5 Stappe om te verseker dat jy jou doelwitte in 2018 bereik

Ek het gedink dat ek graag die noodsaaklikheid vir beplanning van wil bespreek sodat jy jou doelwitte kan bereik.  Dit kan toegepas word op beide jou persoonlike en professionele lewe. Sonder ‘n plan, tesame met spesifieke, volhoubare stappe wat in klein, tydgebonde, meetbare stukkies verdeel word, is dit onwaarskynlik dat jy sal slaag. Om te begin moet twee vrae gevra word: Waar is jy nou? Waar wil jy wees, sê aan die einde van 2018?  Wees spesifiek in jou antwoorde. Die antwoorde op hierdie vrae sal dien as die basis vir die plan. Hulle sal ook riglyne vir bestuur vorm. Die sakebeplanningsproses moet aspekte insluit soos tydraamwerk en die identifisering van kritiese take. Beplanning sal ook in hulpbrontoewysing behulpsaam wees. Hou die volgende in gedagte:-

Oorsig van die huidige situasie

Die eerste stap is om die huidige stand van sake te takseer. Sake-eienaars moet identifiseer waar die onderneming goed doen en waar dit moet verbeter. Aspekte wat oorweeg moet word, sluit in: inkomste, teikens, produktiwiteit, doelwitte en eise. Jy moet weet hoe jou besigheid in die mark vaar, relatief tot jou mededingers. Sodra dit vasgestel is, sal die implementering van strategieë vir die komende jaar ‘n maklike proses wees. Gebruik ‘n eenvoudige SWOT-analise vir hierdie oefening.

Bedryfs- en Mededingersnavorsing

Om te weet wat jou mededingers doen, is belangrik. Hierdie inligting lyk dalk nie belangrik in die beplanningsproses nie, maar hierdie inligting kan gebruik word om jou sterk punte en swakpunte vas te stel. Dit kan besighede help om hul dienste, produkte, prosedures en mededingende voordeel te vestig. Sommige besighede glo dat die aanbieding van laer pryse die beste strategie is, maar onthou dat hierdie stelsel net vir sekere besighede werk. Beter kliëntediens of groter waarde kan meer voordele inhou. 

Definieer die geleentheid

Voordat ‘n besigheid ‘n nuwe produk of diens kan aanbied, moet die behoeftes van die kliënt bepaal word, om te verseker dat die kliënt ten volle verstaan word, dit die produk aan die kliënt se behoeftes sal voldoen. Dit sal jou onderneming, diens of produk die oorhand gee.

Keuse van  Bemarkingsstrategieë

Die ontwikkeling van ‘n bemarkingstrategie sal u besigheid op ‘n aantal maniere help. ‘n Bemarkingstrategie help besighede om hul teikengehoor te identifiseer. Om jou teikengehoor te ken, is noodsaaklik. Die bemarkingstrategie moet ook elemente insluit soos spesifieke teikens, doelwitte en planne – en moenie vergeet om verantwoordelikheid vir hierdie elemente aan spesifieke spanlede toe te ken nie. Moenie vaag wees nie, as jy ‘n e-pos veldtog wil instel, moet jou plan ‘n gedetailleerde analise bevat van die voordele van die stuur van die e-posse. Die plan moet die voor- en nadele van die strategie, die frekwensie van die aktiwiteit binne die strategie insluit, asook die meting van die resultate van die veldtog insluit.

