Die jaar van die belastingboikot

Hopelik gaan 2023 die begin van ‘n groeiende belastingboikot wees. Diegene wat nog gehoop het dat die staat ons van’n  katastrofe gaan red het is deur Andre de Ruyter van alle hoop gestroop tydens sy berugte TV onderhoud. Landsburgers vind dit toenemend moeilik om dit moreel te regverdig om ‘n iets wat toenemend lyk soos ‘n kriminele sindikaat met belasting te onderhou. Om hulle “fair share” te betaal klink toenemend minder “fair”.

Inwoners van Gauteng boikot al jare die e-tol stelsel. Hierdie jaar gaan hopelik die jaar wees waarin die finale spyker in hierdie stelsel se kis geslaan gaan word. Die laaste bietjie tolgeld wat Gauteng uit hierdie klip druk gaan uiteindelik tot ‘n einde kom.

Plaaslike owerhede is tans besig om waardasierolle op te dateer. Grotendeels weens gebrekkige dienslewering en wetstoepassing het waardes van baie eiendomme waarskynlik gedaal. Geaffekteerdes kan egter beswaar aanteken en aandring dat die munisipale waardasie verminder word, sodat eiendomsbelasting dienooreenkomstig verminder word. As inwonerverenigings en eiendomsagente/ waardeerders saamwerk om inwoners te bemagtig om effektief beswaar aan te teken, kan munisipaliteite se inkomste uit ongeregverdigde eiendomsbelastings verminder word. ‘n Stad soos Johannesburg het ongeveer 950 000 geregistreerde eiendomme. As byvoorbeeld 10% van hierdie eienaars gemiddeld R100 per maand kan spaar deur besware in te dien, kan só jaarliks ongeveer R114 miljoen uit die hande van korrupte plaaslike owerhede gehou word.

In die 2023 begrotingsrede is ‘n rabat op sonpanele aangekondig. As huiseienaars en besighede saamwerk, kan hulle verseker dat daar optimaal gebruik gemaak word van hierdie rabat. As byvoorbeeld 100 000 huiseienaars R15 000 se rabatte ontvang, kan Suid-Afrikaners R1,5 miljard terugkry van Jan Taks. Om die R15 000 te ontvang moet een persoon omtrent 12 panele koop van 500W elk. Dit beteken burgers moet omtrent 1,2 miljoen sonpanele koop. Een 500W paneel genereer omtrent R1 800 per jaar aan elektrisiteit. Hierdie panele kan omtrent R2,1 miljard se elektrisiteit opwek per jaar. Suid-Afrikaners kan dus R1.5 miljard terugkry van Jan Taks in 2023, en dan R2.1 miljard per jaar daarna in spaar aan elektrisiteit.

Alles bymekaar kan Suid-Afrikaners vanaf hierdie jaar ongeveer R2 miljard uit die hande hou van dié kriminele sindikaat, wat ook soms bekend staan as die Suid-Afrikaanse regering.

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.
3.33 avg. rating (72% score) - 3 votes
Bouwe van der Eems
  • Bouwe van der Eems
  • Bouwe van der Eems en sy vrou Debbie het hulle 5 kinders tuis opgevoed sedert 2000. In 2002 het hy betrokke geraak by tuisonderwysorganisasies toe hy trustee geword het van die Pestalozzi Trust, ‘n regsfonds vir tuisonderwys.
    In 2011 het hy en sy gesin die aanlyn platform SAHomeschoolers.Org gebou, met die doel om die beginpunt te wees vir almal wat belangstel in tuisonderwys en hulle deel te maak van die tuisonderwys ekostelsel. In 2013 het hulle in samewerking met KragDag begin om tuisonderwys ekspo’s te organiseer.
    Bouwe het ‘n MSC graad in elektroniese ingenieurswese by the Universiteit van Stellenbosch verwerf en is ’n geregistreerde professionele ingenieur. Hy speel ook die Franse Horing en is saam met sy kinders in die Bellville Hoër Simfoniese Blaasorkes. Hy en sy gesin woon in Kaapstad en hy is ook ‘n aktiewe lid van die plaaslik inwonersverenigings.

2 Comments

  • Sonpanele sonder ‘n inverter beteken niks. ‘n Lithium battery of twee saam met dit kan ook nie skade doen nie. Dit bly ongelukkig nie net by die 12 sonpanele nie.

  • Dis hoogtyd dat ons iets doen om die skurke te stop

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui