Tuisonderwys Ekspo en Afrika Konferensie in Pretoria

Tuisonderwys, as ’n alternatief tot tradisionele onderwys, is besig om ’n geweldige groei te beleef na gelang die staat al meer geluide maak waarin hulle primêre ouerskap van kinders vir die staat toe-eien en daarmee ook die regsaanspraak op die bepaling van wat kinders móét leer en nie mag leer nie, al is dit teen die grein van ouers se lewens- en geloofsoortuiging. Terselfdertyd raak ouers al meer bewus daarvan dat tuisonderwys nie “ruimtewetenskap” is nie en ouers nie juis ’n onderwyskwalifikasie of spesiale eienskappe nodig het om hulle kinders suksesvol te laat tuisleer nie. Die groei van die tuisonderwysbeweging is ook nie net tot Suid-Afrika beperk nie, maar is ’n wêreldwye tendens. Selfs in die res van Afrika is dit besig om in gewildheid toe te neem.

KragDag is al vir jare betrokke by die organisering van die Tuisonderwys Ekspo’s in Gauteng, Kaapstad en ook vanaf 2018 die Kwa-Zulu Natal Ekspo. Vanjaar is egter die eerste jaar wat die Afrika Tuisonderwys Konferensie (vanjaar bekend as die African Home Education Indaba 2019) in Pretoria aangebied word, en daar is besluit om die Gauteng Tuisonderwys Ekspo hiermee te kombineer om dalk ‘n een-keer-in-‘n-leeftyd geleentheid vir enige “Tuisskoler” of belangstellende aan te bied.

Van die doelwitte van die Afrika Tuisonderwys Indaba is om onderlinge inspirasie te put en om bande te smee waardeur ook internasionale druk op owerhede geplaas kan word om nie die vryheid van tuisonderwys in te perk nie.

Hierdie baanbrekersgeleentheid vind van 17-19 Oktober by die Breinlyn Kampus in Montana plaas en beloof om ’n waardevolle geleentheid vir beide die bestaande tuisonderwysgemeenskap, sowel as gesinne wat hierdie moontlikheid wil ondersoek, te bied en hulle te bedien met inligting, antwoorde op vrae en hulpmiddels.

Buiten die 70 opvoedkundige uitstallers wat gedurende die ekspo op Saterdag die 19e Oktober sal uitstal, sal besoekers op 17,18 en 19 Oktober ook die geleentheid hê om wêreldklas internasionale sprekers vanuit Afrika, Europa, Noord-Amerika sowel as Rusland te hoor en te ontmoet. Hierdie sprekers sluit top navorsers oor tuisonderwys in, asook regsgeleerdes wat betrokke was by bekende hofsake in Duitsland en Swede. Ook op 17 en 18 Oktober sal daar verskeie opvoedkundige uitstallings wees en kan besoekers uitsien na verskillende aktiwiteite waaraan kinders kan deelneem, wat insluit ‘n albasterbaankompetisie (skryf hier in), vertoon-jou-eie-wetenskapdemonstrasie (skryf hier in), ponieritte, perdeversorgingsdemonstrasies, selfverdedigingklasse, noodhulpklasse, kook en proekompetisie, filmvertonings, “Crossfit”, trekkerritte, musiekdemonstrasie en lesse en ‘’n swembad (segs Saterdag). Vir gesinne is daar ook geleentheid om aan ‘n potjiekoskompetisie deel te neem!

Vir meer besonderhede besoek die volgende webtuistes:

Toegangskaartjies:

  • 17 – 19 Oktober – Om enige of al drie die dae van die Afrika Konferensie lesings by te woon kos R100 per persoon en dit sluit toegang tot die ekspo op Saterdag in.
  • Slegs 19 Oktober – Die hekfooi is R70 per volwassene (R35 indien jy jou kaartjie vooraf koop).
  • Toegang vir kinders tot 18 jaar is gratis.
  • Bespreek hier!
0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui