Xperiland eksperiment: Chemiese reaksies- Sherbet

Sherbet Eksperimente is PRET!

‘n Chemiese reaksie is wanneer twee of meer stowwe met mekaar reageer sodat die oorspronklike stowwe se samestelling verander na splinternuwe stowwe. Die finale stof wat vorm nadat ‘n chemiese reaksie plaasgevind het, se karakter en eienskappe verskil geheel en al van die oorspronklike stof wat in die begin gebruik is.

Kom ons kyk na ‘n paar gevalle wat vir julle baie bekend is:

‘n Vuurhoutjie wat aangesteek word. Nadat die vuurhoutjie uitgebrand het, het die oorspronklike vuurhoutjiekop ‘n swart lagie en dit is ‘n nuwe stof.

‘n Brood wat gebak word. Die eiers, meel, ens. verander so dat ons nie meer die oorspronklike meel, eiers, ens. daarin kan herken nie.

Roes op ystervoorwerpe – ‘n baie stadige chemiese reaksie!

Kan jy dalk aan nog sulke voorbeelde dink?

Die produkte wat ons aanvanklik gebruik vir die Chemiese reaksie staan bekend as reaktante die nuwe stowwe wat gevorm word staan bekend as produkte.

Kom ons gaan kyk vandag na ‘n baie spesifieke Chemiese Reaksie!

Ons meet ‘n stof se suurheid op ‘n skaal genaamd die pH skaal.

Voeg ‘n suur en ‘n basis (Alkali) bymekaar en jy het ‘n chemiese reaksie. Die produk wat vorm noem ons ‘n sout. Dit is nie altyd tafelsout (NaCl = Natriumchloried) nie!

‘n Suur is iets wat suur proe. Ons gebruik in ons kursus slegs veilige sure, dit beteken dit is sure wat jy kan proe en ruik. ‘n Suur se pH is minder as 7 (0 – 6,8). Daar is baie sterk sure soos swembadsuur en daaraan mag ons nie eers vat nie want dit kan ‘n mens lelik brand!!!

‘n Basis (Alkali) is iets wat meer seperig is. Ons gebruik in ons kursus slegs veilige basisse (alkali’s), dit beteken dit is basisse wat jou nie sal brand as jy daaraan raak nie. ‘n Basis se pH is meer as 7 (7,2 – 14). Daar is baie sterk basisse soos jik en daaraan mag ons nie eers vat nie want dit kan ‘n mens lelik brand!!!

‘n Neutrale stof se pH is rondom 7. Water is neutraal en ons kan dit drink!

 

Vandag maak ons iets wat ons kan eet EN ons voel die reaksie op ons tong!

Interpretasie:

Wanneer ‘n suur (wynsteensuur of sitroensuur) en ‘n basis (koeksoda) gemeng word sal daar nog niks gebeur nie. Sodra daar egter water (spoeg) bygevoeg word, reageer die suur en die basis om ‘n neutrale stof te vorm. Hierdie is ‘n chemiese reaksie en ‘n gas (CO2) word vrygestel (die borrels wat vorm).

Druk die onderstaande prent uit en omkring die sure met rooi, die bassise met donkerblou en die neutrale stof met groen:-

Erkennings: Hooffoto

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui