Bekendstelling: Pretoria Sakekamer

Met magsgevegte vir beheer by stadsrade regoor die land, val die kollig ook in Pretoria op die onstuimigheid by die Pretoriase stadsraad.

Die Pretoria Sakekamer gaan Pretoria herbou en vestig tot ‘n wêreldklas sakesentrum, ondanks staatsverval en selfstandig van die politiek. Die kuur vir munisipale- en infrastruktuurverval is selfstandige sakelui.

Ons heil lê beslis nie in politieke partye nie, maar eerder in die hande van entrepreneurs wat die kuns vervolmaak om uitdagings en probleme in winsgewende en volhoubare sakegeleenthede te omskep. Goeie waarde en winsgewendheid beteken werk en welvaart vir die hele Pretoria-gemeenskap.

Die Pretoria Sakekamer onderhandel nie met enige politieke party of instelling nie. Die Sakekamer neem self verantwoordelikheid en eis verantwoordbaarheid, snoer ekonomies aktiewe sakelui en ondernemings met sakebelange in Pretoria saam en is ‘n dinkgroep, ‘n doengroep en ‘n drukgroep wat ook by Sakeliga, met hulle indrukwekkende litigasierekord, geaffilieer is.

Die oproep aan ondernemings in Pretoria is eenvoudig. Wees rentmeesters vir die stad.

As jy jou onderneming by hierdie visie sien inpas, is jy welkom by die Pretoria Sakekamer se bekendstellingsgeleentheid op 16 Maart 2023 tussen 08:00 en 10:00 by Doxa Deo in Brooklyn. Sprekers is Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Konsult Pretoria-Oos en Neerejh Ramlakhan, stigter en uitvoerende hoof van die AOS Groep.

16 Maart 2023 vanaf 08:00 by Doxa Deo Brooklyn. Kaartjies is HIER beskikbaar.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui