Boekopsomming: “Hoe om vriende te wen en mense te beïnvloed” deur Dale Carnegie
Jy sal my waarskynlik nie glo as ek vir jou sê dat die oogmerk van besigheidsafrigting nie is om jou in staat te stel om meer GELD te maak nie. Dit is slegs die middel tot ‘n doel.
Jy is eers werklik suksesvol, as jy die TYD het om die inkomste wat jou onderneming genereer aan te wend om ‘n gebalanseerde kwaliteit lewe te lei.
Om hierdie rede deel ek graag met jou pitkos wat ek in ‘n boek, wat vir my kosbaar was, raak gelees het. Enersyds om jou geheue oor hierdie boek wat jy moontlik reeds gelees het te verfris. Andersyds… as jy dit nog nie gelees het nie, ‘n kort opsomming met jou te deel wat met gelaai is met baie inligting.
As inleiding haal ek Brad Sugars aan: “Business is about relationships. How well you build them, is how well they build your business”.
Dit spreek dus vanself dat die eerste boek in hierdie reeks Dale Carnegie se “Hoe om vriende te wen en mense te beïnvloed “ sal wees.
Oor die Hantering van mense sê Carnegie:
- Moenie kritiseer, veroordeel of kla nie.
- Toon eerlike en opregte waardering!
- Wek in die ander persoon ‘n opregte behoefte om met jou kontak te maak.
As dit maar so eenvoudig was. Dit is egter in die aard van mense dat hulle nie doen wat jy sê nie. Mense doen wat jy doen.
- Raak werklik geïnteresseerd in ander mense.
- Glimlag.
- ‘n Mens se naam is die mooiste en die belangrikste woord wat hy of sy kan hoor.
- Wees ‘n goeie luisteraar.
- Spreek die ander persoon se belange aan.
- Laat die ander persoon goed voel en bedoel dit opreg.
In die geval waar die doel van die gesprek of verhouding is om ‘n ander te oortuig, laat mense dan inkoop in jou voorstelle en in jou denkpatroon.
- Vermy argumente.
- Toon altyd respek vir ander se opinies.
- Wanneer jy verkeerd is, erken dit vinnig en uitdruklik.
- Begin op ‘n vriendelike voet.
- Laat die ander persoon die eienaarskap van sy of haar voorstel voel.
- Wees eerlik en doen moeite om andere se standpunte in te sien.
- Wees simpatiek met andere se idees of behoeftes.
- Vereis suiwer motiewe.
- Stel jou idees visueel voor.
- Daag mense uit op ‘n positiewe wyse.
Neem leiding
- Betuig opregte lof en waardering.
- Gee subtiel aandag aan ander se foute.
- Praat oor jou eie foute voordat jy die ander persoon kritiseer.
- Vra eerder vrae as om direkte opdragte te gee.
- Voorkom ‘n verleentheid vir ander.
- Prys elke, selfs die geringste verbetering.
- Stel ‘n goeie voorbeeld om na te streef.
- Moedig ander aan en laat dit maklik lyk om foute reg te stel.
- Inspireer ander om jou voorstel entoesiasties na te volg.
“Wees hartlik in jou benadering en uitbundig in jou lof!”
Slot nota:- Voorkom dat ‘n meningsverskil ‘n argument word.
- Verwelkom die meningsverskil.
- Vertrou, maar bevestig jou eerste instinktiewe indruk.
- Beteuel jou humeur.
- Luister eers.
- Soek ooreenkomste.
- Wees eerlik.
- Onderneem om oor ander se idees na te dink en dit te bestudeer en… doen dit!
- Bedank jou teenstander opreg vir hul belangstelling.
- Stel oorhaastige aksie uit en gee beide kante tyd om te heroorweeg.
Onthou: “People rarely succeed unless they have fun in what they are doing.”
Vidrick Ferguson: 063 684 6949
Uit die FergusMOR Library-