KragDag Gespreksforum Bekendgestel
Ons kry dikwels vrae en interessante mededelings uit die KragDag gemeenskap. Vanweë die wye omvang van die KragDag selfstandigheidstema het ons nie die omvattende agtergrond om antwoorde op alle vrae te verskaf nie. Wat mededelings betref sal ons ook nie die waarde wat ons daaraan heg net vir ons self te wil hou nie. Dit is teen hierdie agtergrond dat ons graag die nuwe GespreksForum op KragDag se webtuiste bekendstel.
Die Forum bied vir jou die geleentheid om jou vrae oor allerhande selfstandigheidsoplossings te vra, ander met advies te bedien en dalk selfs ‘n bietjie debat te voer.
Om navigering te vergemaklik en omdat almal nie in alle dissiplines belangstel nie, word daar op die Forum voorsiening gemaak vir verskillende kategorieë as sub-forums naamlik: Doen-dit-self (DIY), Energie, Entrepreneurskap, Filosofie & Ekonomie, Finansies, Kommunikasie, Konstruksie, Makerbeweging, Medies, Ontspanning & Kuns, Opvoedkunde & Opleiding, Tegnologie, Veiligheid, Vervaardiging, Vervoer, Voedselproduksie/Landbou, Water & Riool.
Onder elke kategorie word gespreksonderwerpe gelys en daar is ruimte vir ‘n onbeperkte hoeveelheid van hulle – die hoeveelheid gespreksonderwerpe, sowel as die hoeveelheid gespreksbydraes word langs elke kategorie gelys.
Begin ‘n gesprek oor ‘n nuwe onderwerp:
- Klik op die kategorie waaronder jou onderwerp die beste sal pas.
- Begin ‘n nuwe gespreksonderwerp deur op “Ädd Topic” te klik.
- Gee ‘n beskrywende naam vir die onderwerp en tik jou vraag of bydrae in – indien nodig kan jy ook die ander stukke gereedskap gebruik.
- Klik op “Ädd Topic”.
Neem deel aan ‘n bestaande gesprek:
- Klik op die gespreksonderwerp waaraan jy wil deelneem.
- Klip op “Reply” en tik jou antwoord of bydrae in.
- Klik op “Ädd Reply”.
Ons vra ‘n bietjie geduld met die baie Engels op die Forumbladsy – ons sal dit gaandeweg regstel.
Ons nooi jou uit om deel te wees van die gesprek op die KragDag Forum.