltjie en vir Jan en sy vrou. O ja, en ‘n eensame kuifkop arend wat nou en dan hier kom draai en dan weer padgee.
“Voels volgens kleure” deur Newman sal my as ‘n totale leek geweldig van hulp kan wees om die klomp ander vlieende voorwerpe hier in ons vlei area te identifiseer.
Die gedagtes is maar kort. Ons het ook vlermuise hier en dan helse groot uile wat heelnag die honde tart van daar booo-op die dak af. Slim goed die uile, hulle weet ‘n hond kan nie die leer rond dra om hulle daar te gaan verwilder nie.
Groetnis daar en dankie vir die resensies.
Dit is interessant om die voëls dop te hou. Partykeer is daar voëls in die tuin of in die bosveld wat mens nooit in jou omgewing sien nie. Kan dit dan gaan naslaan om te kyk wat se voëls dit is en waar hulle oorspronklik vandaan kom. Hier by ons in Pretoria is baie wilde Lovebirds en Budgies wat gereeld kom kos soek in die tuin.
‘n Mens leer baie van voëls. Hulle leer ons ook baie van God se voorsiening en versorging. God sê juis kyk na die voëls, hulle saai nie en hulle oes nie, en tog sorg Hy vir hulle. Hoeveel te meer sal Hy vir ons sorg. Voëls leer ons ook baie van die sorgvuldige skeppingsvermoë van God. Hoe meer ek na hulle kyk, hoe meer besef ek ons dien ‘n GROOT GOD.
Om so rustig in die natuur te sit en luister na die mooi geluide wat ons pragtige voels maak, dit bring in my n kalmte en vrede, bring my nader aan ons Hemelse Vader. Die natuur en veral ons voels interesseer my geweldig.
Dit sal vir my n voorreg wees om een van die boeke te wen