
Veiligheid op die voorgrond
Dit is amper weer feesseisoen en veediefstal gaan skerp toeneem. Wees meer paraat en gaan die omheinings gereeld na en wees bedag op vreemdelinge wat kwansuis vee wil kom koop. Sorg asseblief dat vee ordentlik volgens voorskrif gemerk is en registreer jou merk of brandmerk.
Met die stygende aantal plaasaanvalle gee ek graag weer ’n paar veiligheidswenke vir die Bronberg-gemeenskap.
Vermy slaapkamers met buitevensters en maak seker dat alle vensters, deure en hekke gesluit is en die alarm en elektriese heining aan is. Sorg dat jou alarmbattery deur die nag kan hou. Dink aan ‘n ‘UPS’ of ander kragbron om bystand te verleng en koppel ook ‘n baie harde sirene en flitsende noodlig of twee hieraan. Koppel ‘n paar buiteligte aan ‘n groot 12-volt trekkerbattery vir noodgevalle.

Brand
Moet geen brandstof in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is. Koppel ‘n tuinslang aan ‘n binnekraan en hou brandblussers reg om vuur in die huis te kan blus.
Maak seker dat alle selfone in die huis vol gelaai is en genoeg lugtyd het en dat alle noodnommers en bure se nommers op alle selfone is. Alle twee-rigting radios se batterye moet ook vol gelaai wees.
Moet vir geen rede uit jou huis gelok word nie, selfs al gaan jou krag af en die krag-boks is buite; al roep iemand skynbaar om hulp of al word ‘n vuur buite aangesteek. Maak ‘n alternatiewe reëling met jou werkers – in noodgevalle kan hulle jou bel.
Moet geen vreemdes by jou huis toelaat nie. Moet ook nie goedsmoeds vir die ‘polisie’ oopmaak nie. Bel jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle besonderhede.
Versterk
Beveilig jou huis met versterkte binne-hekke en deure, veral waar jy slaap of skuil. Vervang jou badkamerdeur (of die deur van ‘n ander veilige vertrek) met ‘n sterk staaldeur, koeëlvas en met ordentlike skuifslotte binne.
Versterk die vensters met glas wat indringer-bestand is en installeer diefwering. Sit ook sif-diefwering op – dit bemoeilik petrolbom aanvalle. Hou een of twee nooduitgange waardeur julle kan ontsnap, indien nodig. Moenie helder ligte binne die huis brand nie. Maak seker dat gordyne goed toegetrek is.
Neem selfoonfoto’s van verdagte voetgangers en voertuie. Hou ‘n pen en notaboek byderhand om registrasienommers en voetganger- beskrywings aan te teken. Deel dié inligting met jou bure.
Tekens
Kyk vir ‘tekens’ by hekke, heinings en paaie. Kyk daagliks vir vreemde voertuig- en voetspore. Vee op jou werfpaaie voor julle die huis verlaat, dan kan jy sien wat aangaan as jy terugkeer. Kyk uit vir voertuigspore, voetspore, sigaretpakkies, stompies, takkies, gras en urineerplekke.
Kyk of jou honde jou kom verwelkom en kyk na hulle gedrag. Waai hulle sterte? Is hulle bang? As alles veilig lyk en jy ry die erf binne, bly in die voertuig en toets eers met jou afstandbeheer of die alarm dalk afgegaan het, voor jy parkeer.
Bel jou bure, plotwag of plaaswag as jy iets vreemds gewaar. Jou beste hulp bly reg langs jou.
Alarm
Oorweeg ‘n ordentlike alarm-stelsel met infrarooi-strale of -ogies buite in die tuin, by vensters en deure. Die stelsel moet vir monitering aan ’n veiligheidsmaatskappy met gewapende reaksie gekoppel wees of aan ’n instansie soos plotwag en jou bure.
Laat slaap jou honde in die huis en hou ganse buite aan om te help alarm maak. As jou buite honde in die nag blaf – gaan stel elke keer die volgende dag ondersoek in. As jy tekens of sitplekke sien, gaan sit daar en kyk terug na jou huis. Heel moontlik gaan jy ‘n swak plek in jou beveiliging sien.
Vermy dit om produkte op jou eiendom te verkoop. Moenie jou werkers op die perseel lone betaal nie. Betaal hulle opgemaakte lone binne-in die bank waar jy geld getrek het of betaal dit elektronies in hulle eie rekeninge in. Wanneer jou werkers wil geld leen, moenie dit dadelik gee nie. Sê vir hulle jy het nie geld op die plaas nie; sodra jy terugkom van die dorp af sal jy kan help.
Wapen
Leef en slaap met jou vuurwapen byderhand. Maak seker jy is vertroud met jou wapen en het genoeg magasyne en ammunisie. Laat die hele gesin met alle wapens skiet. Leer die kinders vooraf van ‘n noodsituasie en beplan strategie.
Hierdie artikel, deur AO Wynand van der Merwe van die Boschkop Polisiestasie, is oorspronklik gepubliseer in Die Bronberger.
My insette
My pa het ons van geboorte af geleer om paraat te wees. ‘n Paar addisionele wenke wat op die plaas goed vir ons gewerk het.
1 of 2 klein hondjies binne die huis om jou wakker te maak wanneer die groot honde buite blaf.
Ligte binne die huis bly af om enige beweging in die huis weg te steek maar buiteligte dadelik aan sodat jy kan uitkyk buitentoe.Geen gereedskap mag buite rondlê of in ‘n stoor wees wat nie behoorlik kan sluit nie. Die aanvallers vermoor jou met jou eie byl of panga of skroewedraaier.
Ken al jou honde se persoonlikhede en temperamente. Jy kan die buite honde dophou en maklik aflei wat aangaan. Ken die hond die aanvaller, het hy gif ingekry, is hy beseer, is hy bevrees, ens.
Voertuie se brandstof mag nooit onder half wees nie.
Voertuie se sleutels moet altyd op dieselfde veilige plek gehang word waar die hele familie weet dit is.
Parkeer altyd ten minste een voertuig met sy neus na buite om ‘n verassings wegkom te reël.
Indien jy dit kan bekostig, bewegingsaktiveringskameras.
Banger alert by al die hekke, ingange, voetpaaie, ens.
Vir eers
Willie
0833262759
I’ve got some tips for security but I’m not a security expert, just from our many robberies…
These days the criminals come prepared, they visit on a regular basis with their own set of keys. If they don’t have the key that you use, the use a blackened blank which they insert into the lock, jiggle around and then cut their own. Sometimes the lock sticks when you come home and insert your key. Their key wasn’t a perfect match. If you suspect that happening, have all the house locks the same, swap the lock out with an interior lock. Give you some time before catching them in the act.
Stop locks prevent another key from being inserted, but with time the wear and tear can cause it to break in the lock. Be sure to have more than one and change regularly. Alternately change lock to accommodate 4 sided key. Set up an independent motion activated camera that is hidden over the main entrances. So when you have “false” alarms , you can check activity.
Leaving the large dog outside will lead it to be murdered. Put the large dog in the bedroom and the small dogs in the kitchen . Plovers and kieviets are good alarms.
Kling shield clear offers added resistance to breaking glass. The glass shatters but the plastic stays, the plastic has to be cut to get a hole in it. Reinforced glass takes a lot more effort to break.
Make sure your cameras are infrared , red LEDs to see the distance at night, place the light source (flood lights) behind the camera. Test the camera before installing. Have one camera shadow the next to check who tampers with them intentionally or not. Main entrance have a visible one and a hidden back up camera. These days cameras can be checked through internet, if you trust your neighbor give him access to the main exterior cameras via the internet so that he can check if you are unable without endangering him.
At night before going to bed, when letting the animals out to pee. Check the grounds for baited food intended for the dog, alternately walk them on a leash . Carry a good torch. The same first thing in the morning. Check for bait before letting loose.