
‘n Antwoord op stowwerige of weggespoelde paaie
Promosie artikel
Paaie is noodsaaklik vir ‘n land se ekonomie. Dit verbind provinsies, dorpe en plase. Paaie vorm die slagaar van ‘n land se ekonomie wat produkte by verbruikers en mense by hulle bestemmings uitgebring. Dit gee toegang vir mense tot fasiliteite soos skole, hospitale, winkelsentrums en ontspanningsentrums. Mense se lewens word daardeur vergemaklik en dit dra by tot hulle deelname aan die ekonomie. Goeie paaie verminder reistyd, bespaar brandstof- en voertuigonderhoudskostes. Dit maak vervoer veiliger en meer betroubaar. Kortom, besighede en plase se produksiekostes is laer as paaie in ‘n goeie toestand is.
Uitdagings
Die padkonstruksiebedryf het met baie uitdagings te doen. Oor die algemeen het dit te doen met befondsing, kundigheid en onderhoud. Hierdie uitdagings moet in aanmerking geneem word as beplanning vir toekomstige behoeftes in terme van nuwe toegangsroetes gedoen word, ten einde toename in verkeer asook die groei in die plaaslike ekonomie te hanteer.
Ons oogmerk is nie om voor te skryf hoe om paaie te bou nie. Ons fokus is om bestaande paaie of toekomstige paaie te verbeter, hetsy dit grondpaaie, sementpaaie of teerpaaie is. Ons is seker dat PowerCem ‘n antwoord vir u stowwerige of weggespoelde paaie het!
Watter vereistes word aan die oplossing gestel?
- Dit moet bestaande grondpaaie se korrosie verhinder.
- Deeglike voorbereiding van padgrond wat kostebesparing en ‘n verkorte konstruksietydperk teweegbring.
- Benutting van die bestaande grondbolaag sonder om nuwe grond aan te ry.
- ‘n Oplossing wat stof verhoed as die pad gebruik word.
- ‘n Oplossing wat duursaam en van hoë kwaliteit is.
- ‘n Beproefde oplossing wat reeds wêreldwyd aangewend word.
Die oplossing
Die oplossing vir die probleem van stowwerige en weggespoelde paaie is die ontwikkeling van ‘n produk genaamd PowerCem wat toepassing vind in padbou- en hidrouliese ingenieurswese. Hierdie oplossing is wyd beproef, soos onder andere in Egipte asook in die Verenigde Arabiese Emirate. PowerCem is ‘n fyn mengsel, byna soos poeiermelk wat unieke eienskappe in die eindproduk teweegbring.
PowerCem maak die binding van bykans alle soorte materiaal moontlik ten einde padverharding te laat plaasvind, deur gebruik te maak van klei, sand en turf. Omdat hierdie beginsel gebruik word, is die voorsiening of wegdoening van materiaal onnodig. Deur insitu-materiale saam met die unieke eienskappe van die produk te benut, kan infrastruktuur op ‘n meer kostedoeltreffende manier en in ‘n korter tydsbestek geskep word. Die tegniek kan vir verskillende toepassings aangewend word. So kan dit gebruik word wanneer verskillende kategorie paaie gebou word, of wanneer grond vir verskillende toepassings gestabiliseer moet word, byvoorbeeld by damme, dyke of ander ondersteunende konstruksies.
PowerCem verbeter en verhoog nie net die fisiese eienskappe van pad-metaalwerk in die algemeen nie, maar ook dié van sementgebonde materiale wat gebruik word in grondwerk, padbou en hidrouliese ingenieurswese. Dit beteken dat oppervlaktes aangewend kan word sonder verwaterings of met absolute minimale verwyding van bogrond. PowerCem kan selfs ook gebruik word met konstruksiemateriaal wat onder normale omstandighede ongeskik is vir gebruik in kombinasie met sement.
Metodologie
Chemiese prosesse skep ‘n kristalagtige naaldmatriks (soos in die fokus-foto bo aangedui) wat verbindingsfilamente (draadagtige strukture) tussen die materiaaldeeltjies (grond en sement) vorm en wat ‘n buigsame struktuur tot gevolg het.
‘n Gevallestudie van padherstelling – voor en daarna
Dieselfde pad nadat dit met PowerCem oorgedoen is: 
‘n Koste en tydsduurvergelyking van ‘n RoadCem-herstelde pad met padherstelling op die konvensionele manier:
Kontak gerus vir Johan Bothma by (012) 943 1336 of 082 390 5871 vir meer inligting.
Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.