Finansiële vooruitskatting

Die sakebeplanningsproses moet ‘n begroting insluit. ‘n Begroting dien as ‘n gids vir besighede. Met ‘n begroting, kan uitgawes en koste in groot besonderheid bepaal word. Dit is egter verstandig om die ekonomie in gedagte te hou;  Die waarde van die rand het ‘n direkte effek op die eindresultaat. Vergelyk die werklike resultate teenoor die begroting op ‘n maandelikse basis en stel jou teikens vir die volgende maand.  Op hierdie manier laat jy jouself en jou span toe om gedrewe te wees om ‘n doelwit of teiken te bereik. Hiersonder is dit te maklik om oorgerus te raak oor die huidige prestasie van die maatskappy soos dit nou is of soos dit verlede jaar was. Dit veroorsaak dat daar geen uitdaging is om die besigheid te laat groei of te verbeter nie. Fergus Ferguson


Kom luister gratis na Fergus Ferguson se aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Saterdag 11 Augustus tussen 14:30 en 15:30 in die Raadsaal op die KragDagterrein. Die titel van die aanbieding is: “Die 5 veranderlikes vir winsoptimisering

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Fergus Ferguson
  • Fergus Ferguson
  • Fergus is 'n bestuursrekenmeester wat sy studies (B.Com Hons) gedurende die vroeë tagtigs aan die Noord-Wes Universiteit, destyds PU vir CHO,  voltooi het, en ‘n loopbaan as finansiële rekenmeester in die korporatiewe sektor in 1988 begin het. Hy is vining bevorder en is die geleentheid gebied om betrokke te raak in strategiese en korporatiewe bemarking vir Denel Informatics.

    In 1996 het behaal Fergus sy Meesters in Bedryfsleiding (MBL) graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy verantwoordelik aanvaar het vir GeoWorld (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat gespesialiseer het in die verspreiding van geografiese inligtings (GIS) sagteware in Afrika. In 2000 is GeoWorld geïnkorporeer in die Siltek Groep en het Fergus in tipiese entrepreneurstyl sy eie bestuurskonsultasie praktyk begin.  Ferguson Consulting (SA) (Pty) Ltd het nou saamgewerk met KPMG en SAB&T op verskeie projekte in die Landbou-, Vervaardigings-, Kleinhandel- en Opleidings-sektore.

    Spesifieke fokus areas sluit in:

    1. Strategiese Aanbiedinge: insluitend strategiese ontwikkeling, implementering en evaluerings-, en besigheidsanalise, hulpbron-vereiste bepaling en die verkryging van finansiering;
    2. Proses Diens Aanbiedinge: insluitend die optimisering van besigheidsprosesse, bestuur en statutêre nakoming van, asook beleids en prosedure ontwikkeling;
    3. Personeel Diensaanbiedinge: menslike hulpbron benuttings strategiëe en die ontwikkeling van gesonde leierskap met spesifieke verwysing na die ontwikkeling en bemagtiging van spanne; (Empowerment of Teams)
    4. Finansiële en Bestuursrekeningkunde bemeestering gekoppel aan produktiwiteits-aanwysers.
    5. Innovering en Verbeteringsaanbiedinge: uitdaging van ge-ykte en dikwels verouderde denkwyses en praktyke, insluitende veranderingsbestuur en besigheidsintelligensie.
    6. Besigheidsreddings, Besigheidsomkering- en optimisering, die implimetering van strategie deur middle van Besigheidsafrigting en Mentorskap.

    Fergus is tans die enigste konsessie-houer van beide ActionCOACH sowel as Gazelles in Suid-Afrika en een van slegs drie besigheids-afrigters wêreldwyd wat in beide mentorskole gekwalifiseer is en aldus kan fasiliteer. As ‘n gelisensieerde senior Besigheidsreddingspraktisyn by CIPC het hy ‘n indrukwekkende rekord by ABSA, STANDARDBANK en NEDBANK in die suksesvolle ommekeer en redding van gasvryheids-, konstruksie- en ontwikkelingsmaatskappye asook in die diens industrieë.

    Deur die kombinering van maatskappy-reddings en besigheidsafrigting verleen hy tegniese en strategiese hulp, en besigheidsadvies aan klein en medium grootte maatskappye sowel as korporatiewe kliënte. Fergus is passievol oor die ontwikkeling van entrepreneurs en die bemagtiging en maksimering van winsten einde die lewenstyl wat besigheidseienaars verdien, te verseker.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui