
Boekopsomming: “Quit like a Millionaire” deur Kristy Shen
Met die eerste oogopslag was daar twee elemente in die boek se titel wat my opgeval het. “Quit” en nie soos “gooi handoek in nie, maar soos in “uittree” en dan “millionaire”. Ek bedoel, wie van ons wil nie graag in die “M” kategorie val nie?
Me. Shen beïndruk die leser met haar rasionele benadering tot geld en die lewe. Sal hierdie lewensstyl die gemiddelde Suid-Afrikaner aanstaan? Wel, dit is ‘n ope vraag. Kan ons by haar iets leer? Ongetwyfeld!
Les #1: Maak somme met syfers en nie met jou hart nie
Volgens Shen is dit belangrik om jou tyd op lonende aktiwiteite te spandeer en eers nádat jy jou skuld vereffen het, kan jy jou drome sonder huiwering en beperkinge nastreef.
Confucius het ‘n soortgelyke gesegde gehad: “Doen waarvan jy hou, en jy sal nooit ‘n dag in jou lewe werk nie!”
Die outeur van hierdie boek skryf dat sy ‘n passie vir kreatiewe skryfwerk gehad het. Die geleentheid het hom egter voorgedoen om een van drie primêre studierigtings op Universiteit te volg: Kreatiewe Skryfwerk, Rekenaar-ingenieurswese of Rekeningkunde. Nadat sy haar berekeninge gedoen het, het sy op rekenaar-ingenieurswese besluit. Die rede daarvoor was dat die belegging in haar studies teenoor die tyd wat dit sou neem om die koste van die belegging te verhaal hierin die vinnigste sou wees met die geprojekteerde inkomste-voordeel van $40 000,00 bo die minimum loon. In hierdie opsie kon Kristy haar vrye tyd gebruik om aan haar ware passie te werk… skryf.
Ongeag wat jou passie is, studies het aangetoon dat passie met verloop van tyd baie kan verander. Wat jy dus nou dink jou passie is, mag dalk oor 10 jaar nie meer jou passie wees nie.
Les #2: Vermy verbruikerskuld en spandeer geld op ervarings
Skuld is die nommer 1 openbare vyand. Al wat skuld doen, is om jou vas te vang in die eindelose, stresvolle siklus van werk en terugbetaling.
Jy kan jou skuld nie uitoorlê nie. Dit is daarom krities om jou skuld so vinnig as moontlik te delg. Shen beveel aan, ten einde die grootste voordeel uit skuld-delging te verkry, dat met die terugbetaling van jou skuld met die hoogste rentekoerse begin word.
As jy jou bates wil laat groei, moet jy EERS skuldvry wees.
Soos met die gebruik van kokaïen, stel die koop van goedere dopamien vry. Dit laat jou onmiddelik goed voel. Namate jou brein hiervoor klimatiseer, het jy nodig om meer en meer te gebruik om dieselfde effek te kry.
Die genot uit doen-ervarings vervaag nie naastenby so vinnig soos koop-ervarings nie. Doen dus dinge!
Belangrik: Die herinneringe en vaardighede wat jy aanleer uit ervarings
sal voortgaan om jou geluk te bring lank nadat daarvoor betaal is.
Les #3: As jy vroeg wil aftree, belê slim en leer hoe om te spaar
Dink twee maal voor jy die eiendomsmark betree. ‘n Huis is nie ‘n bate as jy dit met geleende geld betaal nie.
‘n Bate moet aan JOU ‘n inkomste verskaf.
Volgens Shen is ‘n indeksfonds ‘n goeie belegging. (Shen spreek in haar boek, hierdie element in groot besonderhede aan en doen moeite om jou touwys te maak hoe om te belê – en in enige land.) Afgesien van beleggings, sê Shen is die regte manier tot vroeë aftrede, om voldoende te spaar.
Spaar het twee resultate:
Dit verminder enersyds jou teikenportefeulje (dit is die bedrag wat jy nodig het om mee af te tree) en andersyds vergroot dit jou teikenportefeulje. Wees dus gewillig om dinge nou op te offer. Huur nou, pot geld op en koop met ‘n groot deposito of selfs beter, betaal kontant! Shen beklemtoon dat dit nie gaan oor hoe groot jou inkomste is nie, maar eerder oor hoeveel jy spaar.
Kristy Shen doen baie moeite om die wiskunde vir jou te doen, sy illustreer dit met grafieke en diagramme wat verduidelik watter indekse daar is en hoe om die hoeveelheid te bereken wat jy kan belê, op grond van jou inkomste. Van groter belang is dat sy verduidelik hoe om vroeë aftrede te bereik op grond van jou doelwitte. Ek beveel aan dat jy haar boek bestudeer en toepas waar jy kan! Hoe jonger jy is as jy hierdie boek lees, hoe groter jou kans op sukses. (Dalk het dit te doen met onkunde, of dalk met die waagmoed van die jonger geslag…)
Die inligting in ‘n boek kan egter net van soveel meer nut wees, indien jy ‘n mentor gebruik om jou aanspreeklik te hou en jou touwys te maak. FergusMOR, ‘n uitgelese besigheidsafrigtingsfirma, wag graag op jou oproep.
Ons gunsteling aanhaling deur Kristy Shen in hierdie boek is:
“Hoe meer “goed” mense besit het, hoe meer ongelukkig en gespanne is hulle. Aan die ander kant, hoe minder “goed” mense besit en hoe meer hulle bestee aan ervarings (soos reis of nuwe vaardighede aanleer), hoe gelukkiger en geborge is hulle.”
Vidrick Ferguson: 063 684 6949
Uit die FergusMOR Library-