Kan slaap verstikkend wees?
’n Goeie nag se slaap vereis die handhawing van gesonde suurstofvlakke deur vry en gereeld asem te haal.
Onreëlmatige asemhaling veroorsaak ‘n vorm van versmoring omdat bloedsuurstofvlakke daal. Tagtig persent van mense wat ophou asemhaal tydens slaap is nie eens daarvan bewus nie. Selfs nadat hulle ‘n kort rukkie wakker geword en na lug gesnak het, besef hulle dikwels nie wat gebeur het nie. Bitter min van hulle onthou hierdie voorvalle van suurstoftekort.
Snork ontwrig dikwels slaap en word selfs geassosieer met ‘n daling in bloedsuurstofvlakke.
Onderbroke asemhaling tydens slaap word in mediese terme na verwys as slaapapnee. Dit kan veroorsaak word deur obstruksie van die lugweg deurdat sagte weefsel tydens slaap ineenstort (hipopnee) of deur ‘n gebrek aan inspanning om asem te haal.
Hierdie slaapsteurnisse het ‘n impak op die lewenskwaliteit van beide die persoon wat aan die slaapsteurnis ly, sowel as die persoon wat die slaapkamer met hom of haar deel. Dit is moeilik om geduldig en verdraagsaam te wees as jy moeg is weens ‘n gebrek aan genoeg goeie slaap. Verder kan “balke saag” dalk die laaste strooi wees in ‘n verhouding wat onder druk verkeer.
Dit het ook ‘n invloed op die gesondheid van die persoon wat aan die slaapsteurnis ly. Ontwrigte slaap en drome as gevolg van slaapapnee verhoog gesondheidsrisiko’s aansienlik wat wissel van slaperigheid en hoofpyn tot hartaanvalle en selfs ‘n invloed op die persoon se immuniteit.
Daar is egter hoop vir persone wat in bogenoemde situasie vasgevang is. Die gebruik van ‘n CPAP-masjien bied ‘n onmiddellike oplossing sonder medisyne en gepaardgaande newe-effekte.
Haal beter asem en leef beter!
Dr. Ben van Tonder (083 637 3470)
Re: kan slaap verstikkend wees…. Kan dit Dalk wiegie- dood veroorzaak?