Boeke oor spoorsny

Die volgende splinternuwe titels waarin natuurliefhebbers sal belang stel, het onlangs op my lessenaar beland. Wat is nou lekkerder as om tyd in die natuur deur te bring en jou te verlustig aan diere en hulle maniere? Jagters, hetsy hulle met kameras of gewere skiet, sal veral waarde uit hierdie boeke put. Dit is propvol insiggewende feite deur kenners sowel as pragtige kleurfoto’s en illustrasies.

Pocket Guide Tracks & Tracking in Southern Africa

Mens dra hierdie handige sakpasgids deur Struik Nature sommer saam veld toe. Dit beslaan 144 bladsye en bevat duidelike diagnostige illustrasies van meer as 125 dierespore. Daar is ook 175 volkleurfoto’s van diere en tekens, die jongste verspreidingskaarte en gee ook spesiale kenmerke van insekte en mis weer.

“This handy guide provides simple tools to help interpret the tracks and signs of some 105 southern African mammals, reptiles, amphibians and birds. Detailed spoor illustrations, photographs and concise text on behaviour, habits, habitat and spoor are given for each animal, and an informative introduction offers pointers on how to become a tracker.”

“To the untrained eye the wilderness can appear desolate, but to someone who is ‘spoor conscious’ it will be full of life. Even if you never actually catch sight of the animals, you know that they are there by reconstructuring their movements from the signs they leave behind, you will be able to visualize them, ‘see’ them in your mind’s eye. In this way a whole story will unfold – a story of what happened when no one was looking.”

Pocket Guide Tracks and Tracking in Southern Africa is geskryf deur Louis Liebenberg, ’n gerespekteerde kenner wat wêreldbekend is vir sy navorsing oor spoorsny en ook die ontwikkeling van CyberTracker, ’n toep wat gebruikers toelaat om velddata op te neem en te stoor.

Bestel dit hier.

Tracker Manual

Hierdie ryklik geïllustreerde, bygewerkte uitgawe deur Struik Nature kombineer eeue-oue kennis en nuwe navorsing oor hoe om dierespore te identifiseer. Die omvattende gids beslaan 376 bladsye, volkleurfoto’s en gedetailleerde illustrasies. Daar is ook ’n baie nuttige voorwoord en verwysingslys.

“Now featuring some 200 animals, this expanded edition includes: key points highlighting each animal’s tracks and signs, accurate track drawings and full-colour photographs of the animals and their tracks, dung, middens and scrapes.”

Dr. Ian McCallum skryf in die voorwoord: “This … tracking manual … puts you ‘into the skins’ of the trainees. Everything you read and measure is a reflection not only of the spoor that they will come to recognize and describe, but an indication of the standard that has been set for Tracker Academy’s deserved recognition by the Field Guidse Association of South Africa (FGASA) and the Culture Art, Tourism, Hospitality and Sport Sector Education and Training Authority (CATHSETA) as a legitimate training facility for future guides and trackers.”

Tracker Manual: A practical guide to animal tracking in southern Africa (new edition) is saamgestel met behulp van tradisionele spoorsnyers en ook kenners soos Alex van den Heever, Renias Mhlongo, Karel Benadie en Ian Thomas wat saam meer as 100 jaar se ervaring na die veld bring. Alle tantième gaan na Tracker Academy, ’n niewinsgewende organisasie wat wildspoorsny leer.

Bestel dit hier.

Kompetisie:

Twee gelukkige KragDag-lesers kan elk ’n kopie van een van bogenoemde titels wen. Al wat jy hoef te doen om vir die prys in aanmerking te kom, is om in die kommentaarveld te vertel watter boek jy verkies en waarom. Sluitingsdatum 31 Julie 2024.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Louise Viljoen
  • Louise Viljoen
  • Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Louise skryf, redigeer, proeflees en vertaal teks om die pot aan die kook te hou. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Louise vertel graag van die wonderlike boeke op haar boekrak wat haar hart vinniger laat klop. Haar boekresensies verskyn gereeld in verskeie publikasies en kan ook oor die radio gehoor word.

9 Comments

  • My dogter is baie lief vir diere en die natuur en die “Tracker Manual” boek sal vir haar baie interresant wees siende dat sy eendag droom om op ‘n plaas te werk.

  • Ek verkies die Tracker Manual. Omdat ek baie belangstel in my omgewing en ook ‘n klein plasie wil aankoop, wil ek graag weet watter diere is daar en ook hoe ek hulle kan opspoor. Ek is ‘n nuutjie wat spoorsny betref en uit die resensie blyk dit dat hierdie boek vir my die regte inligting beskikbaar sal stel sodat ek kan leer en ervaar.
    Groete
    Talita

  • Ek verkies die Tracker Manual aangesien ek meer van diere wil leer en ook waar hulle hulself bevind. Omdat ek ‘n nuutjie is, sal hierdie boek my baie help om maklik te leer.

  • Ek sal graag die “Tracker Manual” boek wil wen. As buitelug-entoesias sal dit baie vir my en my gesin beteken om te kan sin maak uit al die leidrade wat die diere vir ons in die veld vir ons agterlaat. Ons kamp baie en stap gereeld in die bos. My kinders is nou op daardie stadium waar daar vrae gevra word oor elke teken wat die natuur agterlos, soos ‘n vars spoor in die sand of stuk dieremis wat nog smeul. Pappa moet altyd alles weet so hierdie sal my geheime boek wees wat ek in die aande onder my leeslampie in my tent sal lees om voorbereid te wees vir al die moontlike vrae wat tydens die volgende oggend se dou-voor-dag staptog ge-opper mag word.

  • Ek is ‘n Natuur en diere mens, wanneer ek in die veld loop, of enige plek waar ek my bevind, kyk ek altyd na spore, blomme, bome en enige ander natuurlewe om my. Indien ek nie ‘n naam aan iets kan koppel nie, doen ek nalees of naslaan werk sodat ek kan weet waarna ek kyk.

    Ek het ‘n week tyd-deel by Mabula Lodge by die pragtige Waterberge gehad en die een week per jaar het ek myself afgesonder om sielerus in die bos te gaan geniet, ongelukkig moes ek my sielerus laat gaan toe ek my werk verloor het en nie die jaarlikse heffing kon bekostig nie, glo my daar het ‘n groot stuk van my siel en hart after gebly.

    Nou is ek aangewese op waar ek my ookal bevind, en dan daar te probeer my Natuur liefde geniet al is dit hoe moeilik in ‘n stad soos Pretoria met sy verkeer geraas. Dit is ongelukkig my lot, maat tog hier oorkant in ou Burgerspark is daar darem nog Bosduiwe, Mossies en paar ander vlerk en geveerdes, van die natuur het min oorgebly agv die menslike faktor.

    My hart roep na die Bosveld en Natuur, maar ek moet die beste van’n minder goeie lewe maak deur boeke.

    Natuurgroete.

  • Die spoor wereld is n geheimsinige wereld en behalwe die mysteries van daai wereld is dit baie
    behulpsaam as jy n persoon is wat van die bos hou . Ons het n ruk gelede snaakse mis op ons plafon in die huis gekry na n lang gesoek het ons toe uitgevind dit is Gecko mis . So die boek
    ‘Pocket Guide’ sal baie baie handig wees .

  • Tracker Manual.

    Dis belangrik dat my stadsjapie tieners meer te wete kom oor spoorsny sodat hulle tydens ñ staptog spore kan identifiseer en die nodige aksies kan neem indien nodig.

  • Ek sou baie graag die Tracker Manual wou wen want dit sal my help om ń nuwe vaardigheid aan te leer om meer bewus te wees van wat in die veld aangaan wanneer mens gaan stap. Rietvlei dam reservaat sal die perfekte plek wees om die spoorsny te oefen.

  • Ek sal die Tracker Manual verkies. Ons bestuur ‘n klein wildsplasie waar jagters soms kom jag. Ek is ook ‘n amateurfotograaf en die inligting kan handig te pas kom.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui