Die Afrikaner se boodskap aan die wêreld

– ‘n Kopskuif Ateltee gesprek by Sakeliga KragDag Sentraal 2024

Dr. Ernst Roets praat oor die Afrikanerstigting en sy onlangse oorsese reise waar hy sy boodskap met die wêreld deel, en leiers oor die situasie in Suid-Afrika inlig.

Wat is die Afrikanerstigting?

Die Afrikanerstigting bestaan uit 50 instellings wat Solidariteit en AfriForum onder andere, insluit. Die Afrikanerstigting se hoofdoel is om met die buiteland te skakel en om steun vir die projekte wat ons aanpak te werf. 

Watter tipe projekte?

Ons nuutse projek is om ‘n nuwe kampus vir Akademia to bou. Daar is ‘n wending in die wêreld rondom die narratief oor Afrikaners en ons het redes om optimisties te wees oor ons toekoms en die oplossings waarmee ons vorendag kom. Ons glo in oplossings en in die bou van eie instellings en oplossings in ons gemeenskappe. Hierdie benadering geniet wye ondersteuning, inteendeel, ons beleef ‘n herontdekking van Suid-Afrika en veral Afrikaners vanuit die Weste. 

“Westerse nasies sien Afrikaners as ‘n baken van hoop. Hulle sien dat ons nie moed verloor nie, maar optimisties aan ons eie instellings en oplossings werk,” sê Roets. 

Vertel meer oor julle skakelwerk in Europa?

Ons het Hongarye onlangs besoek. Hulle is merkwaardige mense met wie ons reeds ‘n sterk verhouding gebou het. Dit is baie interessant om te sien hoe die Hongare hulself met ons stryd kan assosieer in die sin dat hulle ook maar ‘n klein volk is binne die konteks van die Europese Unie, wat hulle probeer onderdruk. 

Wat van Amerika?

Die Amerikaners is interessant. Hulle besef nie dat hulle nie meer so homogeen is nie. Daar is mense in die konserwatiewe kant van die spektrum wat ons ondersteun en besef dat hulle ook met dieselfde oplossings moet begin werk om hulle toekoms te verseker.

 

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui